Jaarboeke

Program: BEd Grondslagfase-onderwys

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09133011 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 680

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  • Voornemende studente met ‘n TPT van 26-29 moet die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) aflê. Finale toelating sal deur die Toelatingskomitee van die Fakulteit bepaal word, afhangende van die uitslag van die NBT.
  • Sodra kandidate tot die BEd-graad toegelaat is, sal hulle in kennis gestel word dat hulle in Januarie van die volgende jaar by die Universiteit moet registreer. Dit is in ‘n voornemende student se eie belang om so spoedig moontlik aansoek te doen, veral met betrekking tot finansiële bystand en/of koshuisverblyf.

 

 
Minimum vereistes 
Prestasievlak TPT
Afrikaans of Engels
NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level

4

3

D

D

30
(26-29 toelating
gebaseer op
die NBT)

 

 

Ander programspesifieke inligting

Modulebeskrywing

Modulekode

 
 

Fundamentele modules

 

Akademiese Inligtingbestuur

AIM 101 of

 

AIM 111, 121

 

Geletterdhede vir die onderwys

JLZ 110, 120 of

 

JLZ 111, 121

 

Noodhulp

JNH 454

 

Kernmodules

 

Opvoedkunde

OPV 112, 122

 

OPV 212, 222

 

OPV 312, 322

 

Geletterdhede vir die onderwys

JLZ 300

 

Navorsingsprojek

JNM 461, 464

 

Praktiese onderwys

PRO 280

PRO 380

PRO 452, 453

 

Gesondheid en veiligheid

JGV 210

 

Grondslagfase wiskunde

 

JGS 121

JGS 211

JGS 212

 

Geletterdheidspraktyke

 

JGL 110

JGL 200

JGL 311

JGL 461

JGL 464

 

Menslike bewegingstudies

JMB 124

 

Leerondersteuning

JLD 220

 

VKO-studies

JVK 130

 

Professionele praktyk

 

JFP 111

JFP 451

 

Kunste en kultuur

JLK 110, 120

 

NW en tegnologie

JST 320    

 

Lewensvaardigheidsprogram

JLP 220

 

Metodiek van leerondersteuning

JMD 351

 

VKO-studies of

Leerondersteuning

JVK 400 of

JLD 400

 

Keusemodules

Een van die volgende Afrikatale moet op eerste-jaarsvlak gekies word en tot op tweedejaarsvlak geneem word.

 

IsiZulu

Vir beginners:

ZUL 110, 120

ZUL 210, 220

Vir IsiZulu as huistaal of 1ste of 2de addisionele taal:

ZUL 111, AFT 121

ZUL 211, AFT 220

 

Sepedi

Vir beginners:

SEP 110, 120

SEP 210, 220

Vir Sepedi as huistaal of 1ste of 2de addisionele taal:

SEP 111, AFT 121

SEP 211, AFT 220

 

Setswana

Vir beginners:

STW 110, STW 120

STW 210, STW 220

Vir Setswana as huistaal of 1ste of 2de addisionele taal:

STW 111, AFT 121

STW 211, AFT 220

 

IsiNdebele (Slegs vir huistaal sprekers van isiNdebele of eerste of tweede addisionele taal)

NDE 110, AFT 121

NDE 210, AFT 220

 

 

 

 

 

 

Klasbywoning
Die onderwysersopleidingsprogramme van die Fakulteit Opvoedkunde is deur die Departement van Onderwys goedgekeur en geakkrediteer. Omdat die Fakulteit 'n hoë premie op die ontwikkeling van vaardighede en bekwaamhede plaas, is klasbywoning verpligtend vir onderwysstudente vir die volle duur van die opleidingsperiode soos deur SAQA (Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid) gespesifiseer.

Programaanbieding
Die NGSO bestaan uit 'n universiteitsgebaseerde leerkomponent (UBL) en 'n skoolgebaseerde leerkomponent (SBL). Die UBL-komponent word in die vorm van leerwinkels aangebied waartydens die studente 'n praktykteorie van en vir onderwys konstrueer. Vir die doel van die SBL-komponent word studente in twee vennootskapskole met verskillende samestellings vir 6 weke elk (12 weke in totaal) geplaas, waartydens hulle in die onderwyspraktyk betrokke raak terwyl hulle deur gekwalifiseerde mentoronderwysers en universiteitsmentordosente ondersteun en geassesseer word.

Eksamens en slaagvereistes

Spesiale eksamens

  • 'n Derdejaarstudent wat 'n maksimum van vier semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het, maar ’n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir bevordering tot die vierde jaar voldoen.
  • ’n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van 4 semestermodules of die ekwivalent daarvan benodig om sy of haar graad te voltooi, met 'n finale punt van 40% in elk, mag in Januarie van die volgende jaar tot 'n spesiale eksamen toegelaat word. Indien die eksamen voor 1 Februarie afgelê word, hoef die student nie weer te registreer nie en word die eksamen soos ’n hereksamen hanteer. Indien die spesiale eksamen op of na 1 Februarie afgelê word, moet die student weer vir die betrokke module(s) registreer en mag die dosent vereis dat 'n semesterpunt op 'n geskikte wyse behaal word. In so 'n geval sal die uitslag van die eksamen nie oorweeg word vir die gradeplegtighede in Maart/April nie.

Slaag met lof

Ten einde die graad met lof te verwerf moet 'n student 'n algehele geweegde gemiddeld (GPA) van 75 % of hoër behaal in die BEd-program, met die voorwaarde dat die graad in die voorgeskrewe tydperk van 4 jaar voltooi word.

