Jaarboeke

Program: MMilMed Militêre Geneeskunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10255002 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 480

Toelatingsvereistes

Kandidate moet vir minstens twee jaar in besit wees van die MBChB-graad.

Sien ook Algemene Regulasies. Die eerste twee jaar behels deeltydse studie en die finale jaar 'n voltydse aanstelling as ’n kliniese assistent in die betrokke hoofdissipline.

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies. Die eerste twee jaar behels deeltydse studie en die finale jaar 'n voltydse aanstelling as ’n kliniese assistent in die betrokke hoofdissipline.

Eksamens en slaagvereistes

(i)      Die eksamens in die voorvereiste vakke word afgeneem in die volgorde soos bepaal deur die departementshoof binne wie se departement die hoofvak ressorteer.

(ii)     Die aard, duur en tyd van die eksamens word in medewerking met die hoofde van die departemente waaronder die voorvereiste vakke ressorteer, bepaal: Met dien verstande dat, behalwe in gevalle waar anders aangedui, die eksamens in die voorvereiste vakke enige tyd voor of gelyktydig met die hoofvak afgelê kan word.

(iii)    Minstens 50% as finale punt word vereis om in ’n vak te slaag.

(iv)    ’n Student mag hom of haar nie meer as twee keer vir die eksamen in ’n voorvereiste vak (tweede eksamens uitgesluit) en ook nie meer as twee keer vir die eksamen in die hoofvak aanmeld nie.

Tweede eksamens

Tweede eksamens kan eers minstens ses maande na afloop van die eksamen waarin die student gedruip het, afgelê word.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n finale punt van minstens 75% in die hoofvak behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences