Jaarboeke

Program: BAHons Vertaling en Professionele Skryfwerk

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01242118 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Mrs R Marais
[email protected]
+27 (0)124204592

Toelatingsvereistes

  • ?n Goedgekeurde driejarige baccalaureusgraad (of ander vergelykbare tersiêre kwalifikasie – met goedkeuring van die Senaat) met ?n kredietwaarde van 360, waarvan minstens 94 krediete verwerf is in tale, die linguistiek of ?n taalverwante dissipline.
  • Minstens 30 krediete op derdejaarsvlak in een taal, en minstens 24 krediete op eerstejaarsvlak in ?n tweede taal
  • ?n Gemiddelde van minstens 65% in elk van die twee tale.
  • ?n Gemiddelde van minstens 65% vir die toelatingstoets (raadpleeg die UP-webwerf vir meer inligting).
  •  Die gekose taalpaar moet óf Afrikaans óf Engels insluit (en kan albei insluit).
  • Die keuse van die ander taal hang daarvan af of dit in ?n betrokke jaar aangebied kan word.

 

Addisionele vereistes

  • Die gekose taalpaar moet óf Afrikaans óf Engels insluit (en kan albei insluit).
  • Die keuse van die ander taal hang daarvan af of dit in ’n betrokke jaar aangebied kan word.

 

Ander programspesifieke inligting

Kernmodules

Benewens TRL 710 and TRL 711, moet studente ook een redigeringmodule neem, en kies tussen AFR 767, AFT 758, ENG 777, DTS 751 en FRN 762.

Keusemodules

Let wel: Studente mag óf AFR 711 óf ENG 780 neem, maar nie albei nie.

 

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Slegs vir studente wat geen modules in vertaling op voorgraadse vlak gedoen het nie Basiese vertaalvaardighede soos brontaalteksanalise, vertaalmetodes en vertaalhulpmiddels. Vertaling in meertalige en multikulturele spraakgemeenskap soos Suid-Afrika. Ekwivalensie op woordvlak en bokant woordvlak. Probleme met die verkryging van ekwivalensie in verskeidenheid tipes tekste. Vertaling en taalvariasies soos dialekte, kodewisseling, sosiolekte, ens. Vertaling van kultuurgebonde tekste. Praktiese vertaalwerk van verskeidenheid tipes tekste van beperkte omvang in enige twee tale aangebied deur die Taaldepartemente, mits die spesifieke taalkombinasie in daardie spesifieke jaar geakkommodeer kan word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Vakkundige navorsing oor vertaling en tolking as vakgebied: onderwerpe, navorsingsraamwerke en -benaderings, metodologieë. Die skryf en voorlegging van 'n navorsingsessay oor 'n goedgekeurde onderwerp.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op die gebruik en toepassing van menslike taaltegnologie (MTT) in die vertaalpraktyk. Onderwerpe soos die volgende word bespreek: Lokalisering, internasionalisering en globalisering. Vertaling en taaltegnologie. Inleiding tot die gebruik van rekenaargesteunde vertaalhulpmiddels (computer-assisted translation (CAT) tools – translation memory (TM) en terminology management). Masjienvertaling (MT). Die gebruik van elektroniese taalkorpusse as vertaalhulpbron, vertaalhulpmiddel en vertalersgereedskap, met spesifieke verwysing na tegniese vertaling, die myn van vertaalekwivalente en die verkryging van vertaalekwivalente vir terme wat nie in die doeltaal bestaan nie deur gebruik te maak van alle beskikbare elektroniese hulpbronne, maar ook van termskeppingstrategieë, die raadpleeg van vakspesialiste, die gebruik van die Internet as "raadgewende spesialis", ens. Praktiese vertaalwerk van 'n groter verskeidenheid tipes tekste in enige twee tale aangebied deur die Skool vir Taaldepartemente, mits die spesifieke taalkombinasie in daardie spesifieke jaar geakkommodeer kan word.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module caters for students who have an interest in writing and who wish to produce original, creative work of their own. It is practical in orientation, and the aim is to guide and assist students in producing a portfolio of creative work of a high standard.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Franse tekste word vanuit en na Frans getolk met spesifieke aandag aan semantiek en die konteks om die ware betekenis oor te dra, ongeag die oorspronklike teks se vorm.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Studente wat ‘n BA-graad met enige taal wat by UP aangebied word as hoofvak geslaag het mag TRL 712 neem. Toelating vir ander studente wat ‘n soortgelyke graad behaal het is onderhewig aan mondelinge eksamen. Studente met ander tale as wat by UP op honneursvlak aangebied word, sal ook in aanmerking geneem word. Hierdie module lê die grondslag van teoretiese aspekte en basiese vaardighede wat vir mondelinge vertaling vereis word en wat op MA-vlak gekonsolideer word. Lesings is gerig op die teorie en praktyk van verskeie tolkingstegnieke, onder meer memoriseringsoefeninge, mondelinge samevattings, sigvertalings en herbewoording van mondelinge tekste en toesprake, asook die praktyk van liaison-tolking. Studente sal vir sekere lesings in kleiner groepe opgedeel word na gelang van hul taalkeuses, wat naas Engels enige taal/tale wat op BAHons-vlak aangebied word mag wees. Na afloop van hierdie module sal studente mondelinge eksamen aflê om hulle bemeestering van hierdie tegnieke te toets.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taal-, teks- en manuskripversorging in Afrikaans, met spesifieke aandag aan korrekte taal- en leestekengebruik; teksstruktuur en argumentasie; beoordeling van feitelike korrektheid en gepastheid van inligting en taalregister; skryf vir verskillende teikengroepe; bibliografiese versorging; redaksionele vaardighede (gebruik van stylblad, toepas van weergawebestuur, skakeling met skrywers); bepaling van status van ronne; proefleeswerk; vertaling; beoordeling van teksekwivalensie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Grondbeginsels van praktiese stilistiek. Skryf en spreekregisters: teorie en toepassing; tendense in hedendaagse Duits.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die proses en praktyk van kopieskryf met toepassing op die gedrukte media, televisie, die internet, eksperimentele /aktivering /alternatiewe media.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die teorie en praktyk van oudiovisuele vertaling (skermvertaling), met ‘n spesifieke fokus op onderskrifskepping (Engels "subtitling"). Oudiovisuele vertaling en onderskrifskepping in Suid-Afrika. Praktiese opleiding in die gebruik van basiese professionele sagtewarepakket vir die skep van onderskrifte. Die voltooiing van aantal projekte gemoeid met die skep van onderskrifte in studente se eie taalkombinasies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot fundamentele teorieë oor literêre vertaling: (vergelykende) analise van gepubliseerde vertalings (bronteks in verhouding tot doelteks, asook meerder vertalings van dieselfde bronteks); strategieë vir literêre vertaling; bronteksontleding; aspekte van register en kultuur; praktiese vertaling (korter prosatekste, asook toepaslike kinderliteratuur).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrikaanse skeppende skryfwerk
    Die vermoë om bellettristiese tekste (prosa en/of poësie) te kan skryf word ontwikkel deur die bestudering en toepassing van verskillende skryftegnieke en -strategieë in werkswinkelverband; vertaling van tekste; kritiese analise van gevestigde skrywers se werk mbt teks- en genrekenmerke en skryftegnieke; die skryf, herskryf en afronding van eie tekste; kritiese en kreatiewe beoordeling van eie en medestudente se tekste; bestudering van teorieë en opvattings oor kreatiwiteit en die skryfproses; kennis van die keurings- en publikasieproses en manuskripvoorbereiding.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gevorderde redaksionele versorging met spesialisasie in 'n Afrikataal – isiNdebele, isiZulu, Sepedi of Setswana. Verskeidenheid literêre en ander tekste word gebruik om taalversorgingsvaardighede verder te ontwikkel en te verfyn. Studente word verder vertroud gemaak met die taalreëls en huidige spelreëls van, onderskeidelik, isiZulu/ isiNdebele/Sepedi of Setswana. Hulle kry ruim geleentheid om hulle taalversorgingsvaardighede te slyp deur die toepassing van hierdie reëls op tekste in die genoemde tale.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The module develops language-editing skills, using a variety of texts from different fields and of varying levels of complexity. Students edit texts to produce grammatical, idiomatic and logical English texts, taking into account peculiarities of South African English and local needs. They adjust work to meet the needs of a specified target audience. The principles of plain language editing are applied, in addition to strategies to overcome textual complexities for given target audiences, ranging from academics to neo-literates. A special focus is the editing of translations in the SA context.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Vertaling van tegniese, mediese en regsdokumente na en vanuit Frans.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die basiese konsepte van die terminologie; terminologie en verwante dissiplines; drie dimensies van die terminologiese teorie; terminologieskepping: teorie en praktyk; riglyne vir die skep van terme; termekserpsie; funksionele effektiwiteit van terme; standaardisering; terminologie en korpora; samestelling van termlys.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences