Code | Faculty |
---|---|
01251075 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 180 |
Prof LS Terblanche [email protected] | +27 (0)124203292 |
NB Tydelik opgeskort vanaf Januarie 2018.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Jaarliks 31 Julie.
Om die graad met lof te verwerf moet ’n gemiddelde punt van 75% vir die kernmodules en miniverhandeling behaal word, onderworpe aan minstens 70% vir die miniverhandeling.
Minimum krediete: 180
Module-inhoud:
*Departementele keuring
Navorsingsetiek, navorsingsbenaderings, tipes navorsing, navorsingsontwerpe en navorsingsproses soos van toepassing op maatskaplike werk.
Module-inhoud:
*Departementele keuring
Konseptualisering van WHPe, gesondheid, werk/lewe en bedryfsmaatskaplikewerk. Historiese ontwikkeling van bedryfsmaatskaplikewerk en werknemerhulpprogramme. Modelle van werknemerhulpprogramme. Regsaspekte en werknemerhulpprogramme. Werknemerhulpprogramme en organisasieontwikkeling.
Module-inhoud:
*Departementele keuring
WHP-standaarde: Ontwerp en implementering van standaarde van werknemerhulpprogramme, met klem op die advieskomitee, behoeftebepaling, diensleweringsisteme, beleid en implementering. Bestuur en administrasie van werknemerhulpprogramme, met klem op prosedures, personeelvoorsiening, rekordstelsels, professionele aanspreeklikheid, vertroulikheid en etiese aspekte. Direkte WHP-dienste: bestuursopleiding en bemarking. Skakeling en evaluasie van die WHP.
Module-inhoud:
*Departementele keuring
Direkte WHP-dienste. Assessering en terapeutiese dienste. Posttraumatiese stresontlonting, krisisingryping. Korttermynterapie, verwysing, monitering en nasorg. MIV en Vigs in die werkplek. Bedryfsmaatskaplikewerkprogramme.
Module-inhoud:
‘n Omvattende verslag (80-100 bladsye) oor ‘n goedgekeurde navorsingsprojek gebaseer op onafhanklike navorsing in ‘n MMW spesialisveld geselekteer in oorleg met ‘n studieleier. Skolastiese en gevorderde navorsing van geselekteerde spesialisterrein, insluitend beplanning, bronbenutting en bestuur van prosesse. Toerekenbaarheid vir die bereiking en evaluering van persoonlike en/of groepuitsette.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App