Jaarboeke

Program: BAHons Toegepaste Taalstudie

Code Faculty Duration Credits Download
01242117 Fakulteit Geesteswetenskappe Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 130
Contact:
Prof HJ Bosman
[email protected]
+27 (0)124202335

Toelatingsvereistes

  • 'n Goedgekeurde driejarige baccalaureusgraad (of ander vergelykbare tersiêre kwalifikasie – met goedkeuring van die Senaat) met 'n kredietwaarde van 360 waarvan minstens 94 krediete verwerf is in 'n taal die linguistiek of 'n taalverwante dissipline en waarvan minstens 30 krediete op derdejaarsvlak moet wees.
  • 'n Gemiddelde van minstens 65% in 'n taal, linguistiek of 'n taalverwante module op derdejaarsvlak.
 

 

Addisionele vereistes

Alle studente moet 'n verpligte Engelse taalvaardigheidstoets aflê.

Studente wat nie oor die nodige Engelse taalvaardigheid beskik nie moet vir die module TTS 751 Akademiese skryfvaardigheid registreer.

 

Ander programspesifieke inligting

Let wel:

TTS 751 is ’n addisionele module tot die program en vervang nie enige kern- of keusemodules nie. Studente wat verkies om al hulle skryfwerk in Afrikaans te doen, hoef nie vir hierdie module te registreer nie, ongeag hulle prestasie in die Engelse taalvaardigheidstoets.

Studente mag, met die toestemming van die programbestuurder, een keusemodule uit een van die volgende programme by hul program insluit: BAHons (Afrikatale), BAHons (Afrikaans), BAHons (Duits), BAHons (Engels), BAHons (Frans), BAHons (Spaans), BAHons (Vertaling en Professionele Skryfwerk) en BEdHons (Kurrikulum- en Instruksionele Ontwerp en Ontwikkeling), op voorwaarde dat hulle voldoen aan die voorvereistes van die tersaaklike programme en modules.

.

Minimum krediete: 130

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Definisie van die probleem: die behoefte aan teorie van tweedetaalverwerwing: die aard van taal, die aard van die menslike verbale kommunikasieproses, dimensies van akademiese geletterdheid; die behoeftes van tweedetaalleerders in SA; die doelwitte van taalaanleer; die verskil tussen T1-, T2- en T3-verwerwing; tweedetaalaanleerprosesse; die aard van menslike leerprosesse; die aard van taalverwerwing; die faktore wat effek het op taalverwerwing; die sosio-kulturele konteks van taalverwerwing; die taalpolitieke konteks van taalverwerwing; die rol van die T1 in T2-verwerwing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard van taal, taalkennis (grammatika), taalgebruik, taalverwerwing en taalverandering; komponente van die grammatika; analitiese en deskriptiewe konsepte en tegnieke.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1 – Teoretiese basis: Die konsepte “wetenskap” en “navorsing”; die verhouding “teorie”, “navorsing”, “toepassing”; vorme van navorsing (oa deskriptiewe, empiriese, toegepaste); die navorsingsproses (van die navorsingsvoorstel tot die navorsingsverslag: identifikasie en formulering van die probleem, ontwikkeling van hipoteses, data insameling en -interpretasie, ens); die gebruik van die rekenaar in navorsing. Deel 2 – Toepassing: Beperkte navorsingsprojek waarin die beginsels van navorsingsmetodologie toegepas word. Kandidaat moet die onderwerp en formaat vir goedkeuring voorlê aan die departementshoof of sy verteenwoordiger.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Oorsig van die teorieê van die onderrig van die Afrikatale as huistale, eerste en tweede addisionele tale. Implikasies van uitkomsgebaseerde onderrig vir die onderrig van die Afrikatale. Die noodsaaklikheid van die gebruik en ontwikkeling van die korrekte vakterminologie word beklemtoon.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taal-, teks- en manuskripversorging in Afrikaans, met spesifieke aandag aan korrekte taal- en leestekengebruik; teksstruktuur en argumentasie; beoordeling van feitelike korrektheid en gepastheid van inligting en taalregister; skryf vir verskillende teikengroepe; bibliografiese versorging; redaksionele vaardighede (gebruik van stylblad, toepas van weergawebestuur, skakeling met skrywers); bepaling van status van ronne; proefleeswerk; vertaling; beoordeling van teksekwivalensie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gevorderde redaksionele versorging met spesialisasie in 'n Afrikataal – isiNdebele, isiZulu, Sepedi of Setswana. Verskeidenheid literêre en ander tekste word gebruik om taalversorgingsvaardighede verder te ontwikkel en te verfyn. Studente word verder vertroud gemaak met die taalreëls en huidige spelreëls van, onderskeidelik, isiZulu/ isiNdebele/Sepedi of Setswana. Hulle kry ruim geleentheid om hulle taalversorgingsvaardighede te slyp deur die toepassing van hierdie reëls op tekste in die genoemde tale.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard van taal as makroverskynsel; meertaligheid; die effek van industrialisering, verstedeliking en globalisering op die taalpolitieke lotgevalle van tale; taalpolitieke verskynsels: taalverskuiwing, taalattrisie, taaldood, taalhandhawing en taalherlewing; taalregte; die taalpolitiek as studieterrein.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Algemene inleding tot die teorie en praktyk van leksikografie.

    Die samestelling van eentalige en tweetalige papier- en elektroniese woordeboeke. Spesifieke aandage aan die makro- en mikrostrukture van hierdie woordeboeke. Op makrostruktuurvlak word die aandage bepaal by die voor- en agterwerk asook die sentrale teks van woordeboeke. Op mikrostruktuurvlak is die fokus op verskillende datatipes, veral ekwivalensieverhoudinge in tweetalige woordeboeke en betekenisomskrywing in eentalige woordeboeke. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The first component of this module focuses on major theories of reading, the relationship between reading and socio-affective factors, as well as appropriate strategies for improving reading proficiency. The second component examines a variety of ways to teach writing, and to embed it as a graduate attribute into language and disciplinary curricula.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    The module develops language-editing skills, using a variety of texts from different fields and of varying levels of complexity. Students edit texts to produce grammatical, idiomatic and logical English texts, taking into account peculiarities of South African English and local needs. They adjust work to meet the needs of a specified target audience. The principles of plain language editing are applied, in addition to strategies to overcome textual complexities for given target audiences, ranging from academics to neo-literates. A special focus is the editing of translations in the SA context.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module gee 'n oorsig oor die ontwikkeling van die sosiolinguistiek as ’n aparte onderafdeling van die groter linguistiekveld. Die vernuwende en belangwekkende bydrae van die sosiolinguistiek tot die linguistiek en toegepaste taalstudie word ondersoek.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die basiese konsepte van die terminologie; terminologie en verwante dissiplines; drie dimensies van die terminologiese teorie; terminologieskepping: teorie en praktyk; riglyne vir die skep van terme; termekserpsie; funksionele effektiwiteit van terme; standaardisering; terminologie en korpora; samestelling van termlys.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting slegs in Engels beskikbaar.

    The main aim of this module is to introduce students to the key principles, concepts and current beliefs about language testing and assessment, to understand the relationship between language teaching and language testing and assessment, to learn how to evaluate a test in terms of its design, use, purpose and appropriateness, as well as to interpret data derived from language tests.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share