Jaarboeke

Program: MMed Huisartskunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10250402 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 534
Contact:
Prof S Smith
[email protected]
+27 (0)832723913

Programinligting

Let wel:

  1. Alle MMed-studente moet vir (TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 802 registreer en dit bevredigend bywoonk,verkieslik gedurende die intermediêre fase/na voltooiing van Deel 1 en voor Deel 2 se eksamen van die MMed.
  2. Alle MMed-studente moet ’n verhandeling (MMS 890) indien wat deur ’n eksterne eksaminator as bevredigend beoordeel word, óf ’n artikel wat vir publikasie in ’n subsidieerbare tydskrif aanvaar is. Die student moet die eerste outeur van die artikel wees. ’n Gewone literatuuroorsig sal nie aanvaar word nie. Die navorsingsprotokol moet goegekeur word deur die MMed Protokolkomitee voor aflegging van die intermediêre eksamen (chirurgiese disiplines), of andersins binne twee jaar van inskrywing (ander disiplines). Dit is in die beste belang van die kandidaat dat die navorsingskomponent voltooi word voor aflegging van die finale eksamen, of indien dit nie moontlik is nie, die eksamen uit te stel. Indien die eksamen afgelê word in semester 2 van die 4de jaar, moet die verhandeling ingehandig word op 1 September van die 4de jaar. Indien dit nie die geval is nie moet die studieleier die nodige dokumentasie voltooi en onderteken waarin gestipuleer word dat die kandidaat die projek sal voltooi binne die opvolgende 3 tot 6 maande
  3. ’n Sistematiese literatuuroorsig (Cochrane-tipe) oor ’n goedgekeurde onderwerp, wat onderneem word op so ’n wyse dat subjektiwiteit geminimaliseer word, kan as alternatief vir die verhandeling met die oog op die toekenning van die MMed(Openbare Gesondheidsgeneeskunde)-graad aangebied word. Dit vereis onder andere ’n protokol met duidelik geformuleerde doelstellings en metodes. In- en uitsluitingsmetodes vir die studie word bepaal. Waar toepaslik, word die data opgesom (meta-analise), met toepaslike statistiese metodes. Hierdie alternatief is in spesiale gevalle op ander MMed-grade van toepassing.

Kliniese assisentskappe:

  • Raadpleeg die Departementshoof in verband met die beskikbaarheid van kliniese assistentskappe vir die spesialisering Mediese Onkologie.
  • Raadpleeg die Hoof van die Departement Huisartskunde oor die beskikbaarheid van kliniese assistentskappe vir die spesialisering Noodgeneeskunde.
  • Raadpleeg die Departementshoof in verband met die beskikbaarheid van kliniese assistentskappe vir die spesialisering Stralingsonkologie.

Elke student moet die Universiteit tevrede stel dat hy of sy 

  1. vir ’n tydperk van vier of vyf jaar volgens die vereistes van die betrokke departement met welslae ’n voltydse opleidingspos aan die Steve Biko Akademiese Hospitaal, (in die geval van patologie kliniese assistentskappe) of Kalafong Hospitaal beklee het, of aan ’n inrigting wat deur die Universiteit as gelykwaardig erken word;
  2. teoretiese, praktiese, kliniese en toepaslike onderrig ontvang het soos hierbo bepaal;
  3. met welslae die voorgeskrewe universiteitseksamen – skriftelik, mondeling, prakties en/of klinies – afgelê het; en 
  4. met welslae die navorsingskomponent van die graad voltooi het.

Toelatingsvereistes

’n Voornemende student vir die MMed-graadprogram moet vir minstens twee jaar in besit wees van die graad MBChB van die Universiteit of ’n kwalifikasie wat deur die Universiteit as gelykwaardig erken word. Daarbenewens moet sodanige student vir minstens een jaar by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as geneesheer geregistreer wees.

Ander programspesifieke inligting

Onder hoofvak word verstaan daardie erkende spesialiseringsgebied van die Geneeskunde waarop die student hom of haar in die besonder toelê. Die studie van die hoofvak strek oor vier of vyf jaar, soos deur die betrokke departement voorgeskryf.

Slaag met lof

Die graad word toegeken aan die einde van die voorgeskrewe opleidingstydperk (d.w.s. drie, vier of vyf jaar, soos die geval mag wees). Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n finale punt van minstens 75% in sy of haar hoofvak behaal het.

Algemene inligting

Kliniese assistente
Departemente verwag deurgaans dat kliniese assistente in toenemende mate sal deelneem aan die ondersoek en behandeling van pasiënte in die hospitaal, sowel binne- as buitepasiënte, asook die uitvoer en interpretaise van toetse in laboratoriums (waar van toepassing); eers onder toesig en later toenemend op eie verant-woordelikheid. Referate/simposia met aanverwante departemente word gereël, asook literatuurbesprekings, ensovoorts.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences