Jaarboeke

Program: BAdmin Openbare Bestuur Publieke Administrasie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
07131174 Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 362
Contact:
Prof LP Malan
[email protected]
+27 (0)124202063

Programinligting

Formele keuring vind plaas en werkservaring is ’n vereiste.

 

Die opsie is saamgestel om kandidate wat alreeds werksaam is in die openbare en publieke administrasiesektor te werf. Kandidate werksaam in die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsfere sal toegang tot die program verkry. Kandidate sal dieptekennis opdoen oor administratiewe- en bestuursfunksies vanuit beide ‘n Suid-Afrikaanse en vergelykende perspektief. Die opsie fokus op die drie regeringsfere en spesifieke aandag sal gegee word aan aspekte soos openbare hulpbronbestuur, openbare beleidstudies, openbare sektor etiek, organisasiestudies en die rol van die staat.

 

Toelatingsvereistes

  • Departementele keuring vind plaas.
  • Die vereiste is ’n NSS met toegang tot graadstudie.
  • Drie jaar werksondervinding word vereis.

Ander programspesifieke inligting

Let wel: Raadpleeg die alfabetiese lys van modules vir die voorvereistes van alle modules.

Spesialiseringsmodules: PAD 312, 322

 

Hoofvak
Ten einde as "hoofvak" te kwalifiseer moet minstens die ekwivalent van vier 14- week-modules van ’n vak, insluitende twee op 300-vlak, geslaag word, met dien verstande dat die volgende modules, wat slegs op 300-vlak aangebied word, ook as "hoofvakke" geld:

  • Arbeidsreg 311 (ABR 311), Arbeidsverhoudinge 320 (ABV 320) en Internasionale sakebestuur 359 en 369 (OBS 359 en 369);
  • en dat slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlakke modules voorafgegaan word nie, as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem mag word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300 vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).

Bevordering tot volgende studiejaar

Volgens Algemene Regulasie G.3 word spesifieke bevorderingsvoorwaardes gestel deur fakulteitsrade waaraan studente van die fakulteit moet voldoen.

  1. 'n Student moet in ten minste 4 kernsemestermodules of 2 kern-jaarmodules slaag om tot die volgende akademiese jaar toegelaat te word.
  2. 'n Student wat minder as 4 kernsemestermodules of 2 kernjaarmodules geslaag het, word nie tot die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe hertoegelaat nie. Sodanige student wie se reg op hertoelating verval het, mag skriftelik by die Fakulteit se Toelatingskomitee aansoek doen om voorwaardelike hertoelating tot die Fakulteit – met die voorbehoud dat die Toelatingskomitee verdere voorwaardes ten opsigte van studente se vordering mag stel. 'n Student se aansoek om voorwaardelike hertoelating mag geweier word.
  3. 'n Student wat voorwaardelik tot die Fakulteit hertoegelaat word, se studies sal na die eerste semestereksamen nagegaan word om vas te stel of hy/sy aan die gestelde voorwaardes voldoen het. Indien daar nie aan die voorwaardes voldoen is nie, sal sodanige student se studies opgeskort word.
  4. 'n Student wie se studies weens swak akademiese prestasie opgeskort word, het die reg om teen die besluit van die Fakulteit se Toelatingskomitee te appelleer.
  5. 'n Student kan bevordering tot 'n volgende studiejaar of in 'n module geweier word indien die vasgestelde klasgeld soos voorgeskryf, nie betaal is nie.
  6. 'n Student kan toelating tot die eksamen of bevordering tot 'n volgende studiejaar of in 'n module geweier word indien hy/sy nie aan die bywonings-vereistes voldoen het nie. Klasbywoning in alle modules en vir die volle duur van die program is verpligtend vir alle studente.

Slaag met lof

  1. 'n Graad kan met lof toegeken word mits die kandidaat aan die volgende vereistes voldoen:
  1. Die graad moet binne drie jaar voltooi word;
  2. 'n Geweegde gemiddelde (GPA) van 75% moet behaal word;
  3. Modules wat reeds geslaag is en herhaal word, se nuwe punt sal nie in berekening gebring word nie. Die oorspronklike slaagpunt van die module sal gebruik word vir die berekening van die GPA.
  1. Oorskakelaars van ander fakulteite en ander universiteite (insluitend krediete wat oorgedra word en erken word vanaf die graad waarvoor oorspronklik geregistreer was), sal as buitengewone gevalle deur die dekaan oorweeg word.
  2. Die GPA sal nie gerond word tot die naaste volgende heelgetal nie.
  3. Buitengewone gevalle sal deur die dekaan oorweeg word.

Algemene inligting

Minimumvereistes vir baccalaureusgrade; semester- en jaarmodules; nuwe regulasies

  1. Studente wat voor 2015 met hul studies begin het, moet die program voltooi ooreenkomstig die bepalinge van die leergang van die jaar waarin hulle studies ’n aanvang geneem het, of ooreenkomstig die leergang van die jaar waarin hulle na hul huidige spesialiteitsrigting oorgeskakel het. Studente wat dit verkies, mag egter aansoek doen om oor te skakel na die jongste leergang, maar dan moet hulle voldoen aan al die vereistes daarvan. Hulle mag ook nie weer terugskakel na die regulasies van ’n vorige jaar nie.
  2. Studente wat in 2015 vir die eerste keer vir ’n graadprogram registreer, moet die modules volg wat in die betrokke spesialiseringsrigting aangedui word.

Let wel: Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlakke modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Die onus rus dus ten volle op studente om vóór registrasie seker te maak dat hulle leergange aan al die vereistes van die toepaslike regulasies voldoen.

Minimum krediete: 122

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    This module intends to equip students with the competence in reading and writing required in the four high impact modules: Business Management, Financial Accounting, Statistics and Economics. Students will also be equipped to interpret and draw figures and graphs and to do computations and manage relevant formulas. During Semester 1 students engage with the online computer program MyFoundationsLab individually in a flexible learning environment, and during Semester 2 they attend the scheduled contact sessions and do the coursework.                                                                              This module is offered by the Faculty of Humanities.

     

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente.
    Die ontwikkeling en beleidsraamwerk vir openbare personeelbestuur. Strategiese menslikehulpbronbestuur. Die bestuur van diversiteit, gelykheid, geslag en gestremdheid in die openbare sektor. Strategieë vir personeelverkryging. Menskapitaalontwikkeling in die openbare sektor.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente.
    Die oorsprong en rol van openbare beleid en besluitneming. Openbare beleidsteorieë en beleidsanalise. Openbare beleidsontwerp en -bestuur. Programbestuur, projekbestuur en openbare beleidsimplementering. Openbare beleidsevaluering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om spesifiek studente te ondersteun in die verstaan van die rol van publieke administrasie in die moderne staat, die unieke kenmerke van publieke administrasie, die skole en benaderings in publieke administrasie en inleidende inligting in die onderskeie generiese administratiewe funksies. Die dissipline van publieke administrasie het vinnig ontwikkel en by implikasie, die paradigma verskuif oor die jare. Die doelwit van hierdie module is om publieke administrasie inleidend aan die student bekend te maak as ‘n veld van studie wat ‘n betekenisvolle bydrae tot die effektiewe administrasie en bestuur van owerheidswerksaamhede maak.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente.
    Ontwikkeling van organisasieleer – van klassieke tot kontemporêre teorieë. Organisasiestruktuur en -ontwerp. Die implementering van organisatoriese funksies insluitend departementalisasie, koördinasie, periode van kontrole, eenheid van opdragte, sentralisasie en desentralisasie, gesag en beheer. Openbare organisasiedinamika en -gedrag: Die organisasiekultuur, motiveringsteorieë, individuele verskille in die werkomgewing en die impak op groepe en werkspanne, kommunikasie, mag en gesag in die werkplek en die rol van leierskap in die openbare omgewing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente. Ontwikkeling van bestuur en openbare bestuur. Die belangrikheid van en noodsaaklikheid vir effektiewe bestuur. Verskillende bestuursteorieë. Die openbare bestuursomgewing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente.
    Die ontwikkeling en gebruik van openbare bestuursinligtingstelsels. Die bestuur van kennis. E-regering as 'n alternatiewe diensleweringstrategie. Digitalisering van die regering in Suid-Afrika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module in publieke administrasie bied inleidend die konstitusionele raamwerk met betrekking tot publieke administrasie. Die Suid-Afrikaanse stelsel van regering, die funksies, rol en magte van die uitvoerende gesag, die wetgewende en juridiese gesag sowel as die funksionering van die drieledige sfere van die owerheid. Die module sal die student in staat stel om te verstaan hoe en waar publieke administrasie toegepas word.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module in die funksies van die publieke administrasie verskaf ‘n in-diepte ontleding van die generiese administratiewe funksies, insluitend beleidbepaling, organisering, finansiering, personeelvoorsiening en -benutting en beheer. Studente sal derhalwe toegerus word met kennis en vaardighede wat verband hou met die owerheid se strategiese beplanning, beleidbepaling en besluitneming, begroting, aankope, menslikehulpbronbestuurfunksies en indiensnemingswetgewing wat ‘n invloed op menslike hulpbronne binne organisasies het.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente.
    Openbare bestuursfunksies insluitende beplanning, organisering, leierskap en beheer. Openbare leierskapsteorieë. Uitdagings vir die moderne leier. Ontwikkeling van 'n omgewing waardeur die leier in staat gestel word om optimaal te funksioneer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente.
    Openbare finansiële bestuur: konsepte, doelwitte en beginsels. Die regering en verdeling van inkomste. Rolspelers in openbare finansiële bestuur. Verskillende begrotingstelsels. Die ontwerp, voorbereiding en implementering van regeringsbegrotings. Finansiële interowerheidsverhoudinge. Strukture vir die bevordering van finansiële interowerheidsverhoudinge.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om spesifiek studente te ondersteun in die verstaan van die oorsprong en ontwikkeling van etiek in publieke diens en administrasie. Die klem word geplaas op die bou van ‘n verantwoordelike openbare amptenaar wie se dienste en verantwoordelikhede lei tot effektiewe en doeltreffende verantwoordbare openbare organisasies met die doel om nie slegs verbeterde dienste te lewer nie, maar ook persoonlike etiek en organisatoriese kodes en standaarde toe te pas. Die doel met die module is om die student in staat te stel om die teorie in die praktyk van publieke administrasie toe te pas en te sintetiseer ten einde ‘n beter openbare diens in die toekoms te bewerkstellig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin (Opsie: Publieke Administrasie)-studente
    Openbare verkrygings- en voorsieningsbestuur. Finansiële beheer en fiskale rapportering. Openbare verantwoordingspligtigheid en verantwoordelikheid. Instellings wat daargestel is om finansiële veranwoordingspligtigheid te bevorder.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente.
    Strategieë vir optimale personeelproduktiwiteit. Die bestuur van openbare personeel deur effektiewe kommunikasie, konflikbestuur en strategieë vir personeelwelstand en gesondheid. Arbeidsverhoudinge. Prestasie-evaluering en -bestuur.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente.
    Hierdie werksplek-assesseringsmodule poog om studente in hul huidige werksomgewing te assesseer. Studente word ook verplig om ’n portefeulje in te handig as deel van hul assessering. Die assessering is daarop gemik om die studente se vaardighede, wat tydens hulle studie verkry is, te bepaal.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om spesifiek studente te ondersteun in die verstaan van die oorsprong en ontwikkeling van etiek in publieke diens en administrasie. Die klem word geplaas op die bou van ‘n verantwoordelike openbare amptenaar wie se dienste en verantwoordelikhede lei tot effektiewe en doeltreffende verantwoordbare openbare organisasies met die doel om nie slegs verbeterde dienste te lewer nie, maar ook persoonlike etiek en organisatoriese kodes en standaarde toe te pas. Die doel met die module is om die student in staat te stel om die teorie in die praktyk van Publieke administasie toe te pas en te sintetiseer ten einde ‘n beter openbare diens in die toekoms te bewerkstellig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente.
    Verwys na die Engelse weergawe van die Course Catalogue.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Slegs beskikbaar vir BAdmin in Openbare Bestuur (Opsie: Publieke Administrasie)-studente.
    Projekbestuur en implementering.  Projekevaluering. Assessering van die sukses en waarde van die projekbestuurproses. Projekbestuur in die konteks van die openbare sektor.

    .

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module in publieke administrasie is ontwerp om die student se opvatting te verbreed oor die verstaan, ontstaan en ontwikkeling van administratiewe stelsels. Die klem is op die praktiese toepassing van kennis en probleme in ontwikkelende gemeenskappe. Toememende globalisering vereis akademiese belang in vergelykende publieke administrasie. Die beweegrede agter vergelykende Publieke administrasie is die soeke na die ontdekking van gemeenskaplikhede in die administratiewe proses en die menslike gedrag, ongeag van plek en tyd.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences