Jaarboeke

Program: MSocSci. Anthropologie

Code Faculty Duration Credits
01253026 Fakulteit Geesteswetenskappe Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Mrs I Kriel
[email protected]
+27 (0)124202596
Prof I Pikirayi
[email protected]
+27 (0)124204661

Toelatingsvereistes

  • 'n Honneursgraad in Antropologie of 'n direk verbandhoudende dissipline met 'n gemiddelde van minstens 70% in die voorafgaande honneursgraad.
  • Daar kan van voornemende studente verwag word om ’n toelatingsopstel in te dien of ’n eksamen te skryf of om addisionele modules te doen wat hulle in staat stel om die verwagte vlak van studie te bereik.
  • ’n Aanvaarbare vlak van akademiese taalvaardigheid word vereis.
  • Onder spesiale omstandighede kan studente met ’n punt tussen 65% en 70% oorweeg word vir toelating.
  • Aansoeke moet gerig word aan die programbestuurder(s).

Addisionele vereistes

• Daar kan van voornemende studente verwag word om ’n toelatingsopstel in te dien of ’n eksamen te skryf of om addisionele modules te doen wat hulle in staat stel om die verwagte vlak van studie te bereik.

• ’n Aanvaarbare vlak van akademiese taalvaardigheid word vereis.

• Onder spesiale omstandighede kan studente met ’n punt tussen 60% en 65% oorweeg word vir toelating. Aansoeke moet gerig word aan die programbestuurder(s).

 

Minimum krediete: 180

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Omvattende verslag (100-150 bladsye) oor goedgekeurde navorsingsprojek. Spesialiskennis van antropologie as dissipline, die ontleding, omvorming en evaluering van abstrakte data en begrippe en die daarstelling van paslike response vir die oplossing van kontekstuele abstrakte probleme. Beplanning, bronbenutting en bestuur van prosesse binne breë parameters en funksies. Volledige toerekenbaarheid vir die bereiking en evaluering van persoonlike en/of groepuitsette. Toetrede tot doktorale en verdere navorsingsopleiding en navorsinggebaseerde beroepe.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2020. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences