Jaarboeke

Program: BDiv

Code Faculty Duration Credits Download
06130005 Fakulteit Teologie en Religie Minimum duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 504

Programinligting

Hierdie program het ten doel om kerklike teologiese opleiding én vorming te verskaf en behels twee aspekte, naamlik ’n algemeen-kerklike aspek en ’n kerkspesifieke aspek.

Die struktuur van die program word bepaal deur ’n balans tussen (1) die Bybelwetenskaplike, (2) histories-sistematiese en (3) toegepaste dimensies van die Teologie.

Die uitkoms waarop die program gerig is, is teoreties-onderlegde praktiese vorming met die oog op 'n breë spektrum van kerklike bediening.  Vir hierdie doel word ’n sekere deel van die program in samewerking met kerklike vennote wat die program ondersteun, aangebied.

’n Student wat vir hierdie program registreer, moet aan die begin van elke jaar sy of haar leergang aan die Dekaan vir goedkeuring voorlê.

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

4

3

D

D

25

Ander programspesifieke inligting

Notas:

  • Akademiese geletterdheid: ALL 110 en ALL 120 gedurende die eerste studiejaar van die program afgehandel word. ALL 110 is nie verpligtend as die kandidaat op grond van die NSS-simbool vir Afrikaans vrygestel is nie. Alle studente moet ALL 120 slaag as deel van die voorgeskrewe leerplan.
  • Rekenaargeletterdheid: Die volgende module moet gedurende die eerste jaar van studie afgehandel word: AIM 101 of AIM 102 (of AIM 111 en AIM 121).
  • Indien daar nie genoeg studente vir ’n keusemodule inskryf ten einde die aanbieding daarvan ekonomies te regverdig nie, kan die Dekaan besluit om so ’n module te onttrek. Studente sal betyds van so ’n besluit ingelig word, sodat hulle vir ’n ander module kan inskryf.
  • ’n Student mag die getal modules per studiejaar met twee semestermodules of een jaarmodule oorskry, mits die Dekaan dit goedkeur. 
  • Hoogstens twee semestermodules uit ’n ander fakulteit mag deur die Dekaan goedgekeur word op voorwaarde dat dit voldoende krediete verteenwoordig en nie aangebied is vir ’n graad wat reeds toegeken is nie.
  • CYE word nie in ag geneem nie.
  • OST 410 behels ’n onafhanklike studie oor ’n onderwerp in enige van die vakke van die BDiv-leergang (Praktykvorming uitgesluit) onder leiding van ’n dosent van die betrokke departement.

Eksamens en slaagvereistes

Spesiale eksamen
Sien Algemene Regulasies G.12.4 en G.12.6.
’n Student wat aan al die vereistes vir die graad voldoen het met uitsondering van hoogstens twee semestermodules of een jaarmodule waarin hy of sy ’n gesamentlike syfer van minstens 40% behaal het, mag toegelaat word om aan die einde van die daaropvolgende semester ’n spesiale eksamen in die betrokke modules af te lê.

Bevordering tot volgende studiejaar

1. Om tot modules van die tweede studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in minstens sewe semestermodules slaag, tensy die Dekaan anders beslis.
2. Om tot modules van die derde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student in minstens 15 semestermodules slaag, waarby ingesluit Grieks 110 en 120 en Hebreeus 110 en 120, tensy die Dekaan anders beslis.
3. Om tot modules van die vierde studiejaar toegelaat te word, moet ’n student 24 semestermodules slaag, waarby ingesluit Grieks 210 en 220 en Hebreeus 210 en 220, tensy die Dekaan anders beslis.

Akademiese uitsluiting
Die Dekaan mag op aanbeveling van die betrokke fakulteitskomitee, ’n student akademies uitsluit deur die registrasie vir die bepaalde jaar of vir die volgende jaar te beëindig, indien hy/sy nie aan die minimum vereistes voldoen nie. U mag teen akademiese uitsluiting appelleer, maar dit is wenslik om enige probleme so gou moontlik op te los. Raadpleeg u dosent sodra u probleme met u studies ondervind.

Slaag met lof

Die graad word met lof aan ‘n student toegeken wat ten minste ‘n gemiddelde van 75% (GPA) in al die voorgeskrewe modules van die finale jaar behaal het en 75% in die onafhanklike studie (OST 410), op voorwaarde dat nie een van die modules voorheen gedruip is nie en dat die program binne die voorgeskrewe minimum tydperk voltooi is.

Algemene inligting

Dekaan se merietelys van toppresteerders

Die doel van die Dekaanslys is om erkenning te gee aan die top akademiese presteerders in die Fakulteit.

Ten einde te kwalifiseer vir Dekaanlys, moet 'n student 'n uitstaande akademiese rekord vir voltooide studies behaal het.

Voorgraadse studente (BDiv, BTh en Dip [Teol]) moet 'n gemiddeld van 75% (GPA) of hoër behaal het in al hul studiejare. Geen modules mag herhaal word nie, en alle modules moet in dieselfde jaar geregistreer word vir die spesifieke jaar van studie.

Honneursstudente moet ‘n gemiddeld van 75% (GPA) of meer bereik. Voltydse student moet die grad in een jaar voltooi, en deeltydse student in twee jaar. Geen modules mag herhaal word nie.

Magisterstudente moet 'n gemiddeld van 75% (GPA) of meer bereik, en die graad moet in die minimum voorgeskrewe tyd voltooi.

Die toppresteerders van die Fakulteit wie gekies word om deel van die Dekaanslys te wees, sal tydens 'n funksie wat jaarliks deur die Dekaan aangebied word, erken word.

Minimum krediete: 120

Keusemodules:

Twee semster modules van 'n ander fakulteit. Die kredietwaarde mag nie meer as 24 wees nie.

 

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die geografiese en historiese agtergrond van die Ou Testament. Die Nabye-Oosterse kulturele agtergrond van die Bybel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die ensiklopedie van die Nuwe Testament. Die Mediterreense sosio-kulturele leefwêreld van die Nuwe Testament.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Griekse grammatika (1) Basiese kenmerke van Hellenistiese Grieks: die skryftekens en uitspraak, die Griekse werkwoord- en naamwoordsisteme, vervoeging en verbuiging, basiese sinsbou en woordeskat. Oefening geskied aan die hand van aangepaste passasies uit die Griekse Nuwe Testament. Deurlopende evaluering sluit klastoetse en tuiswerk-opdragte in. Griekse grammatika (2) Verdere studie van die werkwoord- en naamwoordsisteme van Hellenistiese Grieks, uitbreiding van die basiese woordeskat, asook analise van saamgestelde sinne. Aangepaste passasies uit die Nuwe Testament vorm die basis van die praktiese oefening in akademiese geletterdheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Griekse grammatika (3) Verdere studie van die werkwoord- en naamwoordsisteme van Hellenistiese Grieks: medium- en passiefvorme, die derde verbuiging, en analise van saamgestelde sinne. Passasies uit die Nuwe Testament vorm steeds die basis van die student se praktiese akademiese geletterdheidsoefeninge. Griekse tekste: Lees en verstaan Lees geselekteerde tekste uit die NT en/of Apostoliese Vaders, met klem op woordontledings, basiese vertaling, gebruik van basiese hulpmiddels (woordeboek, vertalings). Evaluering sluit ook vertaling van onvoorbereide leesstukke uit die betrokke korpusse in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hebreeuse grammatika (1) Basiese grammatikale beginsels van klassieke Hebreeus: die skryftekens en uitspraak, Hebreeuse oordsoorte, die naamwoord- en werkwoordsisteem, basiese sinsbou en woordeskat. Oefening geskied aan die hand van geselekteerde passasies uit die Hebreeuse Ou Testament. Hebreeuse grammatika (2) Meer gevorderde grammatikale beginsels van klassieke Hebreeus: gebruike van naamwoorde, werkwoorde en partikels; die afgeleide stamformasies van die werkwoord. Passasies uit die Hebreeuse Ou Testament vorm die basis van die praktiese inoefening en akademiese geletterdheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hebreeuse grammatika (3) Gevorderde studie van die werkwoordsisteem: die onreëlmatige en swak werkwoorde. Passasies uit die Ou Testament vorm die basis van studente se praktiese akademiese geletterdheidsoefeninge. Hebreeuse tekste: Lees en verstaan Lees geselekteerde tekste uit die OT met klem op woordontledings, basiese vertaling, gebruik van basiese hulpmiddels (woordeboek, vertalings). Evaluering sluit onvoorbereide leesstukke in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verantwoording oor die verhouding teologie en spiritualiteit. Ensiklopedie van die teologie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Fundamentele module. Ensiklopedie van die Teologie.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    *Alternative evening classes - 2 discussion classes per week 
    Introduction to Literature in English (1) This module introduces the study of literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, prose, drama). The texts studied here will be mainly from the pre-twentieth century era and may include texts written in English from both Africa and other parts of the world. The aim of this module is to equip students with the critical and analytical skills required for a perceptive reading of poetry, novels and plays.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
    Introduction to Literature in English (2)
    This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied‚ ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Fundamentele kriminologie
    ’n Algemene inleiding tot kriminologie word verskaf. ’n Oorsig van die faktore wat tot misdaad bydra, forensiese kriminologie en forensiese kriminalistiek word ondersoek.
    Deel 2: Geweldsmisdaad
    Verskeie tipes geweldsmisdade geniet aandag in hierdie afdeling.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Penologie
    Aandag word gegee aan die rolspelers in die kriminele regsplegingstelsel, naamlik die polisie, howe en korreksies. 
    Deel 2: Misdaadvoorkoming en -beheer
    Die aard en omvang van misdaad, teorieë ter verklaring van misdadige gedrag en misdaadvoorkoming en -beheer word ondersoek.

    Die twee afdelings word nie noodwendig in chronologiese volgorde aangebied nie.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

Minimum krediete: 120

Kernmodules

Minimum krediete: 120

Keusemodules:

Vyf (5) semester modulesvan die voorgeskryfde lys. In net een vak mag altwee modules gekies word.

Kernmodules

Keusemodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share