Jaarboeke

Program: MEd

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09250004 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Programinligting

Studente kan uit een van die volgende fokusareas kies:

  • Wetenskap-, wiskunde- en tegnologie-onderwys
  • Geesteswetenskaplike opvoedkunde
  • Vroeë kinderonderwys
  • Onderwysbestuur en -beleidstudies

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.30 tot G.62 kan ’n kandidaat toegelaat word indien hy/sy voldoen aan die volgende vereistes:

  • ’n BEdHons-graad BEd (Nagraads); of
  •  ’n toepaslike honneursgraad en ’n onderwysdiploma; en
  •  ’n gemiddelde van 60% in die honneurs- of verwante eksamen behaal het.

Die Senaat kan:

  •  ’n gegradueerde van ’n ander universiteit (hetsy in Suid-Afrika of elders) tot ’n status aan die Universiteit toelaat wat gelykstaande is aan die status wat hy of sy aan so ’n ander universiteit geniet;
  •  ’n persoon wat aan ’n ander universiteit of inrigting (hetsy in Suid-Afrika of elders) geslaag het in eksamens wat na die oordeel van die Senaat gelykwaardig is aan of hoër is as die eksamens wat voorgeskryf is vir ’n graad aan die Universiteit wat ’n voorvereiste is vir toelating tot ’n bepaalde nagraadse studieprogram of vir die toelating van so ’n persoon as navorsingstudent; of
  •  ’n persoon wat op ’n ander wyse ’n standaard van bekwaamheid bereik het wat na die oordeel van die Senaat vir die doeleindes van nagraadse studie of navorsing aan die Universiteit toereikend is as student vir ’n nagraadse graad of sertifikaat toelaat.

 

Addisionele vereistes

Alle aansoeke is onderworpe aan keuring. Die keuring is gebaseer op:

  • Voldoening aan die minimum toelatingsvereistes;
  • Vorige akademiese prestasies;
  • Toepaslike akademiese en/of onderwyservaring;
  • Beskikbaarheid van leiding vir die voorgekrewe navorsingsprojek;
  • Bewese akademiese potensiaal, wat akademiese kommunikasie en rekenaarvaardighede insluit;
  • 'n Onderhoud kan ook addisioneel vereis word;
  • Die registrasie by professionele rade;
  • Finale diskresie lê by die Departementshoof.

Ander programspesifieke inligting

  • Hernuwing van registrasie na die tweejaartydperk word slegs onder buiten-gewone omstandighede toegelaat, in welke geval die departementshoof goedkeuring mag verleen vir 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk, volgens die vasgestelde prosedures.
  • Studente word twee geleenthede gebied om NMQ 800 te slaag. Onsuksesvolle kandidate sal nie toegelaat word om met die program voort te gaan nie;
  • Hierdie vereiste is van toepassing op beide die gedoseerde sowel as die suiwer navorsingsmagistergrade.

Navorsing

Alle magisterstudente moet 'n verhandeling of 'n miniverhandeling indien, en moet Navorsingsvoorstel (NMQ 800) slaag. Vir die MEd-graad met verhandeling, moet studente 'n verhandeling wat handel oor ’n onderwerp wat deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedgekeur is, voorlê nadat ’n volledige navorsingsvoorstel goedgekeur is. ’n Literatuurstudie is nie aanvaarbaar nie.

  • Een publiseerbare artikel gebaseer op die navorsing wat die student vir die verhandeling of miniverhandeling gedoen het en wat deur die leier goedgekeur is, moet ingedien word. Die toekenning van die graad is onderhewig aan die nakoming van hierdie vereiste. Die artikel moet voor 15 Februarie vir die Herfspromosieplegtighede en voor 15 Julie vir die Lentepromosieplegtighede by die Studenteadministrasie ingedien word.
  • Benewens die eksemplare van die verhandeling waarna hierbo verwys word, moet elke suksesvolle student een gebinde papiereksemplaar en twee elektroniese kopieë van die goedgekeurde miniverhandeling/verhandeling by die Hoof: Studenteadministrasie indien in die formaat soos deur die fakulteit gespesifiseer en in ooreenstemming met die minimum spesifikasies wat deur die Departement Biblioteekdienste gestel is, voor 15 Februarie vir die Herfspromosieplegtighede en voor 15 Julie vir die Lentepromosieplegtighede by gebreke waarvan die graad eers by ’n daaropvolgende reeks plegtighede toegeken sal word. Die spesifikasie is beskikbaar by:
  • http://upetd.up.ac.za/authors/publish/standards.htm#specs).
  • Alle studente moet tydens die eerste jaar van registrasie ’n navorsingsvoorstel indien en suksesvol verdedig voor 'n eksamineringspaneel wat deur die Dekaan, in oorleg met die betrokke Departementshoof, Studieleier en Navorsingskoördineerder aangewys word, alvorens daar met die navorsing 'n aanvang geneem kan word.
  • Studente moet by die departementshoof en Etiekkomitee om etiese klaring aansoek doen en slegs met veldwerk begin wanneer die aansoek om etiese klaring deur die Etiekkomitee goedgekeur is.
  • Studente moet jaarliks 'n vorderingsverslag oor die navorsing aan die studieleier voorlê. Voortgesette herregistrasie is onderworpe aan bevredigende jaarlikse vordering.
  • Alle studente moet die navorsingsontwikkelingsessies oor kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing op meestersvlak bywoon.

Slaag met lof

Die MEd-graad word met lof toegeken aan 'n student wat minstens 75% in die verhandeling behaal het.

Minimum krediete: 180

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Ontwikkeling van 'n navorsingsvoorstel. Navorsingsmetodologie. Oorsig en beginsels van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes. Datainsamelingstegnieke, data analise metodes, paradigm-analieses en teoretiese raamwerke vir opvoedkundige studies. Globale teoretiese perspektiewe in Opvoedkunde.

    Sien meer

Kernmodules

Minimum krediete: 180

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Ontwikkeling van 'n navorsingsvoorstel. Navorsingsmetodologie. Oorsig en beginsels van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes. Datainsamelingstegnieke, data analise metodes, paradigm-analieses en teoretiese raamwerke vir opvoedkundige studies. Globale teoretiese perspektiewe in Opvoedkunde.

    Sien meer

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences