Jaarboeke

Program: MA Veiligheidstudies (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250408 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Mr RD Henwood
[email protected]
+27 (0)124202687

Toelatingsvereistes

  • ’n Honneursgraad met Politieke Wetenskappe of direk verwante rigtings (’n verwante universiteitsgraad en voldoende relevante werksondervinding op veiligheidsgebied met Senaatsgoedkeuring).
  • 'n Gemiddeld van 65% in hierdie graad word vir toelating tot hierdie program vereis.
  • ’n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Engels word vereis.

Addisionele vereistes

  • Daar kan van voornemende studente vereis word om ’n toelatingsopstel in te dien of ’n eksamen af te lê of om ontbrekende werk/modules te voltooi ten einde die vereiste vlak van studie te bereik.
  • ’n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Engels word vereis.

Ander programspesifieke inligting

  • Ten minste twee modules moet gedurende die eerste studiejaar geneem word.
  • Studente mag, met die goedkeuring van die programbestuuder, hoogstens een module vervang met ’n geskikte module van gelyke kredietwaarde uit ’n ander dissipline.
  • Hierdie program word nie deur telematiese of afstandsonderrig aangebied nie.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die module is daarop gemik om ’n gevorderde begrip van die kern- akademiese en beleidsdebatte oor internasionale mediasie te ontwikkel; om die teorie en praktyk van mediasie te ondersoek; en om strategiese vaardighede met die oog op vredemaking te ontwikkel. Die klem val op mediasie wat deur die Verenigde Nasies, die Afrika-unie en subregionale organisasies in belangrike konflikte in Afrika onderneem word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie studie van nasionale veiligheid fokus op die besluite, aktiwiteite en instellings wat met nasionale veiligheid en nasionale veiligheidsbeleid verband hou. Dit begrond die strategiese keuses wat op internasionale, regionale en nasionale vlak in reaksie op veiligheidsuitdagings gemaak word, hetsy deur individuele state of in die multilaterale konteks van regionale en globale veiligheidsamewerking. Mededingende teoretiese benaderings tot nasionale veiligheid word ook ondersoek en beoordeel, asook die politieke en strategiese konteks wat die besluite, instellings en prosesse van nasionale veiligheidsbeleidmaking en veiligheidsektor regering beìnvloed.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die evolusie van strategiese denke, die aard en rol van beginsels van strategie en die konsep van strategiese doktrine word ontleed. Die kontemporêre toepassing van die beginsels van strategie word bespreek en postkoueoorlogdenke oor strategie, veiligheid en oorlog word geëvalueer, insluitende die aanwending van nie-militêre dwang soos ekonomiese sanksie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deur die gebruik van toepaslike metodologiese benaderings en navorsingsmetodes word geselekteerde aspekte uit verbandhoudende modules in veiligheidstudies op spesifieke veiligheids- of strategiese gevallestudies en vraagstukke van belang toegepas. Benewens die beklemtoning van metodologiese aspekte en geselekteerde navorsingsmetodes, word aandag ook geskenk aan die ontwikkeling, struktuur en skryf van navorsingsverslae op die gebied van veiligheidstudies. Die uitkoms van hierdie module is ’n goedgekeurde navorsingsvoorstel oor ’n veiligheids- of strategiese tema vir die miniverhandeling, wat ook aan etiese riglyne voldoen.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Nasionale veiligheid is nou verbonde aan bedreigingspersepsie en bedreigingsanalise is weer afhanklik van goeie strategiese intelligensie. Aandag word geskenk aan die kontemporêre teorie en praktyk soverre dit strategiese inteliigensie betref; vraagstukke oor beleid oor, agentskappe vir en beheer oor die intelligensieproses; en die huidige prosesse, fokus, waarde en aanwending van strategiese intelligensie in 'n veranderende wêreld. Strategiese vooruitskouing (met inbegrip van risiko-analise en scenario-konstruksie) word aan bedreigingspersepsie en nasionale veiligheid gekoppel in die mate dat dit 'n belangrike komponent an toekomsbeplanning vorm - derhalwe die studie van die aard, tegnieke, metodiek, en gebruik van strategiese voruitskouing in die veiligheidsomgewing.

    Sien meer

Minimum krediete: 60

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences