Modulekode | RLE 710 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Module-inhoud | Ten einde 'n goeie gesondheidspraktisyn te wees, word 'n lewenslange verbintenis tot gesonde professionele en etiese praktyke sowel as 'n oorkoepelende toewyding aan die belange van die medemens en gemeenskap vereis. Die term "professie" beteken 'n "toewyding, belofte of verbintenis wat in die openbaar gemaak word". Praktykvoering as 'n professionele gesondheidsorgwerker is gebaseer op wedersydse vertroue tussen pasiënte en gesondheidsorgpraktisyns. In die uitvoering van hul pligte word dit van gesondheidspraktisyns vereis om te voldoen aan sekere gedragsreëls. Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) het 'n stel reëls geformuleer waarteen klagtes van professionele wangedrag geëvalueer sal word. Hierdie reëls word in die basiese vak, Etiek en regsleer aangebied. |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme |
|
Voorvereistes | Ten minste een jaar praktykervaring |
Kontaktyd | bepaal deur Departementshoof |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Tandheelkundige Bestuurswetenskappe |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App