Module-inhoud |
Prestasiebestuur, opleiding en ontwikkeling Die afdeling spreek die hoofkenmerke van ‘n prestasiebestuurstelsel aan en fokus op die strategiese en motiveringswaarde van die proses en fokus op die volgende aspekte: die basiese konsepte van prestasiebestuur, die prestasiebestuursproses, prestasiebestuursmetodes, asook die beoordelingsonderhoud. Die module sal ook opleiding en ontwikkeling binne in die werkskonteks aanspreek, en sal veral fokus op die opleidingsproses. Dit sal insluit: basiese konsepte in opleiding en ontwikkeling, die opleidingsproses, die behoeftebepaling, ontwikkeling en implimentering van ‘n opleidingsprogram, asook die wetgewing wat verband hou met opleiding en ontwikkeling in SA. Menslikehulpbron– en loopbaanontwikkeling Die afdeling spreek die hedendaagse metodes aan wat benut kan word om mensekrag– en loopbaanontwikkelingsprogramme te ontwikkel en aan te bied om prestasie op sowel die individuele as organisatoriese vlak te bevorder. Die klem val op die implikasies van die veranderinge in organisasies vir loopbane, loopbaankonsepte, loopbaanbestuurmodelle, lewens- en loopbaanfases, loopbaankwessies, organisatoriese keuse, loopbaanontwikkelingsteunpraktyke en ontluikende menslike hulp¬bron¬praktyke. Die integrasie van individuele loopbaanverwagtinge met die vereistes en die organisasie se strategieë sal geïllustreer met behulp van die loopbaanbestuur literatuur. |
Get Social With Us
Download the UP Mobile App