Jaarboeke

Program: BScHons Sportwetenskap

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10243026 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120

Programinligting

Die volgende vereistes word gestel vir voltooiing van die graad:

  • Gevorderde onderrig by wyse van selfstudie en vier verpligte seminare waarvan ten minste een aan die betrokke departement voorgedra en verdedig moet word oor onderwerpe aan die student opgedra.
  • Praktiese ervaring in die laboratoriumtegnieke wat in die spesifieke subafdelings van die vak gebruik word.
  • Inskakeling by ’n navorsingsprojek en aanbieding van ’n selfstandige navorsingsprotokol.
  • Bevredigende bywoning van 'n biblioteekgebruikerskursus.

Toelatingsvereistes

  • ’n Kandidaat moet in besit wees van ’n baccalaureusgraad wat volgens die oordeel van die departementshoof aanvaarbaar vir die voorgenome studie is of 'n gelykwaardige kwalifikasie wat volgens die Senaat aanvaarbaar vir die voorgenome studie is met ten minste een toepaslike biologiese vak as hoofvak.
  • Toelating tot honneursstudie is onderhewig aan die goedkeuring van die departementshoof: Met dien verstande dat 'n student wat ’n gemiddelde van minder as 60% in sy of haar hoofvakmodules in die finale studiejaar van die baccalaureusgraad behaal het slegs met goedkeuring van die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof tot studie toegelaat kan word. Bykomende vereistes kan deur die departementshoof gestel word.
  • Die voorvereistes vir toelating tot die honneursgraadstudie in sekere studierigtings word by die spesifieke departement se leerplanne aangedui.
  • Sien ook Algemene Regulasies.

Addisionele vereistes

Die voorvereistes vir toelating tot die honneursgraadstudie in sekere studierigtings word by die spesifieke departement se leerplanne aangedui.

Sien ook Algemene Regulasies.

Eksamens en slaagvereistes

  1. Die eksamen vir die program bestaan uit skriftelike vraestelle van drie ure in elke studieveld, praktiese eksamens van een uur asook ’n mondelinge eksamen van 30 minute.
  2. Die maksimum tydperk vir die voltooiing van die honneursgraad is twee jaar in die geval van voltydse studente en drie jaar in die geval van na-uurse studente. In buitengewone omstandighede kan ’n student skriftelik by die departementshoof aansoek doen om verlenging van die tydperk.
  3. Om aan die slaagvereistes vir die graad te voldoen, moet ’n student ’n finale punt van minstens 50% in elke afdeling soos aangedui behaal, asook ’n slaagpunt van minstens 50% in die skripsie/werkstuk (indien van toepassing). Die bepalings ten opsigte van slaagvereistes vir verhandelings in die Algemene Regulasie is mutatis mutandis op skripsies van toepassing.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gemiddelde van minstens 75% in die eksamen (skriftelik, mondeling, prakties, ens.) behaal het.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Nutrition plays an important role to achieve optimal health and performance of athletes. In this module theoretical principals of sport nutrition are illustrated through practical application in sport specific scenarios. Sport nutrition-related phenomena are discussed, e.g.iron deficiency anaemia, female athlete triad, nutritional matters of gastro-intestinal distress in athletes, and nutritional approaches to changing anthropometric indicators.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The module examines exercise physiology as applied in a sport science context and includes the normal and performance enhancement physiology of bio-energetics, adaptation of the body systems, environmental influences, ergogenic aids and special considerations such as aging, gender, genetics and fatigue.

    (1 hour contact time per week with work assignments for the following week).

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This subject promotes the detailed investigation of the theoretical basis of exercise testing for sport-related physical fitness and exercise prescription for improved sport performance, and includes a practical review of measurement and evaluation, exercise testing, exercise programme design and strength and conditioning skills and knowledge. The student will be expected to complete 20 hours of Sport First aid.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Advanced biomechanical methods are introduced, including three-dimensional kinematics, estimation of joint loading, and electromyography. These techniques will be applied in the analysis of sports techniques as they relate to performance enhancement and injury prevention.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    In this module the focus will be on the execution of a research proposal and writing a research manuscript on the study executed, and the presentation of the research project which includes an introduction, literature survey, methodology, results and discussion, and conclusion and recommendations.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences