Jaarboeke

Program: PGDip Gesondheidstelselsbestuur Algemene Bedryf

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10220002 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 120

Programinligting

'n Leergang bestaan uit voorgeskrewe modules en/of ’n navorsingsverslag en word in oorleg met die departementshoof of Voorsitter van die Skool saamgestel. Besonderhede oor die leergang en leerplanne verskyn in 'n brosjure wat op aanvraag van die Departement of die Skool verkrygbaar is.

Studente mag, met die goedkeuring van die Hoof van die Departement Openbare Gesondheidsgeneeskunde of die Voorsitter van die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid, gelyktydig vir Deel I en Deel II van 'n diploma wat oor twee jaar strek, registreer.

Toelatingsvereistes

Kandidate moet in die volgende gevalle eers as spesiale studente in die Fakulteit registreer ten einde 'n statuseksamen af te lê en te slaag:

  • 'n Driejarige baccalaureusgraad, met minder as vyf jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • 'n Vierjarige baccalaureusgraad, met minder as twee jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • Enige aansoeker in besit van 'n goedgekeurde baccalaureusgraad wat deur die Skool se Keurkomitee as geskik vir registrasie as ’n spesiale student beskou word.

Let wel:

  • Ingevolge die Senaatskriteria van die Universiteit, moet die aansoeke om toelating van alle sodanige kandidate, afgesien van enige Fakulteitskriteria, ook aan die Senaat van die Universiteit vir goedkeuring voorgelê word.
  • Alle kandidate wat vir nagraadse studie aanvaar word, (MPH of die nagraadse diplomas) moet in besit wees van ’n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes.

Addisionele vereistes

Registrasie as 'n spesiale student in die Fakulteit met die oog op die slaag van 'n statuseksamen

  1. Kandidate moet in die volgende gevalle eers as spesiale studente in die Fakulteit registreer ten einde 'n statuseksamen af te lê en te slaag:
  • 'n Driejarige baccalaureusgraad, met minder as vyf jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • 'n Vierjarige baccalaureusgraad, met minder as twee jaar toepaslike praktiese (werks-) ervaring; of
  • Enige aansoeker in besit van 'n goedgekeurde baccalaureusgraad wat deur die Skool se Keurkomitee as geskik vir registrasie as ’n spesiale student beskou word.

Let wel:
Ingevolge die Senaatskriteria van die Universiteit, moet die aansoeke om toelating van alle sodanige kandidate, afgesien van enige Fakulteitskriteria, ook aan die Senaat van die Universiteit vir goedkeuring voorgelê word.
Alle kandidate wat vir nagraadse studie aanvaar word, (MPH of die nagraadse diplomas) moet in besit wees van ’n Nasionale Senior Sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes.

  1. Slaagvereistes vir die statuseksamen
  • Minstens 60% moet in die statuseksamen behaal word.
  • Die statuseksamen word in Junie afgeneem.
  1. Die aansoek van ’n student wat die statuseksamen geslaag het, moet aan die Senaat van die Universiteit vir goedkeuring voorgelê word. Suksesvolle studente mag dan in die volgende akademiese jaar vir die graadprogram registreer.

Ander keuringskriteria
(Elk op ’n skaal van een tot vyf)

  • Akademiese meriete
  • Nasionale/Internasionale aanvraag vir openbare gesondheid
  • Onderverteenwoordigende groepe in openbare gesondheid
  • Openbare gesondheidsverwante werk
  • Besonderhede soos diensrekord, akademie, gemeenskapsbou, ens.

Eksamens en slaagvereistes

Studente moet alle lesings en praktika tot bevrediging van die Departementshoof of die Voorsitter van die Skool bywoon, alvorens hulle toelating tot die eksamen kan verkry en moet skriftelike, mondelinge en/of praktiese eksamens in al die modules aflê en slaag. Alle summatiewe assesserings vir die diplomaprogramme sal ekstern gemodereer word.

Die slaagpunt in voorgeskrewe modules en die summatiewe assessering  is minstens 50%.

'n Student wat twee modules of dieselfde module twee keer gedruip het, mag nie sy of haar studie vir ’n diploma voortsit nie, behalwe met die goedkeuring van die Voorsitter van die Skool, op aanbeveling van die Departementshoof.

'n Tweede eksamen in ’n module (insluitende die diplomaspesifieke summatiewe assessering) word in oorleg met die Departementshoof gereël.

Slaag met lof

Die diploma word met lof uitgereik aan 'n student wat 'n punt van minstens 75% vir die summatiewe assessering en 'n gemiddelde van minstens 75% vir al die ander vereiste modules vir die tersaaklike diploma behaal het.

Algemene inligting

Gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme

  1. Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies, (wat mutatis mutandis van toepassing is in die geval van nagraadse diplomastudie) word die toestemming van die Dekaan vereis vir gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme, en is dit onderhewig aan die regulasies van toepassing op die betrokke studierigtings, en enige ander bepalings wat die Dekaan mag voorskryf. Sodanige toestemming kan deur die Dekaan teruggetrek word indien die student nie bevredigend vorder nie – alle werkopdragte en kursuswerk moet betyds voltooi wees. Gelyktydige registrasie sal nie as verskoning aanvaar word vir onbevredigende vordering of vir keerdatums waarby nie gehou word nie, en dit geld vir beide studieprogramme.
  2. In die geval van gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme in die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid en elders, moet studente die skriftelike toestemming van beide die koördineerder van die huidige studieprogram, asook dié van die tweede studieprogram (of die spoorkoördineerder in die geval van die MPH) bekom, en dit tesame met ’n geskrewe motivering, aan die Skool se Akademiese Programkomitee voorlê, vir ’n aanbeveling deur die Voorsitter van die Skool, waarna die aansoek aan die Dekaan vir goedkeuring deurgestuur word.
  3. Die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid beskou gelyktydige registrasie vir twee studieprogramme as ’n voorreg en nie ’n reg nie.
  4. Daar moet jaarliks om gelyktydige registrasie aansoek gedoen word, en word toegestaan op grond van akademiese vordering in die eerste graad- of diplomaprogram. Indien die huidige studierigting 'n magistergraad is, mag die tweede studierigting 'n nagraadse diploma wees.
  5. Indien die huidige studierigting 'n nagraadse diploma is, mag die tweede studierigting 'n ander nagraadse diploma wees.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Executive/Emerging Leadership
    Participants will be required to write up a project which can consist of a Strategic Plan for Leadership at the workplace which they will be required to implement and monitor over a period of 6 months and then write up the strengths and weaknesses of whether this plan made a difference and to what extent they have been able to influence and change the approach of decision-making at their workplaces. A report from supervisors will be required and the project will include a literature review and a detailed analysis of what was achieved, what value-added difference the project made at the workplace, what were the sustainability factors built into the plan and how it had improved service delivery. The health leadership strategies that arise out of the project will be discussed and how its broader application can be implemented towards transforming healthcare delivery at district or hospital level.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    Special introduction to fundamentals in Executive Leadership in health
    The emerging student will be taught the fundamentals in executive leadership in healthcare systems which will form the basic platform or foundation for understanding the challenges for application of leadership modalities at the different levels of healthcare service delivery in the public health service and how to begin to think and analyse how the principles of executive leadership at their level of appointment can improve health service delivery.

    Sien meer

Keusemodules

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences