Jaarboeke

Program: MPhil Filosofie en Etiek van Geestesgesondheid (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10250531 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Prof CW van Staden
[email protected]
+27 (0)123199720

Toelatingsvereistes

Die minimum toelatingsvereiste is 'n honneursgraad of 'n gelykwaardige kwalifikasie in 'n dissipline wat verwant is aan geestesgesondheid of filosofie bv. MBChB; BPsych; BAHons; LLB; BCur; BArb.

Praktiese ervaring en/of ’n toepaslike magistergraad word sterk aanbeveel bv. MMed(Psych); MA in Filosofie; MA in Sielkunde; MA in Sosiologie; MA in Maatskaplike Werk; MMus in Musiekterapie; LLM; MCur; MArb.
Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.

Addisionele vereistes

Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.

Eksamens en slaagvereistes

  1. Studente moet die werkopdragte vir elke kernmodule voltooi en minstens 50% in die onderskeie kernmodules behaal om in ’n kernmodule te kan slaag.
  2. Die verhandeling bestaan uit vyf afdelings waarvan die eerste vier onderskeidelik oor ’n onderwerp uit die vier kernmodules sal handel. Die vyfde afdeling sal oor ’n paslike onderwerp van die student se keuse handel.
  3. Die eerste vier afdelings van die verhandeling moet elk tussen 5 000 en 6 000 woorde bevat. Die vyfde afdeling moet ongeveer 10 000 woorde bevat.
  4. Minstens 50% word vir elke afdeling van die verhandeling vereis om te kan slaag.
  5. ’n Student sal van verdere studie vir hierdie graad uitgesluit word indien hy of sy enige van die afdelings van die verhandeling vir ’n derde keer druip.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat 75% of meer vir die verhandeling behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences