Jaarboeke

Program: PhD Archaeologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01264182 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 360
Contact:
Dr A Antonites
[email protected]
+27 (0)124206490
Prof I Pikirayi
[email protected]
+27 (0)124204661

Programinligting

Die studie moet binne vier jaar na eerste registrasie vir die graad voltooi word. Die proefskrif bestaan uit ongeveer 60 000-100 000 woorde en is gebaseer op ’n navorsingsvoorstel wat deur die Fakulteit Geesteswetenskappe se Nagraadse en Navorsingsetiekkomitee goedgekeur is. Die proefskrif moet positiewe navorsingsresultate lewer en die stand van argeologiese kennis beduidend bevorder.

Daar word van studente verwag om die proefskrif te verdedig in ’n mondelinge voorlegging (AGL 900); die formaat word deur die studieleier en programbestuurder bepaal.

Studente moet voor voltooiing van die DPhil ten minstens sestien (16) weke veldwerk voltooi en moet kan toon dat hulle gevorderde veldwerktegnieke bemeester het.

Toelatingsvereistes

  • ’n Magistergraad in Argeologie of verwante dissipline.
  • Minstens 65% word vereis.
  • Daar kan van aansoekers met minder as 65% en die wat hulle magistergraad by ander instansies verwerf het verwag word om ’n toelatingseksamen te voltooi tot die bevrediging van die programbestuurder en in konsultasie met die departementshoof.
  • Studente wat nie die oor die vereiste vlak van taalvaardigheid in Engels beskik nie, moet ’n addisionele module (TTS 751 Akademiese skryfvaardigheid) neem.

?

Addisionele vereistes

Studente wat nie die oor die vereiste vlak van taalvaardigheid in Engels beskik nie, moet ’n addisionele module (TTS 751 Akademiese skryfvaardigheid) neem.

Minimum krediete: 360

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Omvattende en oorspronklike bydra tot argeologiese kennis gebaseer op ’n goedgekeurde navorsingsvoorstel en etiese klaring. Die navorsing moet deskundig wees en die vermoë toon om beide binne en buite die dissiplinêre grense te werk. Proefskrif moet tussen 50 000–100 000 woorde wees en moet beduidend die stand van kennis in die studievak bevorder. Die proefskrif moet meesterskap oor gevorderde veld en analitiese tegnieke toon, sowel as ’n gesofistikeerde begrip en die toepassing van toepaslike argeologiese teorieë demonstreer. Die hele projek moet aanspreeklik wees op institusionele, sosiale en intellektuele vlakke, en ’n gevorderde begrip van wat argeologiese navorsing in ’n na-koloniale konteks behels, toon.

    Sien meer

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences