Jaarboeke

Program: MChD Gemeenskapstandheelkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10252050 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 480

Toelatingsvereistes

Elke kandidaat moet vir toelating tot die MChD-graadprogram

  • in besit wees van die BChD-graad van die Universiteit van Pretoria, of ’n gelykwaardige kwalifikasie, of ingevolge die bepalings van Alg. Reg. G.1.3 en G.62 tot magisterstudie toegelaat word;
  • by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as ’n tandarts geregistreer wees in die kategorie Onafhanklike Praktykvoering.

Ander programspesifieke inligting

'n Verdere vereiste is die bywoning en slaag van die Diploma in Gesondheid-stelselsbestuur op ’n capita selecta-basis, of enige ander bestuurskursus soos deur die departementshoof bepaal en deur die Dekaan goedgekeur.

Eksamens en slaagvereistes

  1. Eksamen in die basiese vakke
  1. ’n Student moet in hierdie vakke slaag voordat hy of sy die eksamen in die hoofvak mag aflê. ’n Finale punt van minstens 50% word benodig om te slaag.
  2. Die eksamen in basiese vakke moet voor die einde van die derde studiejaar suksesvol afgelê word, of op ’n tydstip soos deur die departementshoof bepaal.
  3. Die Diploma in Gesondheidstelselbestuur wat deur die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid aangebied word, moet bygewoon en geslaag word.
  1. Eksamen in die hoofvak
  1. Toelating tot die eksamen in die hoofvak word deur die departementshoof bepaal.
  2. Die student moet ’n verhandeling oor ’n goedgekeurde onderwerp wat met die hoofvak verband hou, voorlê en slaag en ’n manuskrip vir publikasie inhandig.

Sien ook Algemene Regulasies.

  1. Eksamen in die basiese vakke en byvakke (uitgesonder KGM 803):
  1. 'n Student moet in hierdie vakke slaag voordat hy of sy die eksamen in die hoofvak mag aflê. 'n Finale punt van minstens 50% word benodig om te slaag.
  2. Die eksamen in basiese en byvakke moet voor die einde van die derde studiejaar suksesvol afgelê word, of op 'n tydstip soos deur die departementshoof bepaal.
  1. Eksamen in die hoofvak: Toelating tot die eksamen in die hoofvak word deur die departementshoof bepaal.
  2. Indien 'n student in een of meer van die basiese vakke of in die hoofvak druip, kan hy of sy op aanbeveling van die betrokke departementshoof deur die eksamenmodereringsvergadering tot 'n tweede eksamen toegelaat word.  'n Student wat toegelaat is tot 'n tweede eksamen in die basiese vak moet die eksamen tydens die volgende eksamenperiode aflê. Tweede eksamens in die hoofvak vind eers minstens ses maande na afloop van die eksamen waarin die student gedruip het, plaas.

Let wel:

  1. Aangesien 'n nagraadse student die eksamen van enige vak slegs een keer mag herhaal, moet 'n student wat 'n tweede eksamen druip, die program staak. Dit bring mee dat so 'n student die kliniese assistentpos wat hy of sy beklee, so spoedig moontlik moet ontruim na kennisgewing van een kalendermaand aan die Universiteit van Pretoria en/of ander goedgekeurde opleidingsinrigting waar van toepassing.
  2. Indien 'n student tot ’n tweede eksamen in die hoofvak toegelaat word, sal die departementshoof bepaal of hy of sy die kliniese assistentpos teen die einde van die opleidingstydperk moet ontruim, of onmiddellik na aflegging van die tweede eksamen.
  1. Subminimum: Om in die hoofvak te slaag, moet 'n student 'n subminimum van 50% behaal in al die dele van die eksamen, met 'n finale punt van minstens 50%.
  2. Die bepalings die Algemene Regulasies geld ten opsigte van die bywoningskursusse.
  3. Benewens genoemde bepalings, moet 'n verhandeling ook ingedien word oor 'n onderwerp wat met die hoofvak verband hou. Ten einde die finale eksamen te slaag, moet 'n slaagpunt ook vir die verhandeling behaal word.

Vrystelling

Vrystelling op grond van vergelykbare opleiding en/of ervaring wat betref die vereistes van gemelde Regulasies vir die Skool, mag deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof verleen word, met dien verstande dat vrystelling van die eksamen en evaluering in die hoofvak nie verleen mag word nie.

Let wel: Die regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, soos gepubliseer in die Staatskoerant Nr. 4631 van 11 Januarie 1991 – Kennisgewing Nr. R.40 (soos gewysig), sal as maatstaf in die bepaling van die tydperk van vrystelling gebruik word.

Praktiese/kliniese/internskapinligting

Praktiese opleiding word by erkende instansies voorsien.

Slaag met lof

 'n Student wat 'n finale punt van minstens 75% met die eerste poging in die hoofvak behaal, verwerf die graad met lof.

'n Student vir die MChD-graad wat in beide die hoofvak en die verhandeling 'n punt van minstens 75% met die eerste poging behaal, verwerf die graad met lof.

Minimum krediete: 300

Kernmodules

Minimum krediete: 300

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences