Jaarboeke

Program: MSc Lugvaart- en Ruimtegeneeskunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10253252 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.62 word ’n vierjarige baccalaureusgraad of ’n honneursgraad vereis of in die geval van ’n driejarige baccalaureusgraad ook toepaslike praktiese (beroeps-) ervaring soos deur die Universiteit voorgeskryf plus enige ander addisionele werk wat die departements-hoof nodig mag ag: Met dien verstande dat die departementshoof die diskresie het om te oordeel of die voorvereiste kwalifikasie of die kwalifikasie plus beroepservaring vir toelating tot ’n spesifieke rigting aanvaarbaar sal wees.

Vir toelating tot die studierigting Lugvaart- en Ruimtegeneeskunde, word ’n honneursgraad in Lugvaart- en Ruimtegeneeskunde of ’n ander toepaslike honneursgraad vereis.

Alle MSc-studente moet vir die module (TNM 800) Toegepaste navorsings-metodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling mag verleen word indien die module reeds vir BScHons geslaag is.) Sien ook Algemene Regulasies.

 

 

Addisionele vereistes

Alle MSc-studente moet vir die module (TNM 802) Toegepaste navorsings-metodologie 802 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling mag verleen word indien die module reeds vir BScHons geslaag is.)

Sien ook Algemene Regulasies.

Ander programspesifieke inligting

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die Skool op aanbeveling van die departementshoof, 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk in buitengewone omstandighede goedkeur.

Eksamens en slaagvereistes

  1. Die minimum slaagpunt vir 'n module is 50%.
  2. Die voorgeskrewe modules moet onafhanklik van mekaar geslaag word.
  3. 'n Tweede eksamen in 'n module word deur die departementshoof gereël en word afgeneem binne 'n tydperk deur hom of haar bepaal.
  4. 'n Tweede eksamen word nie toegestaan in 'n module waarin minder as 40% behaal is nie. Sodanige module moet volledig herhaal word.
  5. 'n Student wat twee modules (of dieselfde module twee keer) gedruip het, mag slegs met sy of haar studie mag voortgaan met die goedkeuring van die Voorsitter van die Skool, op aanbeveling van die departementshoof.

Navorsing

Navorsingsprotokol
Ná registrasie, moet 'n student vir die MSc-graad 'n volledige navorsingsprotokol oor die beoogde verhandeling aan die Akademiese Advieskomitee van die Skool en indien nodig ook aan die Etiekkomitee vir goedkeuring voorlê.

Verhandeling
'n Verhandeling oor 'n goedgekeurde navorsingsprojek moet addisioneel tot die gedoseerde leergang geslaag word. Die bepalings van die Algemene Regulasies in verband met die voorbereiding en indiening, tegniese versorging en samevatting van 'n verhandeling, is van toepassing.

'n Sistematiese literatuuroorsig (Cochrane-tipe) oor 'n goedgekeurde onderwerp wat onderneem word op so 'n wyse dat subjektiwiteit geminimaliseer word, mag as alternatief vir die verhandeling in die toekenning van die MSc-graad aangebied word, op voorwaarde dat CLI 870 Beginsels van kliniese epidemiologie sukesevol voltooi is. Dit vereis onder andere 'n navorsingsprotokol met duidelik geformuleerde doelstellings en metodes. In- en uitsluitingsmetodes vir die studie moet bepaal word. Waar toepaslik, moet die data opgesom word (meta-analise), met toepaslike statistiese metodes.

Slaag met lof

Die gemiddelde punt van die modules, geweeg volgens die aantal krediete van elke individuele module, sal die finale punt (%) van die gedoseerde werk wees.

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die gedoseerde leergang, sowel as 'n finale punt van minstens 75% vir die verhandeling verwerf het.

Minimum krediete: 192

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences