Code | Faculty |
---|---|
12252030 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 180 |
Prof AAJ Barker [email protected] | +27 (0)124204542 |
Die Magister in Landskapargitektuur (Professioneel) is ’n gedoseerde magistergraad vir die doeleinde om as kandidaat professionele landskapargitek by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Landskapargitektuurprofessie ingevolge Wet 45 van 2000 te registreer en word gedoen deur middel van ’n gedoseerde leergang, projekte, ’n ondersoekende ontwerp miniverhandeling en ’n ontwerpprojek en -diskoers.
Verwys na die G Regulasies G.30 tot G.40 en G.50 tot G.54.
’n Kandidaat vir die graadprogram Magister in Landskapargitektuur (Professioneel):
(1) moet ’n gegradueerde met ’n BLHons of ekwivalente universiteitsgraad wees;
of
(2) moet oor ’n toepaslike erkende tersiêre kwalifikasie op honneursgraadvlak beskik;
of
(3) moet oor ’n kwalifikasie beskik wat deur die Departementshoof in oorlegpleging met die Dekaan as voldoende beskou word (waar nodig) die toestemming van die Senaat verkry en enige ander voorgeskrewe vereistes nakom.
Daar kan van kandidate genoem in (2) en (3) hierbo na die diskresie van die Departementshoof vereis word om in voorvereiste kennisvelde geëvalueer te word en/of vir addisionele modules vir niegraaddoeleindes te registreer.
Kandidate genoem in (1) (2) en (3) hierbo:
(i) moet verkieslik oor praktiese ondervinding beskik en/of ’n uitgebreide studiereis onderneem en gedokumenteer het;
(ii) word aan ’n onderhoud vir keuring onderwerp;
(iii) moet ’n portefeulje en/of ontwerpjoernaal voorlê wat die vereiste vlak van vaardigheid en bevoegdheid demonstreer en wat as ’n rekord van sodanige kandidaat se ondervinding in die dissipline beskou kan word;
(iv) word volgens meriete gekeur.
Let wel: ’n Beperkte aantal kandidate word tot hierdie program toegelaat.
Ontwerp-onderwerp
Die onderwerp waaroor die finale ontwerpprojek (DIT 802 & DPD 802) handel, moet deur die Departementshoof goedgekeur word.
Toekenning van graad
Die graad word aan ’n student toegeken wat die voorgeskrewe aantal krediete verwerf het. Studente wat op voorwaardes toegelaat is, moet aan al die voorwaardes voldoen voordat die volle 700-reeks modulekrediete en die graad toegeken word.
Die minimum slaagpunt is 50%. ’n Minimum van 40% word in die eksamen vereis, met ’n minimum finale punt van 50% om te slaag. Indien die module nie geëksamineer word nie, word ’n minimum slaagpunt van 50% vir kursuswerk vereis. Indien kursuswerk nie geëvalueer word nie, word ’n minimum slaagpunt van 50% in die eksamen vereis.
G Regulasie G.39.12 is van toepassing.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat met eerste registrasie beide die Ondersoekende ontwerp miniverhandeling (DIT 802) en die Ontwerpprojek en -diskoers (DPD 802) met onderskeiding (75%) slaag, mits die graad binne die minimum voorgeskrewe tydperk voltooi en alle ander finalejaarmodules met eerste registrasie geslaag is.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App