Jaarboeke

Program: MSc Sportgeneeskunde (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10253141 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Dr DA Ramagole
[email protected]
+27 (0)124206053
Prof DC Janse van Rensburg
[email protected]
+27 (0)124206057

Programinligting

Die MSc-graad word ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies toegeken op grond van ’n eksamen, óf 'n eksamen en 'n verhandeling, óf 'n eksamen en 'n skripsie, óf 'n verhandeling.

Sien ook Algemene Regulasies.

Let wel:
Dit word vereis dat alle MSc-studente vir die module (TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 802 moet registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling kan verleen word indien die module reeds vir BScHons geslaag is.)

Die maksimum tydperk vir die voltooiing van ’n magistergraad is vier jaar. Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die betrokke Skool op aanbeveling van die departementshoof, in buitengewone omstandighede 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk goedkeur.

Toelatingsvereistes

'n Voornemende student vir die MSc in Sportgeneeskunde moet vir minstens een jaar in besit wees van die MBChB-graad van hierdie Universiteit of 'n kwalifikasie wat deur die Universiteit as gelykwaardig hieraan beskou word. Daarbenewens moet die student by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as geneesheer geregistreer wees.

Eksamens en slaagvereistes

(aa)   Die eksamen in die basiese vakke FSG 880, SAN 880 en DTE 880 vind aan die einde van die eerste semester plaas.

(bb)  Die eksamen bestaan uit ’n twee-uur skriftelike vraestel in elke module, met ’n vereiste subminimum van 40% in die skriftelike eksamen. Om ’n module te slaag, word ’n finale punt van minstens 50% vereis.

(cc)   Indien ’n student in een van die basiese vakke druip, kan sodanige student toegelaat word om die eksamen aan die einde van die tweede semester te herhaal.

(dd)  Die eksamen (twee vraestelle van 3 uur elk, ’n mondeling en prakties) asook die mini-verhandeling, mag slegs afgelê of ingedien word nadat die basiese vakke voltooi is.

Slaag met lof

Die MSc in Sportgeneeskunde word met lof toegeken aan ’n student wat minstens 75% in (SGN 800) Sportgeneeskunde 800 behaal en die werkopdrag op onderskeidingsvlak voltooi.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences