Jaarboeke

Program: BEd Vroeë Kinderontwikkeling- en Grondslagfase

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09133010 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 680

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating orweeg word: 'n kandidaat wat oor 'n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Gr12- sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; 'n kandidaat wat 'n gegradueerde van 'n ander tersiêre instelling is of die status van 'n gegradueerde van so 'n instelling geniet;en 'n kandidaat wat 'n gegradueerde van 'n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  •  Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  •  Voornemende studente met 'n TPT van 26-29 moet die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) aflê. Finale toelating sal deur die Toelatingskomitee van die Fakulteit bepaal word afhangende van die uitslag van die NBT.
  • Sodra kandidate tot die BEd-graad toegelaat is sal hulle in kennis gestel word dat hulle in Januarie van die volgende jaar by die Universiteit moet registreer.  Dit is in ? voornemende student se eie belang om so spoedig moontlik aansoek te doen, veral met betrekking tot finansiële bystand en/of koshuisverblyf.
 
Minimum vereistes vir 2017
Prestasievlak TPT
Afrikaans of Engels
NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level

4


 

3


 

D


 

D


 

30

(26-29 toelating op
grond van die NBT)

 

 

Ander programspesifieke inligting

IsiZulu vir beginners: ZUL 110, 120 en ZUL 210, 220

Vir IsiZulu as huistaal of 1ste of 2de addisionele taal: ZUL 111, AFT 121 en ZUL 211, AFT 220

Sepedi vir beginners: SEP 110, 120 en SEP 210, 220

Vir Sepedi as huistaal of 1ste of 2de addisionele taal: SEP 111, AFT 121 en SEP 211, AFT 220

Setswana vir beginners: STW 110, 120 en STW 210, 220

Vir Setswana as huistaal of 1ste of 2de addisionele taal: STW 111, AFT 121 en STW 211, AFT 220

IsiNdebele is slegs vir huistaal sprekers van isiNdebele of eerste of tweede addisionele taal): NDE 110, AFT 121 en

 

Keusemodules

Kies 1 op eerstejaarsvlak wat tot op tweedejaarsvlak geneem moet word.

Die keusemodule op eerstejaarsvlak sal eers in die tweede akademiese jaar gekies word en dan in die derde akademiese jaar afgehandel word.

Modules word volgens die klasrooster gekies. GEEN ROOSTERBOTSINGS WORD TOEGELAAT NIE.

 

 

 

Klasbywoning
Die onderwysersopleidingsprogramme van die Fakulteit Opvoedkunde is deur die Departement van Onderwys goedgekeur en geakkrediteer. Omdat die Fakulteit 'n hoë premie op die ontwikkeling van vaardighede en bekwaamhede plaas, is klasbywoning verpligtend vir onderwysstudente vir die volle duur van die opleidingsperiode soos deur SAQA (Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid) gespesifiseer.

Programaanbieding
Die NGSO bestaan uit 'n universiteitsgebaseerde leerkomponent (UBL) en 'n skoolgebaseerde leerkomponent (SBL). Die UBL-komponent word in die vorm van leerwinkels aangebied waartydens die studente 'n praktykteorie van en vir onderwys konstrueer. Vir die doel van die SBL-komponent word studente in twee vennootskapskole met verskillende samestellings vir 6 weke elk (12 weke in totaal) geplaas, waartydens hulle in die onderwyspraktyk betrokke raak terwyl hulle deur gekwalifiseerde mentoronderwysers en universiteitsmentordosente ondersteun en geassesseer word.

Eksamens en slaagvereistes

Spesiale eksamens

  • 'n Derdejaarstudent wat 'n maksimum van vier semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het, maar ’n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir bevordering tot die vierde jaar voldoen.
  • ’n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van 4 semestermodules of die ekwivalent daarvan benodig om sy of haar graad te voltooi, met 'n finale punt van 40% in elk, mag in Januarie van die volgende jaar tot 'n spesiale eksamen toegelaat word. Indien die eksamen voor 1 Februarie afgelê word, hoef die student nie weer te registreer nie en word die eksamen soos ’n hereksamen hanteer. Indien die spesiale eksamen op of na 1 Februarie afgelê word, moet die student weer vir die betrokke module(s) registreer en mag die dosent vereis dat 'n semesterpunt op 'n geskikte wyse behaal word. In so 'n geval sal die uitslag van die eksamen nie oorweeg word vir die gradeplegtighede in Maart/April nie.

Slaag met lof

Ten einde die graad met lof te verwerf moet ’n student ’n gemiddelde van 75% behaal in al die modules van Opvoedkunde 3, ’n gemiddelde van 75% behaal in al die modules van die vierdejaar keusevak (JVK 400 of JLD 400), ’n gemiddelde van 75% behaal in al die modules van een keusevak op tweedejaarsvlak en 75% behaal in Praktiese onderwys (PRO 400).

Minimum krediete: 170

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Die module sluit aan by studente se persoonlike geletterdhede en lê verbande met die tipes geletterdheid wat hulle nodig het om suksesvol aan die Universiteit te studeer. Die primêre fokus van die module is die student se leesvaardighede, wat insluit leesstrategieë, die verwerwing van ’n akademiese woordeskat en die vermoë om belangrike akademiese genres krities te lees, soos byvoorbeeld eksamenvraestelle en akademiese artikels. Addisionele ondersteuning word gebied deur praktiese oefeninge en besprekings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module sluit aan by studente se persoonlike geletterdhede en bring  dit in verband met die tipes geletterdheid wat hulle nodig het om suksesvol aan die Universiteit te studeer. Die primêre fokus van die module is die student se leesvaardighede, wat insluit leesstrategieë, die verwerwing van ’n akademiese woordeskat en die vermoë om belangrike akademiese genres krities te lees, soos eksamenvraestelle en akademiese artikels.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die produksie van akademiese tekste. Studente leer om verskillende skryfmodusse te gebruik, bv. beskrywing, bespreking, oorsaak en gevolg, verduideliking en argumentasie. Die hooffokus is op die beplanning, skryf en redigeer van ’n akademiese essay deur van die prosesbenadering gebruik te maak. Spesifieke aandag word geskenk aan die “gesprek” met ander outeurs en die gebruik van verwysingstegnieke. Die module skenk ook aandag aan die formatering van akademiese tekste en die weergawe van verbale gegewens in die vorm van tabelle en grafieke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module fokus op die produksie van akademiese tekste. Studente leer om verskillende skryfmodusse te gebruik, bv beskrywing, bespreking, oorsaak en gevolg, verduideliking en argumentasie. Die hooffokus is op die beplanning, skryf en redigeer van ’n akademiese essay deur van die prosesbenadering gebruik te maak. Spesifieke aandag word geskenk aan die “gesprek” met ander outeurs en die gebruik van verwysingstegnieke. Die module skenk ook aandag aan die formatering van akademiese tekste en die weergawe van verbale gegewens in die vorm van tabelle en grafieke. Addisionele ondersteuning word gebied deur praktiese oefeninge en besprekings.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die fasilitering en bemeestering van vroeë gesyferdheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word studente begelei om verskillende metodes te ondersoek waarvolgens kreatiwiteit in die klaskamer gestimuleer kan word. Hulle word bekend gestel aan basiese kunsvaardighede en -prosesse wat in die Grondslagfase gebruik kan word . Die module laat studente toe om vrye teuels te gee aan hulle kreatiewe denkvaardighede deur gebruik te maak van verskeie kunsmedia en -prosesse, terwyl hulle ondersteun word deur teoretiese lesings en praktiese demonstrasies. ‘n Praktiese portefeulje word deur elke student saamgestel, wat voorbeelde bevat van kunswerke en teoretiese navorsing. Die portefeulje dien as ‘n handleiding vir toekomstige verwysing in die klaskamer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word studente gelei om kennis, vaardighede en gesindhede te ontwikkel aangaande die komplekse politieke, professionele, historiese en kulturele aspekte van onderwys. Geselekteerde temas rakende die Suid-Afrikaanse onderwys word bestudeer sodat studente krities kan besin oor hulle rol as betrokke, professionele opvoeders in die hedendaagse onderwys.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module stel die student in staat om deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en fisiese ontwikkeling bevorder. Kreatiewe beweging op die maat van musiek om ritme en danspatrone te bevorder is deel van die verskillende maniere wat 'n leerder gebruik om verskillende liggaamsdele te ontdek. Verskillende motoriese ontwikkeling word ondersoek- motoriese vaardighede, liggaamsbewustheid en perseptueel-motoriese vaardighede. Bewegingsvaardighede in vroeë kinderontwikkeling gebruik 'n kombinasie van liggaamsdele om te beweeg, draai, swaai en te balanseer met of sonder apparaat. Die klem word gelê op ruimtelike orientasie, kinetiese persepsie, spierkrag en stamina. Dit sluit in die gooi, slaan, vang, rol en hop van balle of soortgelyke apparaat. Bewegingsaktiwiteite sluit ook speletjies in wat hardloop, jaag en koes bevorder.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beplanning, implementering en evaluering van die Vroeëkinderontwikkelingkurrikulum sodat leer en ontwikkeling in die vroeë kinderjare bevorder kan word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die fasilitering vir die bemeestering van vroeë geletterheid. Die gebruik van kinderlektuur in vroeë geletterdheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Studente word toegerus met onderwysvaardighede om groep musiekmaak-aktiwiteite met kinders in die grondslagfase te fasiliteer. Drie komponente word in hierdie program geanaliseer: basiese kennis (musiekkonsepte en teoretiese inhoud); musiekvaardighede (sing, instrumentale spel, luister, beweging, toepassing van musieknotasie en kreatiwiteit; en didaktiese vaardighede. Die waarde van musiek in 'n kultureel diverse samelewing word beklemtoon.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op kinder-ontwikkeling en leer. Benewens die onderliggende beginsels van ontwikkeling-sielkunde en ontwikkelingsteorieë, word kinderontwikkeling bespreek in terme van fisieke groei en motoriese ontwikkeling; perseptuele, kognitiewe en taalontwikkeling; emosionele ontwikkeling; sosiale ontwikkeling en morele ontwikkeling. ‘n Inleiding tot patologie in ontwikkeling word ook verskaf. Wat leer betref, fokus die module op die beginsels van leer, leerteorieë en hindernisse tot leer. Hierbenewens word skoolleer bespreek in terme van leer, lees en studievaardighede.

    Sien meer

Minimum krediete: 220

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Beplanning, bestuur en fasilitering van die gesyferdheidprogramme.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Lewensvaardighede is sentraal tot die holistiese ontwikkeling van leerders. Dit het te make met die sosiale, intellektuele, emosionele en fisiese groei van leerders, en hoe hierdie dimensies geïntegreer word. Die module Lewensvaardighede fokus op die persoonlike en sosiale ontwikkeling van die kind. Sosiale studies as komponent word ook aangespreek en fokus op die kind as burger asook die verhouding tussen die kind en sy omgewing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Ondersteunende leeromgewings: Teoretiese benaderings tot leeromgewings (bio-ekologiese en bate-gebaseerde benaderings, inheemse kennisstelsels, oplossingsgeoriënteerde intervensie en “appreciate inquiry”); skoolgebaseerde ondersteuning in terme van Insluitende Onderwys, heel-skoolbenadering, die ondersteunende rol van die onderwyser en die welstand van die kind; gemeenskapsgebaseerde ondersteuning in die vorm van gemeenskapsbetrokkenheid en gemeenskapsonderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie is ‘n amptelike, voltydse module waarvoor geen student enige vergoeding mag ontvang nie. Dit word gedurende Januarie – Februarie in die student se tweede jaar voltooi. Die module bestaan uit 10 dae se observasie by ‘n voorskoolse sentrum (kleuterskool). Sluit ‘n waarnemingstaak, die aanbied van leeraktiwiteite, deelname aan verwante skool-en gemeenskapsaktiwiteite in, en vereis dat studente deur die skole geassesseer word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kurrikulum in die klaskamer: Hierdie module spreek vier komponente aan wat direk met onderrig en leer in die klaskamer verband hou. Die eerste eenheid handel oor die begronding van die kurrikulum en dek werk gedoen deur Rousseau, Pestalozzi, Montessori, Gandhi, Steiner, Dewey, Piaget, Vygotsky, Illich, Freire en Lakoff. Eenheid twee handel oor kurrikulumontwerp en -ontwikkeling, en fokus ook op die organisering van kennis deur opvoedkundige taksonomieë. Die laaste twee eenhede dek onderrigstrategieë, asook aangeleenthede wat met klaskamertoetsing en -assessering verband hou.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module rus studente toe om Natuurwetenskap en Tegnologie in die VKO en Grondslagfase te verstaan en toe te pas. Algemene riglyne, denk- en ander vaardighede, konsepte, inhoudskennis, probleemoplossing, ontwerpproses, beplanning en aanbieding van geskikte aktiwiteite.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bied 'n inleiding tot taal en geletterdhede en beklemtoon die belangrikheid hiervan vir die leerproses. Daar is 'n verskeidenheid van temas wat fokus op die onderrrig en aanleer van basiese kommunikatiewe vaardighede, met klem op skryfvaardigheid en kinderlektuur. Die moduleinhoud rus voornemende onderwysers toe om jong leerders se taalontwikkeling te stimuleer sodat hulle met selfvertroue in ten minste twee tale sal kan leer en kommunikeer.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    * Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van Sepedi as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
    Introduction to Literature in English (2)
    This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos ‘n inleiding tot literêre begrippe soos literêre teks(te), onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die analise van geselekteerde kortverhale.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama

    Sien meer

Minimum krediete: 170

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    “Onderrig as Akademiese Diensleer” bied studente die geleentheid om praktiese ondervinding binne ‘n diversiteitskonteks op te doen deur leerders in minder bevoorregte gemeenskappe te onderrig. Studente bied akademiese hulp aan leerders oor ‘n verskeidenheid kulturele, taal- en rassegrense heen as deel van hulle voorbereiding as toekomstige onderwysers. Die doel van die module is om studente se onderwysstrategieë sodanig te ontwikkel dat hulle meer effektief in ‘n multikulturele en multitalige pedagogiese konteks kan funksioneer. Studente kies (binne hulle eie fase en leerarea) ‘n gemeenskapsprojek waar hulle akademiese hulp aan leerders kan bied. Hierdie module is gebaseer op ervaringsleer en is ‘n toepassing van die teoretiese beginsels onderliggend aan die voorgaadse program vir onderwysstudente.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module poog om die student toe te rus met die noodsaaklike kommunikatiewe en klaskamergeletterdhede om as 'n professionele persoon in die onderwysberoep suksesvol te kan wees. Studente sal bewys lewer daarvan dat hulle die teoretiese grondslag sowel as die implementeringsstrategieë ten opsigte van gesproke en geskrewe kommunikasie binne 'n opvoedkundige konteks verstaan. Die ontwikkeling van 'n kritiese bewuswording van taal as 'n subjektiewe, nie-neutrale instrument van kennisoordrag sal ook ingeskerp word. 'n Oorsig van die linguistiese diversiteit in die meeste Suid Afrikaanse klaskamers sal die voornemende onderwyser bemagtig met 'n strategie om effektief met multitaligheid in 'n kultureel-diverse opvoedkundige omgewing om te gaan. Studente sal ook hul persoonlike taalprofiel verbeter deur kennis van toepaslike woorde en frases in 'n Afrikataal te verwerf met die oog op klaskamerfasilitering en -bestuur.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module handel oor die inhoud en die toepassing van die Handves van Menseregte in die daarstelling van veilige en gedissiplineerde klaskamers. Die tweede tema handel oor klaskamerbestuur deur die stigting van verhoudings, deelnemende besluitneming, effektiewe beplanning en monitering, motivering en kommunikasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op die leergereedheid van die skoolbeginner, insluitende fisiese, intellektuele, perseptuele, emosionele en sosiale gereedheid, sowel as die leerprobleme wat kan ontstaan as gevolg van ‘n gebrek aan leergereedheid. Die kennis en vaardighede wat verwerf word, sal die student voorberei vir JLD 400 wat sal fokus op die vroeë identifisering van leerprobleme en intervensie in die Grondslagfase.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die relevansie van Moedertaalonderrig as 'n vertrekpunt wanneer Grondslagfase leerders in Engels onderrig word in diverse omgewings, begrond die module. Die student word bemagtig om Engels te gebruik as die taal van leer en onderrig asook die gebruik van tegnieke en strategieë om in multitalige- en multikulturele kontekste te onderrig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Om insig te verkry van die globale konteks van die klaskamer, leerders en idees wat onderrig word, asook die plaaslike wêreld en land waarin die klaskamer, leerders en skool geleë is. Diversiteit en sosiale geregverdigheid en die belangrikheid daarvan in die plaaslike en internasionale konteks, asook die belangrikheid daarvan vir onderrig en leer word ondersoek. Deur individuele - en groepsopdragte, word studente ingelig om die ooreenstemmende temas van globalisering, die plek van die nasionale staat en die plek daarvan in die streeks- en globale wêreld, en die rol van tegnologie en die media in die globalisering van opvoedkunde, te verstaan. Belangrike sosiale, politieke, historiese en ekonomiese faktore wat die klaskamer beinvloed, word ook ondersoek. Studente versamel, organsieer en evalueer inligting krities, waardeer die waarde van diversiteit in verskeie sosiale kontekste; gebruik probleemoplossingsvaardighede vir leeropdragte, en kommunikeer effektiewe idees in groepsopdragte.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Morfologie, sintaksis, leksikologie en semantiek Letterkundekomponent: Afrikaanse poësie

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die isiNdebele-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie, grammatika, lees en skryf. Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ‘n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die Sepedi klankleer / fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ‘n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. isiZulu - lees en skryf Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ‘n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ‘n redelik uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ‘n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei in die gebruik van die woordeboek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes - 3 discussion classes per week
    Modern English literature and English language studies
    This module focuses on post-nineteenth century literature in English as well as on historical and theoretical aspects of the English language.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos die voortsetting van die studie van konsepte soos teks, onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die studie van intrige en styl; die kritiese ontleding van ‘n roman/novelle.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die Sepedi-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrikaanse prosa Literatuurteorie en -kritiek

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verhoog. Sepedi - lees en skryf Die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om bepaalde idees en informasie oor te dra vir ‘n aantal geselekteerde kommunikatiewe doeleindes. Skryfwerk sluit sowel kreatiewe as reproduktiewe skryfaktiwiteite in. Lees en begrip van tekste wat ‘n redelik uitgebreide woordeskat en redelik groot verskeidenheid taalstrukture bevat. ‘n Aanvang word gemaak met die lees van relatief eenvoudige literêre werke. Studente word ook verder opgelei in die gebruik van die woordeboek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes - 3 discussion classes per week
    Twentieth-century, postcolonial and contemporary literature
    This module focuses on post-nineteenth century literature in English. Various genres are covered and particular attention is given to postcolonial writing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie, grammatika, lees en skryf Die verdere verwerwing van gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale, beroepsgerigte en opvoedkundige situasies. Meer uitgebreide woordeskat en gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word nog verder verhoog. Voortsetting van die skryf van samehangende, idiomatiese en grammaties korrekte tekste om idees en informasie oor te dra vir ‘n verskeidenheid kommunikatiewe doeleindes. Inleiding tot die isiZulu- klankleer/fonetiek. Lees en begrip van tekste wat ‘n meer uitgebreide woordeskat en groter verskeidenheid taalstrukture bevat. Die lees van verdere literêre werke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n voortsetting van die studie van die woordkategorieë; grammatiese ontledings; die struktuur, betekenis en gebruik van die voornaamwoord en die enumeratief; ‘n inleiding tot die isiZulu-klankleer/fonetiek.

    Sien meer

Minimum krediete: 180

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Temas om studente vir die professionele praktyk voor te berei. Skool verwagtinge. Etiek, professionele voorkoms, assesseringsraamwerke; hou van rekords; dissipline. Rol en organisering van ekstra-kurrikulêre aktiwiteite. Hantering van noodgevalle.

     

     

     

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    ? is ‘n amptelike voltydse module waarvoor geen student enige vergoeding mag ontvang nie; ? vind vir twee skoolkwartale in skole plaas ( kwartaal 2 tydens semester 1 en kwartaal 3 tydens semester 2) en sluit ook oriënterings- en refleksietydperke op die kampus in; ? vereis dat finalejaarstudente in of ‘n Blok A of ‘n Blok B ingedeel word; ? vereis dat Blok A studente gedurende kwartaal 2 vir hulle gekontroleerde praktiese onderwys by skole in Pretoria geplaas en deur mentordosente (universiteitspersoneel) geasseseer word; ? vereis dat Blok B studente gedurende kwartaal 2, nadat Blok A studente geplaas is by die oorblywende beskikbare plekke by skole in Pretoria geplaas word, of hulle praktiese onderwys by skole buite Pretoria voltooi en deur mentoronderwysers en skole; ? vereis dat Blok B studente gedurende kwartaal 3 vir hulle gekontroleerde praktiese onderwys by skole in Pretoria geplaas en deur mentordosente (universiteitspersoneel) geassesseer word; ? vereis dat Blok A studente gedurende kwartaal 3, nadat Blok B studente geplaas is by die oorblywende beskikbare plekke by skole in Pretoria geplaas word, of hulle praktiese onderwys by skole buite Pretoria voltooi en deur mentoronderwysers en skole geassesseer word; ? volg ‘n mentorskapmodel wat vereis dat student deurgaans voltyds onder die toesig van ‘n gekwalifiseerde mentoronderwyser is; ? sluit die aanbied van leeraktiwiteite en deelname aan verwante skool- en gemeenskapsaktiwiteite, asook buitemuurseaktiwiteite in, en; ? vereis dat studente deurlopend deur skole en universiteitspersoneel (gekontroleerd) of skole (ongekontroleerd) geassesseer word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die inhoud en vaardighede van uitkomsgebaseerde onderrig soos voorgeskryf in die Nasionale Kurrikulum te verstaan en toe te pas. Die beplanning en bestuur van die drie leerprogramme in die Grondslagfase.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module sal fokus op die vroeë identifisering van leerprobleme, diagnostiese assessering om die onderliggende oorsake te bepaal, asook intervensietegnieke vir die suksesvolle hantering van leerhindernisse in die grondslagfase. Die student sal leer hoe om die kurrikulum aan te pas vir leerders wat probleme ondervind met taal sowel as Wiskunde en hoe om hierdie leerders te ondersteun in die verwerwing van 'n positiewe selfbeeld, deur leergeleenthede te skep waartydens die leerders sukses kan ervaar en sodoende in hulle eie vermoëns kan glo.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module ontwikkel die navorsingskapasiteit van die beginner onderwyser. 'n Teoretiese en praktiese verwysingsraamwerk van die navorsingsveld; 'n inleiding tot die versameling van inligting en die identifisering en formulering van 'n navorsingsprobleem. Kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsbenaderings, asook die beginsels van aksienavorsing word aangespreek. Navorsingsetiek. 'n Navorsingsvoorstel en plan word ontwikkel en assesseer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ontwerp om student-onderwysers se begrip en kennis van teorieë, benaderings en uitdagings rakende vroeë kinderonderwys vir kinders vanaf geboorte tot ses jaar te ontwikkel. In hierdie module verken en inkorporeer student-onderwysers die belangrikheid van kulture en kontekste in verskillende vroeë kinderontwikkelingsentrums. Die program het dus ten doel om 'n bewustheid te kweek van die positiewe, langtermynimpak van kwaliteitonderwys gedurende die vroeë jare. Student-onderwysers sal ook toegerus word om bevoegde, ingeligte, reflektiewe en toegewyde onderwysers te wees wat die holistiese ontwikkeling en leer van jong kinders bevorder.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die module ontwikkel die reflektiewe en praktiese navorsingskapasiteit van die beginner onderwyser. Die praktiese implementering van die teorie in 'n navorsingsprojek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Wiskundige ontwikkeling: die leer van verwantskappe tussen syfers en die vier bewerkings; en om vinnige en akkurate herroeping van basiese feite te ontwikkel. Heelgetal plekwaarde konsepte word ontwikkel om 'n sterk wiskundige basis te vorm wat aanpasbaarheid en gemak in die uitvoering van bewerkings sal bevorder.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences