Toelatingsvereistes
Die minimum toelatingsvereiste is 'n honneursgraad of 'n gelykwaardige kwalifikasie in 'n dissipline wat verwant is aan geestesgesondheid of filosofie bv. MBChB; BPsych; BAHons; LLB; BCur; BArb.
Praktiese ervaring en/of ’n toepaslike magistergraad word sterk aanbeveel bv. MMed(Psych); MA in Filosofie; MA in Sielkunde; MA in Sosiologie; MA in Maatskaplike Werk; MMus in Musiekterapie; LLM; MCur; MArb.
Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.
Addisionele vereistes
Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.
Eksamens en slaagvereistes
- Studente moet die werkopdragte vir elke kernmodule voltooi en minstens 50% in die onderskeie kernmodules behaal om in ’n kernmodule te kan slaag.
- Die verhandeling bestaan uit vyf afdelings waarvan die eerste vier onderskeidelik oor ’n onderwerp uit die vier kernmodules sal handel. Die vyfde afdeling sal oor ’n paslike onderwerp van die student se keuse handel.
- Die eerste vier afdelings van die verhandeling moet elk tussen 5 000 en 6 000 woorde bevat. Die vyfde afdeling moet ongeveer 10 000 woorde bevat.
- Minstens 50% word vir elke afdeling van die verhandeling vereis om te kan slaag.
- ’n Student sal van verdere studie vir hierdie graad uitgesluit word indien hy of sy enige van die afdelings van die verhandeling vir ’n derde keer druip.
Slaag met lof
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat 75% of meer vir die verhandeling behaal het.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App