Jaarboeke

Program: PGDip Tropiese Geneeskunde en Gesondheid

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10220000 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 120

Toelatingsvereistes

Vir toelating tot die Nagraadse Diploma in Tropiese Geneeskunde en Gesondheid, in Beroepsgeneeskunde en -gesondheid en in Openbare Gesondheidsgeneeskunde word die MBChB-graad of ’n gelykwaardige kwalifikasie vereis, met ’n voltooide internskap van minstens een jaar, plus minstens een jaar professionele werkservaring (ná internskap) wat deur die Hoof van die Departement Openbare Gesondheidsgeneeskunde of die Voorsitter van die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid as toepaslik beskou word.

Kandidate moet in die volgende gevalle eers as spesiale studente in die Fakulteit registreer ten einde 'n statuseksamen af te lê en te slaag:

  • 'n Driejarige baccalaureusgraad, met minder as vyf jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • 'n Vierjarige baccalaureusgraad, met minder as twee jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • Enige aansoeker in besit van 'n goedgekeurde baccalaureusgraad wat deur die Skool se Keurkomitee as geskik vir registrasie as ’n spesiale student beskou word.

Let wel:

  • Ingevolge die Senaatskriteria van die Universiteit, moet die aansoeke om toelating van alle sodanige kandidate, afgesien van enige Fakulteitskriteria, ook aan die Senaat van die Universiteit vir goedkeuring voorgelê word.
  • Alle kandidate wat vir nagraadse studie aanvaar word, (MPH of die nagraadse diplomas) moet in besit wees van ’n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes.

Algemene inligting

Gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme

  1. Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies, (wat mutatis mutandis van toepassing is in die geval van nagraadse diplomastudie) word die toestemming van die Dekaan vereis vir gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme, en is dit onderhewig aan die regulasies van toepassing op die betrokke studierigtings, en enige ander bepalings wat die Dekaan mag voorskryf. Sodanige toestemming kan deur die Dekaan teruggetrek word indien die student nie bevredigend vorder nie – alle werkopdragte en kursuswerk moet betyds voltooi wees. Gelyktydige registrasie sal nie as verskoning aanvaar word vir onbevredigende vordering of vir keerdatums waarby nie gehou word nie, en dit geld vir beide studieprogramme.
  2. In die geval van gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme in die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid en elders, moet studente die skriftelike toestemming van beide die koördineerder van die huidige studieprogram, asook dié van die tweede studieprogram (of die spoorkoördineerder in die geval van die MPH) bekom, en dit tesame met ’n geskrewe motivering, aan die Skool se Akademiese Programkomitee voorlê, vir ’n aanbeveling deur die Voorsitter van die Skool, waarna die aansoek aan die Dekaan vir goedkeuring deurgestuur word.
  3. Die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid beskou gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme as ’n voorreg en nie ’n reg nie.
  4. Daar moet jaarliks om gelyktydige registrasie aansoek gedoen word, en word toegestaan op grond van akademiese vordering in die eerste graad- of diplomaprogram. Indien die huidige studierigting 'n magistergraad is, mag die tweede studierigting 'n nagraadse diploma wees.
  5. Indien die huidige studierigting 'n nagraadse diploma is, mag die tweede studierigting 'n ander nagraadse diploma wees.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

Minimum krediete: 120

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences