Jaarboeke

Program: Nagraadse Diploma Teologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
06220030 Fakulteit Teologie en Religie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120

Programinligting

Die NGDipl (Teologie) program bied toegang tot nagraadse teologiese studie aan kandidate wat
reeds oor ’n driejarige, nie-teologiese tersiêre kwalifikasie gelykstaande aan ’n baccalaureus beskik.
Dit bied die geleentheid om opgelei te word in die toepassing van Teologie met die oog op sekere
bedieningsterreine, die beroeps- of gemeenskapslewe. Die NGDipl (Teologie) program verleen
toegang tot verdere nagraadse studie in teologie.

Ander programspesifieke inligting

Een van die volgende leergangkeuses moet gekies word

  • Leergangkeuse A: Al ses eerste inleidende modules van die onderskeie vakke in die drie vakgroepe word gekies.
  • Leergangkeuse B: Drie modules (waarvan twee eerste inleidende modules) word uit een vakgroep gekies, asook drie eerste inleidende modules uit die twee oorblywende vakgroepe.
  • Leergangkeuse C: Vier modules word uit een groep gekies, asook ’n eerste inleidende module uit elk van die twee oorblywende vakgroepe (ses modules in totaal).

Die vakgroepe, vakke en modules is soos volg:
Bybelwetenskaplike Groep
Ou-Testamentiese Wetenskap
OTW 771: Inleiding in die Ou-Testamentiese wetenskap I
OTW 772: Inleiding in die Ou-Testamentiese wetenskap II

Nuwe-Testamentiese Wetenskap
NTW 771: Inleiding in Nuwe-Testamentiese wetenskap I
NTW 772: Inleiding in Nuwe-Testamentiese wetenskap II

Histories-Sistematiese Groep
Dogmatiek en Christelike Etiek

DCE 771: Inleiding in die dogmatiek en Christelike etiek I
DCE 772: Inleiding in die dogmatiek en Christelike etiek II

Kerkgeskiedenis en Kerkreg
KGS 771: Inleiding in die kerkgeskiedenis en kerkreg I
KGS 772: Inleiding in die kerkgeskiedenis en kerkreg II

Toegepaste Teologiegroep
Godsdiens- en Sendingwetenskap
GSW 771: Inleiding in godsdiens- en sendingwetenskap I
GSW 772: Inleiding in godsdiens- en sendingwetenskap II

Praktiese Teologie
PRT 771: Inleiding in die praktiese teologie I
PRT 772: Inleiding in die praktiese teologie II

(Elke module tel 15 krediete)

TEO 767 Navorsingsverslag [30 krediete]

Eksamens en slaagvereistes

Elke module word met ’n eksamen afgesluit.

Navorsing

Die Diploma in Teologie word met lof toegeken aan ’n student wat ten minste ? geweegde gemiddelde
(GPA) van 75% in al ses verkose modules, asook in die navorsingsverslag, behaal het.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

Keusemodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences