Jaarboeke

Program: MDietetics Dieetkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10259003 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180

Programinligting

Die magistergraad word toegeken op grond van ’n verhandeling (DEK 890) oor ’n goedgekeurde onderwerp gebaseer op navorsing.

Toelatingsvereistes

  • Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasie is minstens 'n erkende honneursgraad in Dieetkunde/Mensvoeding asook registrasie as dieetkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika 'n vereiste.
  • Minstens een jaar heeltydse praktiese ondervinding word vereis ná verwerwing van die kwalifikasie wat toelating tot die magisterstudie verleen.
  • Studente word op grond van vorige akademiese prestasie gekeur.

 

Addisionele vereistes

(TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 802 of ’n gelykwaardige module moet bevredigend bygewoon word.

Sien ook Algemene Regulasies.

Eksamens en slaagvereistes

Minstens 50% moet behaal word om die verhandeling te slaag.

Slaag met lof

Om die graad met lof te verwerf, moet minstens 75% vir die verhandeling behaal word.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences