Jaarboeke

Motoriese leer 352


 
Modulekode MBK 352
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

*Geslote – vereis departementele keuring
Die fokus van die studieveld is op vaardigheidsontwikkeling met die klem op die leerproses en die kognitiewe en motoriese prosesse wat die vaardigheidsontwikkeling onderlê. Die faktore wat vaardigheidsontwikkeling beïnvloed, word bestudeer, asook die beheer van vaardige motoriese prestasie. Studente wat hulle voorberei vir ‘n beroep in die Liggaamlike Opvoeding, of as sportafrigters, dansinstrukteurs, fisioterapeute en arbeidsterapeute sal die nodige basis ontvang om effektiewe instruksiestrategieë te ontwikkel. Instrukteurs in die militêre en industriële opleidingsituasies sal ook baat vind by die studieveld.

Modulekrediete 10.00
Voorvereistes Toelating tot relevante program
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Sport- en Vryetydstudies
Aanbiedingstydperk Kwartaal 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences