Jaarboeke

Program: MTRP (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12252036 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 240

Programinligting

Hierdie magistergraad word verwerf deur 'n gedoseerde leergang en 'n miniverhandeling te slaag. Die onderwerp van die miniverhandeling moet deur die Departementshoof goedgekeur word.

Toelatingsvereistes

  • Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.30 G37 en G.38 word ’n relevante vierjaargraad of ’n relevante driejaargraad plus ’n honneursgraad of ’n relevante driejaargraad plus ’n minimum van vyf jaar relevante ondervinding vereis vir toelating tot die MS&S-graadprogram.
  • Ter aanvulling van kennis van studente sonder 'n BS&S-graad, kan van hulle vereis word om aanvullende voorgraadse modules te slaag.

 

 

Addisionele vereistes

Ter aanvulling van kennis van studente sonder 'n BS&S-graad, kan van hulle vereis word om aanvullende voorgraadse modules te slaag.

Eksamens en slaagvereistes

'n Minimum semester-/jaarpunt van 40% word benodig vir eksamentoelating in 'n spesifieke module. Daar moet ook voldoen word aan alle ander eksamen-toelatingsvereistes, wat van toepassing is op die spesifieke module. 'n Minumum slaagpunt van 40% word in die eksamen vereis, met 'n minimum finale punt van 50% om te slaag.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat 'n geweegde gemiddelde van minstens 75% in die eksamen vir al die vereiste kernmodules en die miniverhandeling behaal het.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Normatiewe beginsels vir volhoubare nedersettingsbeplanning en -ontwerp; ontwerpteorie; beplannings- en ontwerpprosesse; gesimuleerde stedelike en landelike nedersettingsbeplanning en ontwerpoefening.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Oorsig, aard en rasionaal van metropolitaanse en stedelike-area-gebaseerde intervensies; unieke probleme in metropolitaanse gebiede, byvoorbeeld agteruitgang van die middestad, randontwikkeling, behuising- en dienstetekorte, die disfunksionele Apartheidslandskap en afhanklikheid van private vervoer; Tipes intervensies (onder andere institusioneel, ruimtelik, ekonomies en sosiaal) ten einde herstrukturering en ontwikkeling in Suid-Afrikaanse metropolitaanse gebiede op 'n relevante, sosiale en omgewings-verantwoordbare manier te bereik. Beleid en wetgewing van toepassing op stedelike herstrukturering en ontwikkeling in Suid-Afrika. Internasionale en plaaslike gevallestudies; Die impak van globalisasie op Suid-Afrikaanse metropolitaanse gebiede en groot stede; Simulasie-oefening van metropolitaanse en stedelike-area-gebaseerde intervensies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teorie van stadsontwerp en die verwantskap met stads en streekbeplanning; stadsontwerpbeginsels vir goed-presterende nedersettings; stadsontwerpproses; stadsontwerp raamwerke en -sektorplanne; gesimuleerde stadsontwerpoefening op woonbuurtvlak.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot ontwikkeling en ontwikkelingsbeplanningsteorieë; die geïntegreerde ontwikkelingsbeplanningsproses; wetlike, institusionele en beleidsraamwerke waarbinne geïntegreerde beplanning in Suid-Afrika funksioneer; implementering van geïntegreerde ontwikkelingsplanne; gevallestudies van geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning; simulasies van geïntegreerde ontwikkelingsbeplanningsoefeninge.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Oorsig, aard en rasionaal van streeksintervensies op supra-nasionale en sub-nasionale skaal; benaderings tot beplanning en ontwikkeling op kontinentale, makro-streek-, provinsiale en distrikskaal; tipes intervensies (onder andere institusioneel, ruimtelik, ekonomies en sosiaal) ten einde herstrukturering en ontwikkeling in streke op 'n relevante, sosiale en omgewingsverantwoordbare manier te bereik, voormalige en huidige voorbeelde van beplanning op elkeen van hierdie vlakke; kritiek en verbeterings op huidige praktyk; debatte rondom die manier waarop probleme van landelike nedersettings (soos die afwesigheid van 'n ekonomiese basis en nodige infrastruktuur, gebrek aan toegang tot grond en botsende eise rakende natuurlike hulpbronne) in streke aangespreek kan word; internasionale en plaaslike gevallestudies. Gesimuleerde oefening van streekskaal-intervensies.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Definiëring van navorsing; navorsingsparadigmas; Navorsingsetiek; navorsingsprobleme/-vrae; literatuuroorsigte; navorsingsontwerp; geselekteerde kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes vir data-insameling, analise en interpretasie; rapportering van navorsing; formulering van 'n navorsingsvoorstel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kontekstualisering van `n navorsingsprobleem/-vraag; literatuurstudie; navorsingsontwerp en -metodes; onderneem empiriese navorsing in lyn met `n goedgekeurde navorsingsvoorstel; versameling, analise en interpretasie van data; opskryf van navorsingsbevindinge.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Oorsig van institusionele en wetlike raamwerke vir beplanning en ontwikkeling in Suid-Afrika op nasionale en provinsiale vlak. Verwante wetgewing en beleid wat beplanning beïnvloed. Spesifieke verwysing na wetgewende raamwerke vir grondontwikkeling, die omgewing, munisipale bestuur en ontwikkeling, vervoer, behuising, water en menseregte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Kort geskiedenis van grondgebruikbestuur in Suid-Afrika; rasionaal agter grondgebruikbestuur; beginsels van goeie grondgebruikbestuur binne die konteks van post-apartheid, globale omgewingsverandering, nuwe geografiese ekonomie en ontwikkelingsekonomie; kritiek teen grondgebruikbestuur; etiek in grondgebruikbestuur; die eienskappe van 'n geskikte grondgebruikbestuurstelsel wat transformasie, volhoubaarheid, veerkragtigheid, gelykheid, inklusiwiteit en integrasie in Suid-Afrika bevorder; die skakel tussen grondgebruikbestuur en strategiese ruimtelike beplanning; internasionale en Suid-Afrikaanse voorbeelde van grondgebruikbestuurstelsels; die toekoms van grondgebruikbestuur. Generiese komponente van grondgebruik- en grondontwikkelingsaansoeke en prosedures; praktiese oefeninge in die opstel, indiening, prosessering en evaluering van grondgebruiksaansoeke; beleidvoorbereiding rakende grondgebruikbestuurstelsels wat die beginsels van goeie grondgebruikbestuur bevorder; appèlle; inleiding tot omgewingsimpakstudies.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences