Jaarboeke

Program: BIS Uitgewerswese

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12131014 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 428
Contact:
Prof EH le Roux
[email protected]
+27 (0)124202426

Programinligting

Hierdie pakket kontekstualiseer die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf, met spesifieke toepassing op boekpublisering en korporatiewe publisering. Die doelwitte is om studente toe te rus met agtergrondkennis van die bedryf, rolspelers en tendense asook met spesifieke vaardighede ten opsigte van die publiseringswaardeketting. Hierdie vaardighede sluit die volgende in: die werwing van manuskripte toegespits op spesifieke markte; die bestuur van die ontwerp-, reproduksie- en drukfase; redigering en proeflees; finansiële en bemarkingsbestuur. Studente word in staat gestel om as verantwoordelike inligtingtussengangers op te tree ten einde waarde tot die verskillende fases van die publiseringsproses toe te voeg.

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • ‘n Geldige kwalifikasie met toelating vir graadstudie word vereis.
  • Minimum vak- en prestasievereistes, soos hieronder uiteengesit, word vereis. Op eerstejaarsvlak het studente ‘n keuse tussen Afrikaans en Engels as taalmedium. In verskeie gevalle word lesings slegs in Engels aangebied, byvoorbeeld vir keusemodules waar die dosent nie Afrikaans magtig is nie, of indien dit nie ekonomies of prakties regverdigbaar is nie.
  • Indien ‘n kandidaat ‘n TPT van 25 tot 27 behaal, sal toelating oorweeg word op grond van die uitslae van die NBT, mits die kwotas vir studentegetalle nog nie bereik is nie.

 

Minimum vereistes 
Prestasievlak
Afrikaans of Engels TPT
NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C

28
(25-27
toelating
gebaseer
op die NBT)

 

Ander programspesifieke inligting

  • Kies ‘n taal tot jaarvlak 3 van die taalmodulegroepe, bv. Afrikaans, Duits, Engels, Frans of ’n Afrikataal in oorleg met die pakketorganiseerder. ’n Taal vir beginners mag nie gekies word nie.
  • Kies modules ter waarde van 24 krediete op jaarvlak 1 van die geselekteerde taal.
  • Gaan voort met dieselfde taal tot jaarvlak 3 soos op jaarvlak 1 gekies.
  • Kies module(s) ter waarde van 40 krediete op jaarvlak 2 van die geselekteerde taal.
  • Gaan voort met dieselfde taal op jaarvlak 3 soos op jaarvlak 1 en 2 gekies.
  • Kies modules ter waarde van 30 krediete op jaarvlak 3 van die geselekteerde taal.
  • Studente wat hul taalstudies nagraads wil voortsit, moet die betrokke departement raadpleeg ivm die keuse van hul modules en om moontlike addisionele modules te neem.

Verwys na Fakulteit Geesteswetenskappe, vir inligting in verband met die taalmodules.

 

TAALGROEPE VIR KEUSES IN PROGRAMME

Let wel: U moet asb die alfabetiese modulelys raadpleeg vir volledige inligting rakende alle taalmodules soos hieronder gelys, aangesien sommige van hierdie modules spesifieke vereistes/voorvereistes het.

Modulegroep 1 – Afrikaans
Jaarvlak 1

• As moedertaal: AFR 110,120
• Vir sprekers van ander tale (ook vir sprekers van ander tale wat vir kwalifi­kasies in die regte en opvoedkunde ingeskryf is) AFR 114
• Vir studente in die regte (eerste taal): AFR 110 Nota: AFR 120 kan bykomend geneem word.
• Vir opvoedkundestudente: AFR 110,120 (moedertaal); AFR 114 (sprekers van ander tale)

Jaarvlak 2
• As eerste taal: AFR 214, AFR 210,220
• Vir opvoedkundestudente: AFR 214, AFR 220
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 210,220

Jaarvlak 3
• As eerste taal: AFR 311,321
• Vir opvoedkundestudente: Vrye keuse uit die modules met alfa­kodes AFR en LCC wat op jaarvlak 3 aangebied word.
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 312,320,322

Modulegroep 2 – Engels
Jaarvlak 1

• Vir spesiale doeleindes: ENG 118
• Vir akademiese doeleindes: ENG 110,120

Jaarvlak 2
ENG 210,220

Jaarvlak 3
• ENG 310,320
• ENG 311,322

Modulegroep 3 – Frans
Jaarvlak 1

• Vir beginners: FRN 104,181 (LLM studente)
• Kultureel-professioneel (vir student wat Frans in Graad 12 geslaag het): FRN 113,123

Jaarvlak 2
FRN 211,221

Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: FRN 361,362,363,364

Modulegroep 4 – Duits
Jaarvlak 1

• For beginners: DTS 104
• Kultureel-professioneel (vir studente wat Duits in Graad 12 geslaag het): DTS 113,123

Jaarvlak 2
DTS 211,221

Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: DTS 361,362,363,364

Modulegroep 5 – Grieks
Jaarvlak 1

GRK 110,120

Jaarvlak 2
GRK 210,220

Modulegroep 6 – Hebreeus
Jaarvlak 1

HEB 110,120

Jaarvlak 2
HEB 210,220

Modulegroep 7 – Latyn
Jaarvlak 1

LAT 110,120 (studente wat Latyn in Graad 12 geslaag het, kan direk met Latyn op jaarvlak 2 voortgaan.)

Jaarvlak 2
LAT 210,220

Jaarvlak 3
LAT 310,320

Modulegroep 8 – IsiNdebele
Jaarvlak 1

Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: NDE 110, AFT 121

Jaarvlak 2
NDE 210, AFT 220

Jaarvlak 3
NDE 310, AFT 320

Modulegroep 9 – IsiZulu
Jaarvlak 1

• Vir beginners: ZUL 110,120
• Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: ZUL 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat ZUL 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: ZUL 210,220
• Vir studente wat AFT 121, ZUL 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, ZUL 211

Jaarvlak 3
ZUL 310, AFT 320

Modulegroep 10 – Sepedi
Jaarvlak 1

• For beginners: SEP 110,120
• For speakers of Sepedi as home language or first or second additional language: SEP 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat SEP 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: SEP 210,220
• Vir studente wat AFT 121, SEP 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, SEP 211

Jaarvlak 3
SEP 310, AFT 320

Modulegroep 11 – Setswana
Jaarvlak 1

• Vir beginners: STW 110,120
• Vir sprekers van Setswana as huistaal of eerste of tweede addisionele  taal: STW 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat STW 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: STW 210,220
• Vir studente wat AFT 121, STW 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, STW 211

Jaarvlak 3
STW 310, AFT 320

Modulegroep 12 – Spaans
Jaarvlak 1
Vir beginners: SPN 101,102

Jaarvlak 2
SPN 211,221

Jaarvlak 3
SPN 311,321

Modulegroep 13 – Portugees
Jaarvlak 1
• Vir beginners: PTG 101
• Portugese taal en kultuur (vir studente wat Portugees in Gr 12 geslaag het): PTG 113,123

Jaarvlak 2
PTG 211,221

Jaarvlak 3
PTG 311,321

Slaag met lof

'n Graad (voorgraads) in die Skool vir IT word met lof toegeken aan 'n student indien hy/sy geen module van die finale studiejaar moes herhaal nie, ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% vir al die voorgeskrewe modules van die finale studiejaar behaal het en op voorwaarde dat ’n subminimum van 65% verkry is in elkeen van die finalejaarmodules. Die graadprogram moet in die minimum voorgeskrewe tydperk voltooi word. Ad hoc-gevalle sal deur die Dekaan, in oorleg met die betrokke Departementshoof, hanteer word.

Minimum krediete: 130

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Grondbeginsels van visuele kultuur Hierdie module dien as ‘n inleiding tot kuns en visuelekultuurteorie deur na ‘n verskeidenheid tekste en idees te verwys. Die module bied aan studente ‘n wye blootstelling aan visuele diskoerse en sluit ‘n verskeidenheid visuele voorbeelde in bv kunswerke en advertensies. Die diskoerse waarna verwys word mag die volgende insluit: die ondersoek na wat visuele kultuur is; modusse van analise; inleiding tot terme soos ideologie en mite; die kontekstuele bekendstelling van geselekteerde periodes in die geskiedenis; die inleiding tot kulturele ikone en temas vanuit populêre visuele kultuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    This module is intended to equip students with a thorough knowledge of English grammar and is particularly useful for those interested in a career in teaching, editing, document design or other forms of language practice.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    By the end of this module students should be able to cope more confidently and competently with the reading, writing and critical thinking demands that are characteristic of the field of Information Technology.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Inligting en kommunikasietegnologie. Hierdie module bied 'n bondige oorsig van harde- en sagteware, telekommunikasietegnologie, LANe, WANe en intranette, die inligtinghoofweg, die Internet en die wêreldwye web, rekenaar-etiek, inligting- en kommunikasietegnologie (ICTs), e-handel, mobiele rekenaartegnologie, en die inlvoed wat nuwe neigings en ontwikkelings op die verspreiding van inligting het.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module bied ‘n oorsig van die beginsels van bemarking deur die uitruilproses, kliëntewaarde, bemarkingsnavorsing en die ontwikkeling van ‘n bemarkingsplan aan te spreek. Dit spreek ook die elemente van die bemarkingsmengsel aan met spesifieke fokus op die sewe diensbemarkingselemente naamlik die diensproduk, fisiese bewyse, mense, prosesse, distribusie, prysstrategie en geïntegreede bemarkingskommunikasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring. Die Boekuitgee-omgewing. 'n Basiese inleiding tot die boekuitgee-omgewing. Die volgende aspekte word toegelig: die konsep "uitgee"; verskillende uitgeebedrywe; kontekste van boekuitgee; die uitgeewaardeketting; prosesse, take en rolspelers betrokke by boekuitgee; verskillende sektore in die boekuitgewerybedryf; verskillende soorte uitgewerye; eksterne rolspelers, inisiatiewe, strategieë; huidige tendense en vraagstukke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beelde oor media heen: historiese perspektiewe

    Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondersoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur. 

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bied 'n inleiding tot die studieterrein van die inligtingkunde en verwante beroepsvelde. Sleutelkonsepte wat bespreek word, sluit die volgende in: die mens as inligtingverwerker en -gebruiker; die lewensiklus van inligting in terme van prosesse, produkte en rolspelers; asook die kommunikasie van inligting. Die sosio-etiese impak van globalisering, met spesifieke verwysing na Afrika, word ingesluit as 'n kernvraagstuk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Persoonlike inligtingbestuur. Hierdie module fokus op persoonlike inligtingbestuur binne 'n organisatoriese konteks. Dit handel oor die bestuur van inligting wat spesifiek te doen het met die individu en wat hom/haar dus in staat stel om sy/haar werk te verrig. Onderwerpe wat behandel word, sluit die volgende in: die skep van 'n omgewing waarbinne die individu inligting en kennis kan bestuur; die vaardighede wat nodig is om persoonlike inligting- en kennisbestuur te kan doen; inligtingoorlading wat aanleiding gee tot persoonlike inligting- en kennisbestuur sowel as die manier waarop individue kan oorskakel van persoonlike inligtingbestuur na persoonlike kennisbestuur; en persoonlike inligting- en kennisbestuur as 'n beroep.

    Sien meer

Keusemodules

Minimum krediete: 148

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Hierdie projek-georiënteerde module is 'n vorm van toepassingsleer wat gerig is op spesifieke gemeenskapsbehoeftes en word ingesluit in alle voorgraadse akademiese programme wat deur die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie aangebied word. Die belangrikste doelwitte met die module is soos volg: (1) Die uitvoering van 'n gemeenskapsverwante projek gerig op die bereiking van 'n voordelige effek op 'n gekose deel van die samelewing, verkieslik maar nie eksklusief, deur die betrokkenheid by 'n gedeelte van die samelewing wat anders is as die student se eie sosiale agtergrond. (2) Die ontwikkeling van 'n bewuswording van persoonlike, sosiale en kulturele waardes, 'n ingesteldheid om tot diens te wees en 'n begrip van sosiale aspekte met die doel om in 'n verantwoordelike professionele persoon te ontwikkel. (3) Die ontwikkeling van belangrike multidissiplinêre en lewensvaardighede, soos kommunikasie, interpersoonlike en leierskapsvaardighede. Assessering in die module sal die meeste van die volgende komponente insluit: evaluering en goedkeuring van die projekvoorstel, assessering van mondelinge en/of geskrewe vorderingsverslae, eweknie-assessering in die geval van spanprojekte, geskrewe terugrapportering deur diegene op wie die projek gerig is, en finale assessering op grond van die voorlegging van 'n portefeulje en 'n geskrewe verslag.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Gender, seksualiteit en visuele voorstelling Hierdie module bied ‘n inleiding tot die uitbeelding van seks, gender en seksualiteit in visuele kultuur. Gender teorieë en terminologie wat verband hou met feminisme, manlikheid studies en lbgtq teorieë (lesbiese, biseksueel, homoseksueel, transgenderisme, queer) word ondersoek. Temas en brandpunte rakende gender en identiteitspolitiek soos die figuur van die manlike held, die vroulike naak in die laat 19de eeuse kuns, die femme fatale, histerie, androginie en transseksualiteit word hanteer. Seksualiteit en gender in ‘n wye verskeidenheid van visuele kultuur uitbeeldings soos sepies, sitcoms, kunswerke, advertensies, mode, musiekvideos en films word belig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die onderskeid tussen literêre en “populêre” of “genre”-fiksie. Literêre “formules” en topverkopers. Verskeie benaderings tot die bestudering van populêre fiksie (sosiologiese, psigologiese, “kultuurstudie-” en teksgebaseerde benaderings).
    Die fokus val op die studie van verskeie literêre “tipes” of “formules”: Avontuur, Romanse, Misterie, Wetenskapfiksie, ens, as formuleagtige artistieke konstruksies wat geskep is met die doel om te vermaak, teen die agtergrond van groter sosiopolitieke omstandighede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring. Redigering. 'n Inleiding tot redigering as 'n fase in die uitgeeproses. Onderwerpe wat aangespreek word sluit in: die rol van die redigeerder in die uitgeewaardeketting; die vlakke van redigering; die verantwoordelikhede van die redigeerder teenoor die manuskrip, die outeur en die uitgewery; die verantwoordelikhede en vaardighede van die proefleser; tipiese probleme in tekste; proeflees en redigeersimbole en die opmerk van tekste; regs- en etiese aangeleenthede. Leerders word ook toegerus met praktiese vaardighede in die proeflees en redigering van digitale asook gedrukte tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sosiale en etiese impak. Hierdie module ondersoek die morele en wetlike regulasiepraktyke wat verband hou met inligting in gedrukte en digitale omgewings. Verskillende etiese teorieë word geïdentifiseer en toegepas op privaatheid, toegang tot inliging, inligtingarmoede en sensorskap. Die interpretasie en toepassing van reëls en regulasies word bespreek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring. Die Visuele en Produksiedimensies van Uitgee. 'n Teoretiese posisionering van grafiese ontwerp, reproduksie en drukwerk binne die uitgeeproses. Die volgende onderwerpe word aangespreek in die teoretiese posisionering: die praktyk van grafiese ontwerp; die historiese ontwikkeling van die verhouding tussen innoverings op die gebied van reproduksie en drukwerk en grafiese ontwerpstyle; die gebruik van visuele elemente; die bestuursrol van die (werwingsredakteur). Gedurende die praktiese komponent word leerders blootgestel aan geselekteerde toepassings van DTP-sagteware en die praktiese aspekte van die produksiefase.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ’n voortsetting van die ontwikkeling van kommunikasievaardighede van die taal. Spesiale aandag word verleen aan die begrip van nie-fiktiewe en literêre geskrewe tekste en mondeling asook oudiovisuele insette en die gebruik van Frans in mondelinge en skriftelike produksie. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Leer Nederlands Die module het as uitkoms die verwerwing van lees-, praat-, skryf- en luistervaardighede in Nederlands. 'n Goeie kennis van Afrikaans is 'n voorvereiste. Die module is kontrastief. Klem word gelê op die verskille tussen die Afrikaanse en Nederlandse grammatika, woordeskat en kultuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op die verdere ontwikkeling van kommunikasievaardighede met spesifieke beklemtoning van ontvangsaktiwiteite van die taal, naamlik luister en lees. Spesiale aandag word verleen aan kritiese aspekte van Franse grammatika. Kort fiktiewe en nie-fiktiewe tekste word gebruik vir begrip asook om kulturele aspekte van Franssprekende lande te demonstreer. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrikaanse prosa Literatuurteorie en -kritiek

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes - 3 discussion classes per week
    Modern English literature and English language studies
    This module focuses on post-nineteenth century literature in English as well as on historical and theoretical aspects of the English language.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op die verdere ontwikkeling van kommunikasievaardighede met spesifieke beklemtoning van ontvangsaktiwiteite van die taal, naamlik luister en lees. Spesiale aandag word verleen aan kritiese aspekte van Duitse grammatika. Kort fiktiewe en nie-fiktiewe tekste word gebruik vir begrip asook om kulturele aspekte van Duitssprekende lande te demonstreer. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ’n voortsetting van die ontwikkeling van kommunikasievaardighede van die taal. Spesiale aandag word verleen aan die begrip van nie-fiktiewe en literêre geskrewe tekste en mondeling asook oudiovisuele insette en die gebruik van Duits in mondelinge en skriftelike produksie. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B1.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die Sepedi-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos die voortsetting van die studie van konsepte soos teks, onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die studie van intrige en styl; die kritiese ontleding van ‘n roman/novelle.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die isiZulu-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes - 3 discussion classes per week
    Twentieth-century, postcolonial and contemporary literature
    This module focuses on post-nineteenth century literature in English. Various genres are covered and particular attention is given to postcolonial writing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die isiNdebele-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

Minimum krediete: 150

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Geslote – vereis departementele keuring. Bestuur in die Uitgewersomgewing. Hierdie module bied 'n inleiding tot uitgewerswese as 'n besigheid. Daar word onder andere gekyk na globale tendese wat 'n impak het op uitgewerswese, en besigheidsmodelle in die uitgewersbedryf, en daar is 'n spesifieke fokus op bemarking en verspreiding as 'n belangrike deel van die uitgewerswaardeketting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring. Werwing. 'n Teoretiese inleiding tot die werwingsfase van die boekuitgeeproses. Die proses van manuskripwerwing word binne die kontekste van die Suid-Afrikaanse uitgee-omgewing en die interne omgewing van die uitgewery bestudeer. Onderwerpe wat aangespreek word sluit in: marknavorsing; lysbou; die bestuur van beide die manuskripontwikkeling- en produksiefase; kosteberekening van 'n projek; skedulering en kontrakte. Leerders demonstreer hulle begrip van werwing aan die hand van gevallestudies, rolspel en die ontwikkeling van 'n manuskripvoorstel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring. Uitgee in die Tydskrif- en Korporatiewe Omgewing. 'n Inleiding tot die uitgeewaardeketting soos toegepas op tydskrifte en korporatiewe publikasies; die uitgee-omgewing van tydskrifte en korporatiewe publikasies (insluitende soorte tydskrifte en korporatiewe publikasies, lesers, marksegmentering); die werwing van skryfwerk vir tydskrifte en korporatiewe publikasies; produksieprosesse; verkope en bemarking; verspreiding.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring. Uitgee in die Digitale Omgewing. Die eerste deel van hierdie module fokus op die studie van publikasies in die digitale omgewing. Verskille tussen papiergebaseerde en digitale tekste word bestudeer. Publikasieformate in die digitale omgewing word bespreek deur te fokus op onderwerpe soos multmedia, hiperfiksie, e-boeke, ens., asook op verspreidingskanale soos intranette en portale. Die invloed van die digitale omgewing op publikasies en die uitgeeproses is die hooffokus van die tweede gedeelte waar die klem val op begrip van die aard en bestuur van die elektroniese uitgee-omgewing en digitale uitgeetegnologie soos HTML, SGML, XML en PDF.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die literatuur van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos die kritiese analise van ‘n dramatiese werk en poësie (uitgesoekte gedigte).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Augustan, Romantic and 19th-century literature
    In this module students read a representative selection of 18th- and 19th-century texts in English. The general characteristics and techniques of these texts are discussed in relation to developments in aesthetic theory, generic conventions and socio-historical change.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Introduction to teaching English to speakers of other languages.
    This module introduces both the theoretical and practical dimensions of TESOL (Teaching English to Speakers of Other Languages). Areas covered include (i) the nature of the foreign/second language learning process; (ii) the major approaches and methods of foreign/second language teaching and (iii) focused methodologies for teaching grammar, pronunciation, vocabulary, speaking and listening.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beginsels van die grammatika van die Franse taal. Inleiding tot professionele vertaling en tolking vir die aanleer van Frans as ’n vreemde taal.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent Capita selecta uit die Afrikaanse taalkunde Letterkundekomponent Afrikaanse prosa

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Editing principles and practice
    This module practises several basic language-editing skills on a variety of texts from different fields and of varying levels of complexity for specific target audiences. The principles of plain language editing are also introduced and strategies for overcoming textual complexity for given audiences are explored. Special attention is also given to the demands of editing South African English, client relations and the ethics of editing. Considerable practical work is required.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise en interpretasie en eiemaking van tekste uit bepaalde vakrigtings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise, interpretasie en eiemaking van relevante audiovisuele materiaal, fiktiewe en nie-fiktiewe tekste. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi-grammatika - Capita selecta Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; meer intensiewe bestudering van die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord (spesifiek afgeleide naamwoorde) en die werkwoord (spesifiek modale kategorieë en werkwoordagtervoegsels); ‘n inleiding tot die klankveranderinge / fonologie van Sepedi. Die verwerwing, inoefening en inskerping van gevorderde kommunikatiewe vaardighede binne ‘n groter aantal sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Woordeskat en die aanleer en gebruik van gevorderde taalstrukture word verder uitgebrei. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. Aandag word ook aan kulturele verskynsels gegee.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Duitse taalwetenskap. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beginsels van die teksgrammatika van die Duitse taal. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise en interpretasie van letterkundige tekste in kultuurhistoriese perspektief.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; meer intensiewe bestudering van die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord (spesifiek afgeleide naamwoorde) en die werkwoord (spesifiek modale kategorieë en werkwoordagtervoegsels); ‘n inleiding tot die klankveranderinge / fonologie van isiNdebele.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Mediaeval and Renaissance literature
    In this module students study the works of representative writers from Chaucer to Shakespeare and Milton. The general characteristics and techniques of these authors are discussed in relation to developments in aesthetic theory, generic conventions and socio-historical change.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beginsels van die grammatika van die Franse taal. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.1 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrikaanse poësie
    'n Keuse uit eietydse Nederlandstalige literatuur; analitiese teksondersoeke met aandag aan agtergrond- en resepsieaangeleenthede.
    Die Afrikaanse drama word binne die breër konteks van die Afrikaanse letterkunde geplaas.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Analise, interpretasie en eiemaking van letterkundige tekste in kultuurhistoriese per¬spektief. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak B2.2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu-grammatika - Capita Selecta Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; meer intensiewe bestudering van die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord (spesifiek afgeleide naamwoorde) en die werkwoord (spesifiek modale kategorieë en werkwoordagtervoegsels); ‘n inleiding tot die klankveranderinge/fonologie van isiZulu. Die verwerwing, inoefening en inskerping van gevorderde kommunikatiewe vaardighede binne ‘n groter aantal sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Woordeskat en die aanleer en gebruik van gevorderde taalstrukture word verder uitgebrei. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. Aandag word ook aan kulturele verskynsels gegee.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences