Jaarboeke

Program: BScAgric Veekunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
02133411 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 560

Toelatingsvereistes

• Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke program.

• Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspuntteling (TPT).
 
• Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente. Finale toelating is gebaseer op Graad 12-uitslae.
 
Minimum vereistes 
Prestasievlak
Afrikaans of Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap TPT
NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C 5 3 C C 5 3 C C 30
 
Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie kan oorweeg word vir toelating tot  die BSc (Verlengde program) op grond van die uitslag van die NBT. Let asseblief daarop dat studente wat in die BSc (Verlengde program) geplaas word minstens vyf jaar sal neem om die BScAgric-program te voltooi.
 
BSc – Verlengde program vir die Biologiese en Landbouwetenskappe:

Minimum vereistes 

Prestasievlak

 

Afrikaans of Engels

Wiskunde

Fisiese Wetenskap

TPT

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

BSc – Verlengde program vir die Biologiese en Landbou-wetenskappe

4

3

D

D

4

3

D

D

4

3

D

D

24

 

Ander programspesifieke inligting

Samestelling van leergang
Keusemodules word geneem in oorleg met die departementshoof wat moet toesien dat dit by die vaste rooster inpas.

Die Dekaan kan in buitengewone gevalle, op aanbeveling van ’n departementshoof, toestemming verleen dat ’n ander module(s) as dié in die leergange genoem, aangebied of erken mag word.

Bevordering tot volgende studiejaar

'n Student word tot die volgende studiejaar bevorder mits hy of sy 100 van die vereiste krediete wat in 'n studiejaar voorgeskryf word, slaag tensy die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof anders besluit. 'n Student wat nie aan die vereistes vir bevordering tot die volgende studiejaar voldoen nie, behou krediete vir die modules waarin hy of sy geslaag het, en mag deur die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, tot hoogstens 48 krediete van die modules van die volgende studiejaar toegelaat word, mits dit by die vaste rooster inpas.

Slaag met lof

Die BScAgric-graad word met lof toegeken indien die student 'n geweegde gemiddelde van minstens 75% in die modules van die hoofvakke in die derde en vierde jaar, en verder ’n geweegde gemiddelde van minstens 65% in die ander modules van die derde en vierde studiejaar behaal het.

Minimum krediete: 140

Minimum krediete:

Fundamenteel   = 12

Kern                 = 128

Addisionele inligting:

Studente wat nie kwalifiseer vir AIM 102 nie, moet vir AIM 111 en AIM 121 registreer.

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Enkelvoudige statistiese analise: Data-insameling en -verwerking, Steekproewe, tabellering, grafiese voorstelling, beskrywing van lokaliteit, spreiding en skeefheid. Inleidende waarskynlikheid en distribusieleer. Steekproefverdelings en die sentrale limietstelling. Statistiese inferensie: Basiese beginsels, beraming en toetsing in die een- en tweesteekproefgevalle (parametries en nie-parametries). Inleiding tot eksperimentele ontwerp. Een-en tweerigting ontwerpe, ewekansige blokontwerp. Meervoudige statistiese analise: Tweeveranderlike datastelle, krommepassing (lineêr en nie-lineêr), groeikrommes. Statistiese inferensie in die enkelvoudige regressieverband. Kategoriese data-analise: Pasgehaltetoetsing en gebeurlikheidstabelle. Meervoudige regressie en korrelasie: Passing en toetsing van modelle. Residu-ontleding. Rekenaarvaardigheid: Gebruik van rekenaarpakkette by dataverwerking en verslagskrywing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Basiese struktuur en funksie van plante; inleidende planttaksonomie en plantsistematiek; beginsels van plantmolekulêre biologie en biotegnologie; aanpassings van plante by stres; medisinale verbindings van plante, basiese beginsels van plantekologie en die toepassing daarvan by natuurlikehulpbronbestuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Algemene inleiding tot anorganiese en analitiese chemie. Atoomstruktuur en periodisiteit. Molekulêre struktuur en binding, gebruik van die VSEPA model. Nomenklatuur van anorganiese ione en verbindings. Klassifikasie van reaksies: neerslag, suur-basis, redoks en gasvormende reaksies. Beginsels van reaktiwiteit: energie en chemiese reaksies. Molbegrip en stoïgiometriese berekeninge van chemiese reaksies. Fisiese gedrag van gasse, vloeistowwe en oplossings en die rol van intermolekulêre kragte. Tempo van reaksies: Inleiding tot chemiese kinetika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Algemene fisies-analitiese chemie: Chemiese ewewig, sure en basisse, buffers, oplosbaarheidsewewig, entropie en vrye energie, elektrochemie. Organiese chemie: struktuur (binding), nomenklatuur, isomerie, inleidende stereochemie, inleiding tot chemiese reaksies en chemiese eienskappe van organiese verbindings en biologiese verbindings, nl. koolhidrate en aminosure. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Chromosome en seldeling. Beginsels van Mendeliese oorerwing: lokus en allele, dominansie- interaksies en epistase. Waarskynlik-heidsleer. Geslagbepaling en geslagsgekoppelde eienskappe. Stamboomanalise. Ekstranukluêre oorerwing. Genetiese koppeling en chromosoomkartering. Chromosoomvariasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n inleiding tot die veld van Mikrobiologie. Basiese Mikrobiologiese aspekte wat gedek gaan word sluit in ‘n inleiding tot die diversiteit van die mikrobe wêreld (bakterieë, archaea, eukariotiese mikroörganismes en virusse), basiese beginsels van sel struktuur en funksie, mikrobe voeding en mikrobiese groei en groei beheer. Toepassings van Mikrobiologie sal geïllustreer word aan die hand van spesifieke voorbeelde onder andere bioremediasie, dier-mikrobe simbiose, plant-mikrobe simbiose en die gebruik van mikroörganismes in industriële mikrobiologie. Afvalwater behandeling, mikrobiese siektes en voedsel preservering sal bespreek word aan die hand van spesifieke voorbeelde.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleidende studie van die ultrastruktuur, funksie en samestelling van verteenwoordigende selle en selkomponente. Algemene beginsels van selmetabolisme, molekulêre genetika, selgroei, seldeling en seldifferensiasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Eenhede, vektore, kinematika, dinamika, arbeid, ewewig, klank, vloeistowwe, warmte, termodinamiese prosesse, elektriese potensiaal en kapasitansie, direkte en wisselstroom, optika, atoomfisika, X-strale, radioaktiwiteit.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Studente sal nie vir meer as een van die volgende modules krediet ontvang vir hul graad nie: WTW 134, WTW 165, WTW 114, WTW 158. WTW 134 gee nie toelating tot Wiskunde op 200-vlak nie en is vir studente wat Wiskunde slegs op 100-vlak benodig. WTW 134 word in die tweede semester as WTW 165 aangebied slegs vir studente wat in die eerste semester aansoek gedoen het vir die ongeveer 65 MBChB, of 5-6 BChD plekke wat in die tweede semester beskikbaar word en wat dus ook ingeskryf was vir MGW 112 in die eerste semester van die huidige jaar.
    Funksies, afgeleides, interpretasie van die afgeleide, differensiasiereëls, toepassings van differensiasie, integrasie, interpretasie van die bepaalde integraal, toepassings van integrasie. Matrikse, oplossings van stelsels vergelykings. Alle onderwerpe word in die konteks van toepassings behandel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Diere-klassifikasie, filogenie, organisasie en terminologie. Evolusie van die verskillende diere-filums, morfologiese eienskappe en lewensiklusse van parasitiese en nie-parasitiese diere. Struktuur en funksie van voortplanting, respirasie, uitskeiding, bloedsomloop en verteringsisteme.

    Sien meer

Minimum krediete: 147

Minimum krediete:

Kern    =  156

 

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Strukturele en ioniese eienskappe van aminosure. Peptiede, die peptiedbinding, primêre, sekondêre, tersiêre en kwaternêre struktuur van proteïene. Interaksies wat proteïenstruktuur stabiliseer, denaturasie en renaturasie van proteïene. Inleiding tot metodes vir die suiwering van proteïene, aminosuursamestelling en volgorde bepalings. Inleiding tot ensiemkinetika en ensieminhibisie. Allosteriese ensieme, regulering van ensiemaktiwiteit, aktiewe sentra en meganismes van ensiemkatalise. Voorbeelde van industriële toepassings van ensieme. Praktiese opleiding in laboratorium tegnieke en Goeie Laboratorium Praktyk. Tegnieke vir die kwantitatiewe en kwalitatiewe ontleding van biologiese molekules. Verwerking en aanbieding van wetenskaplike data.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Biochemie van koolhidrate. Termodinamika en bio-energetika. Glikolise, sitroensuursiklus en elektrontransport. Glikogeen metabolisme, pentose-fosfaat padweg, glukoneogenese en fotosintese. Praktiese opleiding in studie en ontleding van metaboliese bane en ensieme. Wetenskaplike metode en ontwerp: Hipotese ontwerp en toetsing, metode ontwerp en wetenskaplike kontrole.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Biochemie van lipiede, membraanstruktuur, anabolisme en katabolisme van lipiede. Stikstof metabolisme, aminosuurbiosintese en katabolisme. Biosintese van neurotransmittors, pigmente, hormone en nukleotiede vanuit aminosure. Katabolisme van puriene en pirimidiene. Terapeutiese agente gerig teen nukleotiedmetabolisme. Voorbeelde van erflik oordraagbare afwykings van die metabolisme van stikstofbevattende verbindings. Die ureumsiklus, stikstof-uitskeiding. Praktiese opleiding in wetenskaplike skryfvaardighede: evaluasie van 'n wetenskaplike verslag. Tegnieke vir die skeiding en ontleding van biologiese molekules.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Biochemie van voeding en toksikologie. Onmiddellike analise van voedingstowwe. Hersiening van energie-vereistes en -verbruik. Respiratoriese kwosiënt. Vereistes en funksie van water, vitamiene en minerale. Interpretasie en wysiging van ADT-waardes vir spesifieke diëte, bv. groei, oefening, swangerskap en laktasie, veroudering en verhongering. Interaksies tussen voedingstowwe. Vergelyking van monogastriese en herkouer metabolisme. Cholesterol, poli-onversadigde, essensiële vetsure en dieet anti-oksidante. Oksidasie van vette. Biochemiese meganismes van water-en vetoplosbare vitamiene en assessering van vitamien status. Minerale vereistes, biochemiese meganismes, wanbalanse en diarree. Biochemie van vreemde metaboliete: absorpsie, verspreiding, metabolisme en uitskeiding (ADME); ontgiftingsreaksies: oksidasie / reduksie (Fase I), vervoegings (Fase II), uitvoer uit selle (Fase III); faktore wat metabolisme en geneigdheid beïnvloed. Toksiese gevolge: weefselbeskadiging en fisiologiese effekte, teratogenese, immunovergiftiging, mutagenese en karsinogenese. Voorbeelde van toksiene: biochemiese meganismes van bekende toksiene en hul teenmiddels. Antibiotika en weerstand. Natuurlike gifstowwe uit swamme, plante en diere: goitrogene, sianogene, cholienesterase inhibitore, ergotoksiene, aflatoksiene. Praktiese opleiding in ontleding van voedingstowwe, vetsuurskeidings, antioksidant bepaings, en meting van ensiemaktiwiteit, PO-verhouding van mitochondria, elektroforese, ekstraksie, oplosbaarheid en gelpermeasie-tegnieke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The body cavities, the origin of trunk wall and the principle arrangement of other anatomical structures as explained by the basic embryological development of mammals. Introduction to anatomy and anatomical terminology. Introduction to basic histology of cells, epithelial tissue and connective tissue. Basic anatomy of tissues, organs, systems and joints. Anatomy of the musculo-skeletal system integrated, the histology of connective tissue and muscles. The anatomy and histology of the integument and skin structures, the cardiovascular, respiratory, immune, endocrine, urogenital and digestive systems all of which serves as basis for the physiology component of the module. General species differences of the anatomy and histology where applicable.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Oorsprong en ontstaan van grond, verwerings- en grondvormingsprosesse. Profieldifferensiasie en -morfologie. Fisiese eienskappe: tekstuur, struktuur, grondwater, - atmosfeer en -temperatuur. Chemiese eienskappe: kleiminerale, ioonuitruiling, pH, buffering, grondversuring, - versouting en -verbrakking. Grondvrugbaarheid en bemesting. Grondklassifikasie. Praktika: Laboratoriumevaluering van eenvoudige grondeienskappe. Veldprakties oor grondvorming in die Pretoria-omgewing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Chemiese aard van DNS. Replikasie. Transkripsie. RNA-prosessering en translasie, Beheer van geenuidrukking in prokaryote en eukaryote. Rekombinante DNS-tegnologie en toepassings daarvan in geenanalise en -manipulasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Chromosoomstruktuur en transponeerbare elemente. Mutasie en DNS-herstel. Genomika en proteomika. Organel-genome. Inleiding tot genetiese analises van populasies: alleel- en genotipiese frekwensies, Hardy Weinberg Wet, die uitbredings en implikasies daarvan vir verskillende paringsisteme. Inleiding tot kwantitatiewe en evolusionêre genetika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Invloed van klimaat op verbouingstelsels in Suid-Afrika. Oppervlakte-energiebalans. Hidrologiese siklusse en grond-water-balans. Volhoubare produksie van gewasse. Eenvoudige bestralings- en waterbeperkte modelle. Potensiële opbrengs, opbrengsmikpunt en maksimum ekonomiese opbrengs. Gewasvoeding en kunsmisbestuur. Beginsels van grondbewerking en -bewaring. Klimaatsverandering en die produksie van gewasse – versagting en aanpassing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    A brief perspective on the South African livestock industry. South African biomes in which animal production is practised. Animal ecological factors that influence regional classification. Introduction to adaptation physiology with reference to origin and domestication of farm and companion animals. Livestock species, breed development and breed characterisation. Basic principles of animal breeding and genetics, animal nutrition. Practical work includes identification and classification of different breeds of livestock.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Introduction to the concepts of animal production systems in South African production environments. Principles and requirements for extensive, semi-intensive and intensive livestock production with reference to large- and small stock, poultry and pigs. Principles of communal farming systems in Southern Africa. Game management systems with reference to conservation and game farming. The role of the human in livestock production systems and sustainable production.

    Sien meer

Minimum krediete: 140

Minimum krediete:

Kern    =  154

 

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Variansie-analise: Meerrigtingklassifikasie. Toetsing van modelaannames, grafika. eenvoudige vergelykings. Vaste, stogastiese en gemengde-effek-modelle. Blokeksperimente. Effekberaming. Eksperimentele ontwerp: Beginsels van eksperimentele ontwerp. Faktoriaaleksperimente: Strengeling, enkelvryheidsgraadbenadering, hiërargiese klassifikasie. Gebalanseerde en ongebalanseerde ontwerpe. Verdeelde-perseel-ontwerpe. Kovariansie-analise. Rekenaarvaardigheid: Skryf en interpretasie van rekenaarprogramme. Verslagskrywing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Homeostase en Homeorese in diere: Termoregulering. Aanpassing van glukose, lipied en proteïen metabolisme as gevolg van kort- en langtermyn veranderinge in die toevoer en balans van nutriënte en as gevolg van veranderinge in die aanvraag deur weefsels na nutriënte gedurende verskillende fisiologiese stadia. Afwykings vanaf normale homeostase, metaboliese siektes en die voorkoming daarvan. Patogenese van ontsteking en infeksies; immuniteit.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Functional anatomy, growth and development of tissues and organ systems. The underlying physiological processes in growth and development. Pre- and postnatal growth and factors which determine growth rate: growth curves, stimulants of growth, age, nutrition, breed, sex. Changes during maturation, reproduction, the post-partum period and lactation. Ageing and tissue changes with erosion diseases. The influence of hormones, production and reproduction on conformation and a critical evaluation of assessment of animals for functional efficiency.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot finansiële bestuur in die landbou: Boerderybestuur en boerderyfinansiering, boerderybestuursinligting, ontleding en vertolking van boerderystate, risiko- en plaas-beplanning, begrotings insluitende gedeeltelike begrotings, gelykbreekbegrotings, bedryfstakbegrotings, totaalbegrotings, kapitaalbegrotings en kontantbegrotings. Tydwaarde van geld. Inleiding tot produksie-ekonomie en hulpbronaanwending, die landbouproduksie-funksie, totale fisiese produkkurwe, marginale fisiese produkkurwe, gemiddelde fisiese produkkurwe, fases van produksie, bepaling van kortermynkostes, die ekonomie van korttermynbesluite, ekonomie van insetvervanging, laagstekosteverhoudings vir 'n gegewe uitset, korttermynlaagstekoste-insetgebruik, die impak van prysveranderings, laagstekoste-insetgebruik vir 'n gegewe begroting, ekonomie van produkvervanging, produkkombinasies vir winsmaksimering, ekonomie van lewendehawe- en gewasproduksie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Geslagsfisiologie, spermatogenese, soögenese, die vroulike geslagsiklus. Spesieverskille. Hormonale beheer oor die geslagsfunksies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kunsmatige inseminasie. Semenkolleksietegnieke, semen-evaluasie, -verdunning en - bewaring. Embrioversameling, -bewaring en -oorplasing. Ovumversameling en in vitrobevrugting. Hantering van apparaat en praktiese inseminasie, oestrus-observasie en dragtigheidsbepaling.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kariotipering van plaasdiere; ras en spesieverskille en invloed op rasklassifikasie. Invloed van chromosomale afwykings. Fenotipe uitdrukking van gene en geeninteraksies in plaasdiere. Enkelgeen, hoofgeen en polygene. Variasie in eienskappe van ekonomiese belang en statistiese beskrywing. Benutting van genetiese variasie. Teeltwaarde bepaling en familie indeks op enkeleienskappe. Beginsels van teeltstelsels.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Basic principles of chemistry, biochemistry of feed constituents, digestion and metabolism in all livestock species. Description of the characteristics of commonly used feedstuffs, such as forages, silage and hay protein and energy concentrates and by-products.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die invloed van biotiese en abiotiese faktore op die produktiwiteit van verskillende strata en komponente van natuurlike weidings. Dit sal die student in staat stel om gebruikers, met die nodige motivering, oor die geskikte gebruik van hierdie strata en komponente te adviseer en sal ‘n basis vir verdere navorsing op die weidingsekosisteem verskaf. Die beginsels van veldbestuur en die invloed van bestuurspraktyke op volhoubare diereproduksie vanaf natuurlike weiding. Dit sal die student in staat stel om gebruikers oor veldbestuur en veldbestuursbeginsels te adviseer. Dit sal ook ‘n basis vir verdere navorsing in veldbestuur verskaf.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die vestiging en gebruik van aangeplante weidingspesies en voergewasse en die preservering van voer. Dit sal die student in staat stel om gebruikers oor die vestiging en benutting van aangeplante weidingspesies asook boere oor die verbouing, preservering en optimale gebruik van voer te adviseer. Dit sal ook ‘n basis vir verdere navorsing op aangeplante weidings vorm.

    Sien meer

Minimum krediete: 133

Minimum krediete:

Kern    =   148

 

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Produksiebestuur van grootvee. Aspekte van 'n grootvee-onderneming. Bestuursprogramme, produksie-stelsels en tegnieke wat in die geval van vleis- en melkbeeste volgens produksiestelsels. Gebruik van rekenaarstelsels vir voedingbestuur. Ontwerp en beplanning van plaasgeboue en strukture. Berging en hantering van voer. Hantering en bestuur van afval. Higiëne en kuddegesondheidsprogramme. Praktiese werk: dit sluit die samestelling van rantsoene volgens vereistes en teen die laagste kosteformulerings, asook gespesialiseerde opdragte en ervaringsleer op die plaas in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gespesialiseerde voeding vir kleinvee en wild. Beginsels van kruipvoeding, droogtevoeding, winter- en aanvullende voeding. Voerhokvoeding en laaste voedingsvoorbereiding van lammers. Invloed van voeding op wol, velle en sybokhaar. Beplanning van voervloei. Kleinveebestuur,  reëling van die skeerproses en voorbereiding van skeerskure en -toerusting, krale, dip-, drink- en voerfasiliteite. Voorbereiding en bemarking van velle, bokhaar en karakoel. Lamseisoene en kuddebestuur. Bestuursprogramme vir die produksie van wol, vleis, karakoelpels en sybokhaar volgens die betrokke ekologiese streek en vir droogtoestande. Kuddegesondheidsprogramme. Praktiese werk: Formulering van rantsoene teen die laagste koste en praktiese werk met klein herkouers.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gespesialiseerde voeding van pluimvee in verskillende fisiologiese stadiums en produksiestelsels. Bedryfswetenskap en bestuur van produksie- en voedingstelsels in pluimveeproduksie-eenhede. Toegepaste teel van pluimvee. Ontwerp en benutting van toerusting en behuisingsfasiliteite. Produkgehalte en bemarking van pluimveeprodukte. Higiëne en gesondheidsprogramme. Praktiese werk: Die gebruik van rekenaarstelsels vir die bestuur van pluimveevoeding in verskillende produksiestelsels.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Komponente van diereprestasie. Bronne van variasie, bevolkingsparameters en die beraming daarvan. Inleiding tot matriksalgebra vir toepassing in diereteelt. Seleksie-indeks teorie. Statistiese modelle vir teeltwaardebepaling. Toepassing van beraamde teeltwaardes en voorvereistes vir akkuraatheid. Teling en seleksie vir reproduksie en groei. Beginsels van QTLs.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ormulering en toepassing van teeltdoelwitte. Diere-aantekeningstelsels en internasionale riglyne vir evaluasie. Spesie-spesifieke teeltsisteme. Ekonomies belangrike eienskappe en die doeltreffendheid daarvan. Kruisteeltstelsels in vleisproduserende plaasdiere. Rasontwikkeling.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gespesialiseerde voeding van monogastriese diere: pluimvee, varke, perde en geselekteerde varswaterorganismes. Varkproduksie en -bestuur - sog, beer en groeiende varkies. Voedings- en behuisingstelsels. Higiëne en kuddegesondheidsprogramme, produkgehalte en -bemarking. Praktiese werk: Die gebruik van rekenaarstelsels vir die bestuur van die voeding van geselekteerde monogastriese diere.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Introduction to research methodology. Principles and terminology related to research in animal science. Scientific writing skills and communication. Popular articles, seminars and preparation of scientific manuscripts. Project proposals: approach to problem solving, methodology and appropriate referencing and reporting. Presentation of seminar. Multidisciplinary case studies in a Southern African context.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Vleisbedryf. Vleisspesies, karkas- en vleissamestelling, slagproses, vleiskwaliteit en die verbruiker. Suiwelbedryf. Samestelling en voedingswaarde van melk en faktore wat dit beïnvloed. Melkproduksie, melkkwaliteit en verspreiding.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The production potential and quality of pastures as influenced by botanical composition, vegetation cover, livestock grazing and browsing potential, soil chemical, physical and biological conditions in addition to other important environmental processes are addressed. Pasture selection for different purposes and the importance of pasture management requirements within a planned livestock fodder flow system are taught. Monitoring pastures (both natural and cultivated) in different biomes of Southern Africa, through different assessment techniques to understand the health, production potential and quality thereof is explained. The different utilisation methods of pastures, as influenced by the livestock factor and their effects on the pastures regrowth potential, in addition to soil quality aspects are important principles that determine the value of pastures. The evaluation of grasses and other vegetation types in terms of adaptation, acceptability and adaptability to environmental and management conditions are important to an integrated and adaptive pasture and livestock production system.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences