Modulekode | BPE 451 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Die module het 'n tweevoudige doel: (i) om studente bewus te maak van die morele dimensie van die ingenieursprofessie, en (ii) om hulle te help om die nodige etiese vaardighede te ontwikkel om morele kwessies in die beoefening van dié beroep te hanteer. Aandag word aan belangrike begrippe en benaderinge in die professionele etiek en aan gepaste metodes van morele probleemoplossing gegee. 'n Aantal van die belangrikste morele kwessies waarmee ingenieurs gekonfronteer word, word ook behandel: Wat beteken dit om 'n verantwoordelike en eerlike ingenieur te wees? In hoe verre het ingenieurs die verpligting om risiko's te vermy en veiligheid te bevorder? Hoe moet verskillende verwagtinge wat aan die ingenieur as professionele persoon en as werknemer gestel word, hanteer word? Hoe ver strek ingenieurs se verantwoordelikheid ten aansien van die omgewing? Hoe kan ingenieurs op 'n moreel verantwoorde wyse in 'n internasionale konteks funksioneer? Tydens besprekingsklasse word 'n aantal gevallestudies wat hierdie morele kwessies belig, indringend bespreek. |
Modulekrediete | 8.00 |
Programme |
|
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 2 tutoriale per week, 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Departement | Dogmatiek en Christelike Etiek |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App