Minimum krediete: 170

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Die module sluit aan by studente se persoonlike geletterdhede en bring  dit in verband met die tipes geletterdheid wat hulle nodig het om suksesvol aan die Universiteit te studeer. Die primêre fokus van die module is die student se leesvaardighede, wat insluit leesstrategieë, die verwerwing van ’n akademiese woordeskat en die vermoë om belangrike akademiese genres krities te lees, soos eksamenvraestelle en akademiese artikels.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module sluit aan by studente se persoonlike geletterdhede en lê verbande met die tipes geletterdheid wat hulle nodig het om suksesvol aan die Universiteit te studeer. Die primêre fokus van die module is die student se leesvaardighede, wat insluit leesstrategieë, die verwerwing van ’n akademiese woordeskat en die vermoë om belangrike akademiese genres krities te lees, soos byvoorbeeld eksamenvraestelle en akademiese artikels. Addisionele ondersteuning word gebied deur praktiese oefeninge en besprekings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die produksie van akademiese tekste. Studente leer om verskillende skryfmodusse te gebruik, bv. beskrywing, bespreking, oorsaak en gevolg, verduideliking en argumentasie. Die hooffokus is op die beplanning, skryf en redigeer van ’n akademiese essay deur van die prosesbenadering gebruik te maak. Spesifieke aandag word geskenk aan die “gesprek” met ander outeurs en die gebruik van verwysingstegnieke. Die module skenk ook aandag aan die formatering van akademiese tekste en die weergawe van verbale gegewens in die vorm van tabelle en grafieke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die produksie van akademiese tekste. Studente leer om verskillende skryfmodusse te gebruik, bv beskrywing, bespreking, oorsaak en gevolg, verduideliking en argumentasie. Die hooffokus is op die beplanning, skryf en redigeer van ’n akademiese essay deur van die prosesbenadering gebruik te maak. Spesifieke aandag word geskenk aan die “gesprek” met ander outeurs en die gebruik van verwysingstegnieke. Die module skenk ook aandag aan die formatering van akademiese tekste en die weergawe van verbale gegewens in die vorm van tabelle en grafieke. Addisionele ondersteuning word gebied deur praktiese oefeninge en besprekings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die module rus die student toe met die nodige kennis, vaardighede, houding en waardes om vroeë geletterdhed aan die jong leerder te fasiliteer. Dit geskied deur die gebruik van kinderliteratuur. Die fasilitering van vroeë geletterdhed is deel van die taalontwikkeling van die 0-9 jaar, kind.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die ontwerp en ontwikkelling van onderrigvaardighede, strategieë, hulpbronne en materiaal. Om die ontwerp en ontwikkeling van onderrigvaardighede, strategieë, hulpbronne en materiaal te ontwikkel. Om die studenteonderwyser se eie handskrif- en skryfbordvaardighede te ontwikkel sodat hul die leerders kan ondersteun in die ontwikkeling van hulle handskrif. Om die student voor te berei om keuses te maak, te beplan en voor te berei vir die gebruik van media in die leeromgewing, wat die leerders se perseptuele vaardighede, kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede sal ontwikkel. Hierdie module vorm die grondslag van die 4de jaar module JFP 451.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studente word toegerus met onderwysvaardighede om groep musiekmaak-aktiwiteite met kinders in die grondslagfase te fasiliteer. Drie komponente word in hierdie program geanaliseer: basiese kennis (musiekkonsepte en teoretiese inhoud); musiekvaardighede (sing, instrumentale spel, luister, beweging, toepassing van musieknotasie en kreatiwiteit; en didaktiese vaardighede. Die waarde van musiek in 'n kultureel diverse samelewing word beklemtoon.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op kinder-ontwikkeling en leer. Benewens die onderliggende beginsels van ontwikkeling-sielkunde en ontwikkelingsteorieë, word kinderontwikkeling bespreek in terme van fisieke groei en motoriese ontwikkeling; perseptuele, kognitiewe en taalontwikkeling; emosionele ontwikkeling; sosiale ontwikkeling en morele ontwikkeling. ‘n Inleiding tot patologie in ontwikkeling word ook verskaf. Wat leer betref, fokus die module op die beginsels van leer, leerteorieë en hindernisse tot leer. Hierbenewens word skoolleer bespreek in terme van leer, lees en studievaardighede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beplanning, implementering en evaluering van die Vroeëkinderontwikkelingkurrikulum sodat leer en ontwikkeling in die vroeë kinderjare bevorder kan word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word studente gelei om kennis, vaardighede en gesindhede te ontwikkel aangaande die komplekse politieke, professionele, historiese en kulturele aspekte van onderwys. Geselekteerde temas rakende die Suid-Afrikaanse onderwys word bestudeer sodat studente krities kan besin oor hulle rol as betrokke, professionele opvoeders in die hedendaagse onderwys.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word studente begelei om verskillende metodes te ondersoek waarvolgens kreatiwiteit in die klaskamer gestimuleer kan word. Hulle word bekend gestel aan basiese kunsvaardighede en -prosesse wat in die Grondslagfase gebruik kan word . Die module laat studente toe om vrye teuels te gee aan hulle kreatiewe denkvaardighede deur gebruik te maak van verskeie kunsmedia en -prosesse, terwyl hulle ondersteun word deur teoretiese lesings en praktiese demonstrasies. ‘n Praktiese portefeulje word deur elke student saamgestel, wat voorbeelde bevat van kunswerke en teoretiese navorsing. Die portefeulje dien as ‘n handleiding vir toekomstige verwysing in die klaskamer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die fasilitering en bemeestering van die vroeë wiskunde pedagogiek (vir kinders 0-6 jaar).

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module stel die student in staat om deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en fisiese ontwikkeling bevorder. Kreatiewe beweging op die maat van musiek om ritme en danspatrone te bevorder is deel van die verskillende maniere wat 'n leerder gebruik om verskillende liggaamsdele te ontdek. Verskillende motoriese ontwikkeling word ondersoek- motoriese vaardighede, liggaamsbewustheid en perseptueel-motoriese vaardighede. Bewegingsvaardighede in vroeë kinderontwikkeling gebruik 'n kombinasie van liggaamsdele om te beweeg, draai, swaai en te balanseer met of sonder apparaat. Die klem word gelê op ruimtelike orientasie, kinetiese persepsie, spierkrag en stamina. Dit sluit in die gooi, slaan, vang, rol en hop van balle of soortgelyke apparaat. Bewegingsaktiwiteite sluit ook speletjies in wat hardloop, jaag en koes bevorder.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners.

    Die verwerwing van basiese kommunikatiewe vaardighede in Setswana waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van Sepedi as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos ‘n inleiding tot literêre begrippe soos literêre teks(te), onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die analise van geselekteerde kortverhale.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Setswana - kommunikasie en grammatika 
    Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van Setswana as huistaal of eerste of tweede addisionele taal.
    Aspekte van die grammatika van Setswana soos ’n inleiding tot die woordkategorieë; ’n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

Minimum krediete: 170

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie is ‘n amptelike voltydse module waar studente blootgestel word aan die professionele skoolomgewing gedurende drie weke in die begin van die skooljaar. Die fokus is op waarneming van die algemene klaskamerpraktyk, skooladministrasie, buitemuurse-aktiwiteite en die optrede as verantwoordelike gemeenskapsburgers in die skoolomgewing en studente moet ook ‘n professionele portefeulje voorberei. Die module behels ‘n waarnemingstaak, asook ‘n refleksie op die ondervinding met die aangewese  onderwysers.  Plasings vir die module kan by skole buite die Pretoria omgewing wees.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Ondersteunende leeromgewings: Teoretiese benaderings tot leeromgewings (bio-ekologiese en bate-gebaseerde benaderings, inheemse kennisstelsels, oplossingsgeoriënteerde intervensie en “appreciate inquiry”); skoolgebaseerde ondersteuning in terme van Insluitende Onderwys, heel-skoolbenadering, die ondersteunende rol van die onderwyser en die welstand van die kind; gemeenskapsgebaseerde ondersteuning in die vorm van gemeenskapsbetrokkenheid en gemeenskapsonderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om die student toe te rus met kennis i.v.m. inklusiewe onderwys in Suid-Afrika. Ons fokus op die oorsake van leerhindernisse, vaardighede wat ‘n onderwyser benodig ten einde leerders met leerhindernisse te kan ondersteun, sowel as die akkommodering van hierdie leerders in die klaskamer. Die oorsake van leerhindernisse word ondersoek en ons onderskei tussen intrinsieke en ekstrinsieke oorsake van leerprobleme. Multidisiplinêre en sistemiese benaderings word bekendgestel. Die gesin as primêre opvoedingsinstelling word bespreek, sowel as die effek van verskillende opvoedingstyle en opvoedingsfoute op die ontwikkeling en akademiese vordering van die kind.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module het 'n holistiese benadering tot die aspekte van gesondheid, veiligheid en voeding van die jong kind, insluitend kennis oor HIV/Vigs. Dit is 'n kennisveld wat studente sal toerus met die nodige kennis, vaardighede, waardes en houdings wat benodig word om 'n veilige omgewing te skep waarin die jong kind kan groei en ontwikkel. Die hooffokus van die kennisveld is die Leerarea van Lewensoriëntering wat deel vorm van die Lewensvaardighede leerprogram in Vroeë Kinderontwikkeling in Onderwys (VKO).

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van die kursus is die ontwikkeling van ‘n dieper begrip van die kritiese elemente van wiskunde, insluitend die stelsel van telgetalle en hulle eienskappe, asook die vier getal-bewerkings.  Die oorgang na die rasionale getalstelsel en sy eienskappe word ondersoek, en aandag word gegee aan bewerkings met rasionale getalle. Getalpatrone en verwantskappe tussen getalle word onderstoek ter wille van die ontwikkeling van ‘n gemakliker vloei van wiskundige berekenings. Aandag word gegee aan verskeie wyses van voorstelling van wiskundige begrippe deur prentjies,  woorde, simbole en diagramme. Die ontwikkeling van die ander hoof-temas in wiskunde, naamlik meting, meetkunde, statistiek en waarskynlikheid word ondersoek met die doel om insig te verkry in  wyses waarop dit onderrig en geleer kan word. Daar word deurlopend aandag gegee aan probleem-oplossing en algebraïese denke. Die metodologie van die kursus sluit in praktiese aktiwiteite waardeur studente se selfvertroue en toerusting vir die klaskamer praktyk bevorder word. Hoewel aandag gegee word aan toepassings van begrippe binne die Grondslagfase, is hierdie uitkoms nie sentraal in die kursus nie.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die fasilitering en bemeestering van die grondslagfase wiskunde pedagogiek (grade 1-3).

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Lewensvaardighede is sentraal tot die holistiese ontwikkeling van leerders. Dit het te make met die sosiale, intellektuele, emosionele en fisiese groei van leerders, en hoe hierdie dimensies geïntegreer word. Die module Lewensvaardighede fokus op die persoonlike en sosiale ontwikkeling van die kind. Sosiale studies as komponent word ook aangespreek en fokus op die kind as burger asook die verhouding tussen die kind en sy omgewing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kurrikulum in die klaskamer: Hierdie module spreek vier komponente aan wat direk met onderrig en leer in die klaskamer verband hou. Die eerste eenheid handel oor die begronding van die kurrikulum en dek werk gedoen deur Rousseau, Pestalozzi, Montessori, Gandhi, Steiner, Dewey, Piaget, Vygotsky, Illich, Freire en Lakoff. Eenheid twee handel oor kurrikulumontwerp en -ontwikkeling, en fokus ook op die organisering van kennis deur opvoedkundige taksonomieë. Die laaste twee eenhede dek onderrigstrategieë, asook aangeleenthede wat met klaskamertoetsing en -assessering verband hou.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bied 'n inleiding tot taal en geletterdhede en beklemtoon die belangrikheid hiervan vir die leerproses. Daar is 'n verskeidenheid van temas wat fokus op die onderrrig en aanleer van basiese kommunikatiewe vaardighede, met klem op skryfvaardigheid en kinderlektuur. Die moduleinhoud rus voornemende onderwysers toe om jong leerders se taalontwikkeling te stimuleer sodat hulle met selfvertroue in ten minste twee tale sal kan leer en kommunikeer.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die Sepedi-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van Setswana soos ’n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ’n inleiding tot die Setswana-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. Sepedi - lees en skryf Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ‘n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ‘n redelik uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ‘n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei in die gebruik van die woordeboek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie, grammatika, lees en skryf. Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ‘n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die Sepedi klankleer / fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ‘n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die isiZulu-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Setswana – kommunikasie en grammatika
    Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog.
    Setswana – lees en skryf
    Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ’n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ’n redelik
    uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ’n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei
    in die gebruik van die woordeboek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. isiZulu - lees en skryf Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ‘n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ‘n redelik uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ‘n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei in die gebruik van die woordeboek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die isiNdebele-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Setswana – kommunikasie, grammatika, lees en skryf
    Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende,
    idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ’n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die Setswana-klankleer/fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ’n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos die voortsetting van die studie van konsepte soos teks, onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die studie van intrige en styl; die kritiese ontleding van ‘n roman/novelle.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie, grammatika, lees en skryf Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ‘n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die isiZulu- klankleer/fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ‘n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.

    Sien meer

Minimum krediete: 170

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Om insig te verkry van die globale konteks van die klaskamer, leerders en idees wat onderrig word, asook die plaaslike wêreld en land waarin die klaskamer, leerders en skool geleë is. Diversiteit en sosiale geregverdigheid en die belangrikheid daarvan in die plaaslike en internasionale konteks, asook die belangrikheid daarvan vir onderrig en leer word ondersoek. Deur individuele - en groepsopdragte, word studente ingelig om die ooreenstemmende temas van globalisering, die plek van die nasionale staat en die plek daarvan in die streeks- en globale wêreld, en die rol van tegnologie en die media in die globalisering van opvoedkunde, te verstaan. Belangrike sosiale, politieke, historiese en ekonomiese faktore wat die klaskamer beinvloed, word ook ondersoek. Studente versamel, organsieer en evalueer inligting krities, waardeer die waarde van diversiteit in verskeie sosiale kontekste; gebruik probleemoplossingsvaardighede vir leeropdragte, en kommunikeer effektiewe idees in groepsopdragte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module handel oor die inhoud en die toepassing van die Handves van Menseregte in die daarstelling van veilige en gedissiplineerde klaskamers. Die tweede tema handel oor klaskamerbestuur deur die stigting van verhoudings, deelnemende besluitneming, effektiewe beplanning en monitering, motivering en kommunikasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie is ‘n voltydse module, waartydens studente blootgestel word aan die professionele skoolomgewing onder toesig van ‘n mentoronderwyser vir ‘n periode van drie weke aan die begin van die skooljaar. Die fokus is op algemene klaskamerpraktyk, skooladministrasie, buitemuurse - aktiwiteite en die optrede as verantwoordelike gemeenskapsburgers in die skoolomgewing. Die studente moet ook ‘n professionele portefeulje  saamstel en ‘n vasgestelde aantal lesse voorberei en fasiliteer  wat deur die betrokke skool geassesseer sal word. Plasings vir die module kan in skole buite die Pretoria omgewing geskied.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Leerinhoud van die leerarea: Natuurwetenskappe en tegnologie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die praktiese toepassing van die teorie wat verwerf is in die tweede jaar geletterdheidspraktyke module (JGL 200). In hierdie module word die lees en skryf vaardighede van grade 1-3 leerders in hulle huistaalonderrig.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module poog om die student toe te rus met die noodsaaklike kommunikatiewe en klaskamergeletterdhede om as 'n professionele persoon in die onderwysberoep suksesvol te kan wees. Studente sal bewys lewer daarvan dat hulle die teoretiese grondslag sowel as die implementeringsstrategieë ten opsigte van gesproke en geskrewe kommunikasie binne 'n opvoedkundige konteks verstaan. Die ontwikkeling van 'n kritiese bewuswording van taal as 'n subjektiewe, nie-neutrale instrument van kennisoordrag sal ook ingeskerp word. 'n Oorsig van die linguistiese diversiteit in die meeste Suid Afrikaanse klaskamers sal die voornemende onderwyser bemagtig met 'n strategie om effektief met multitaligheid in 'n kultureel-diverse opvoedkundige omgewing om te gaan. Studente sal ook hul persoonlike taalprofiel verbeter deur kennis van toepaslike woorde en frases in 'n Afrikataal te verwerf met die oog op klaskamerfasilitering en -bestuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op die leergereedheid van die skoolbeginner, insluitende fisiese, intellektuele, perseptuele, emosionele en sosiale gereedheid, sowel as die leerprobleme wat kan ontstaan as gevolg van ‘n gebrek aan leergereedheid. Die kennis en vaardighede wat verwerf word, sal die student voorberei vir JLD 400 wat sal fokus op die vroeë identifisering van leerprobleme en intervensie in die Grondslagfase.

    Sien meer

Minimum krediete: 170

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Temas om studente vir die professionele praktyk voor te berei. Skool verwagtinge. Etiek, professionele voorkoms, assesseringsraamwerke; hou van rekords; dissipline. Rol en organisering van ekstra-kurrikulêre aktiwiteite. Hantering van noodgevalle.

     

     

     

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die module ontwikkel ‘n teoretiese en praktiese verwysingsraamwerk van die navorsingsveld en ‘n inleiding  vir studente tot die versameling van inligting en die identifisering en formulering van ‘n navorsingsprobleem. Navorsingsetiek, asook kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings, asook die beginsels van aksienavorsing word aangespreek. ‘n Navorsingsvoorstel en plan word ontwikkel en assesseer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie is ‘n amptelike voltydse module, waar studente blootgestel word aan die professionele skoolomgewing onder die mentorskap van ‘n ervare onderwyser, asook ‘n ervare mentor dosent vir ‘n periode van 8 weke in die tweede kwartaal  van die skooljaar. Die fokus is op algemene klaskamerpraktyk, skooladministrasie, buitemuurse - aktiwiteite en die optrede as verantwoordelike gemeenskapsburgers in die skoolomgewing. Die studente moet ook ‘n professionele portefeulje  voorberei en ‘n vasgestelde aantal lesse  voorberei  en fasiliteer wat deur die betrokke skool en die aangewese mentor dosent  formeel geassesseer sal word. Plasings vir die module kan slegs in skole in die Pretoria omgewing geskied. Ondersteunende mikro- onderrigklasse sal vooraf, gedurende en na die aanbieding van Praktiese Onderwys PRO 452 geskied.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module sal fokus op die vroeë identifisering van leerprobleme, diagnostiese assessering om die onderliggende oorsake te bepaal, asook intervensietegnieke vir die suksesvolle hantering van leerhindernisse in die grondslagfase. Die student sal leer hoe om die kurrikulum aan te pas vir leerders wat probleme ondervind met taal sowel as Wiskunde en hoe om hierdie leerders te ondersteun in die verwerwing van 'n positiewe selfbeeld, deur leergeleenthede te skep waartydens die leerders sukses kan ervaar en sodoende in hulle eie vermoëns kan glo.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ontwerp om student-onderwysers se begrip en kennis van teorieë, benaderings en uitdagings rakende vroeë kinderonderwys vir kinders vanaf geboorte tot ses jaar te ontwikkel. In hierdie module verken en inkorporeer student-onderwysers die belangrikheid van kulture en kontekste in verskillende vroeë kinderontwikkelingsentrums. Die program het dus ten doel om 'n bewustheid te kweek van die positiewe, langtermynimpak van kwaliteitonderwys gedurende die vroeë jare. Student-onderwysers sal ook toegerus word om bevoegde, ingeligte, reflektiewe en toegewyde onderwysers te wees wat die holistiese ontwikkeling en leer van jong kinders bevorder.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie is ‘n amptelike voltydse module, waar studente blootgestel word aan die professionele skoolomgewing onder die mentorskap van ‘n ervare mentor onderwyser, asook ‘n ervare mentor dosent vir ‘n periode van 8 weke in die derde kwartaal  van die skooljaar. Die fokus is op algemene klaskamerpraktyk, skooladministrasie, buitemuurse - aktiwiteite en die optrede as verantwoordelike gemeenskapsburgers in die skoolomgewing. Die studente moet ook ‘n professionele portefeulje voorberei en ‘n vasgestelde aantal lesse fasiliteer wat deur die betrokke skool geassesseer sal word. Die professionele portefeulje word deur die toegewysde mentor dosente geassesseer.  Plasings vir die module kan in skole nasionaal of internasionaal geskied. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module sal studente toerus met vaardighede en kennis om Engels as addisionele taal in die grondslagfase te onderrig. Die student sal die vaardigheid aanleer om Engels as taalstruktuur te gebruik en te onderrig. Aandag word ook aan grammatika en literatuur in die verband gegee.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module behels die praktiese implementering van die teorie van die navorsingsprojek. Navorsingskontekste kan werkintegreerde leer en gemeenskapsfokus insluit. Navorsing geskied volgens die voorstel in JNM 461, en ‘n navorsingsverslag word deur die student  opgestel onder leiding van ‘n studieleier. Die verslag word assesseer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om studente se vaardigheid grondslagfase-praktyk te ontwikkel. Die doel met hierdie module is om studente voor te berei om effektiewe klaskamerpraktyk in die grondslagfase te implementeer. Die module fokus op aspekte soos beplanning en assessering, die daarstel van ‘n omgewing wat leer aanmoedig, innoverende onderrigstrategieë, en klaskamerbestuur.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die taalvaardigheid om in Afrikaans as ‘n addisionele taal in die grondslagfase te onderrig. Die student sal die vaardigheid aanleer om Afrikaans te gebruik. Die aanbieding van die module sal gedoen word deur die gebruik van Afrikaanse kinderliteratuur soos stories en poësie.

     

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences