Jaarboeke

Program: BAHons Kriminologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240262 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120

Programinligting

Sluitingsdatum vir aansoeke: Jaarliks 31 Julie.

Toelatingsvereistes

  •  ’n Toepaslike baccalaureusgraad.
  •  Slaag van alle Kriminologie-modules op voorgraadse vlak (vlak 12 en 3) asook ten minste 65% in die twee finalejaarmodules (KRM 310 en KRM 320).
  •  Slegs ’n beperkte aantal studente word tot die program toegelaat.

Addisionele vereistes

’n Verpligte module KRM 701 Metodologie moet geslaag word as voorvereiste vir KRM 781.

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Onafhanklike navorsing na aanleiding van 'n relevante onderwerp word onderneem en die voltooide navorsingsproses word weergegee in 'n navorsingsverslag.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In psigokriminologie word aandag gegee aan psigologiese versteurings wat óf tot die pleeg van misdaad kan aanleiding gee óf ook as misdade geklassifiseer word deur die regstelsel en afwykende gedrag wat die gevolg is van die blootstelling aan misdaad. Spesifieke temas waaraan aandag gegee word, sluit die volgende in: verweer en strafregtelike aanspreeklikheid ten opsigte van geestesversteurings, persoonlikheidsversteurings, selfmoord, seksuele misdrywe en substansiemisbruik.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kriminologiese benadering tot die interaksie tussen die polisie, howe en die Departement Korrektiewe Dienste. Gedurende hierdie module word daar ook 'n gemeenskapsuitreikingsprojek gedoen in samewerking met die polisie wat fokus op misdaadvoorkoming in 'n spesifieke geografiese area.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Vanweë die multidissiplinêre, saamgestelde en koördinerende aard van die kriminalistiek, is die module nie sonderlike dissipline met eiesoortige metodes en tegnieke nie. Kriminalistiek behels geïntegreerde proses wat die volgende insluit • identifikasie van die misdaadhandeling en die persone daarby betrokke, hetsy lewend of dood; • veldwerkmetodes en tegnieke van die misdaadondersoeker; en • laboratoriumontledings wat gedurende die ondersoekproses gebruik word.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die kultuur van materialisme en finansiële sukses wat teenswoordig in Suid-Afrika heers, lei daartoe dat al meer ekonomies-verwante misdrywe gepleeg word. Hierdie misdrywe en meer spesifiek die kenmerke, oorsake, kostes en verskillende tipes ekonomiese misdade sal in hierdie module aandag geniet. Vanweë die feit dat groot aantal oortreders hulle vaardighede in groepverband aanwend om ekonomiese en politieke mag te verkry, word georganiseerde misdaad as belangrike komponent van die module beskou. Die struktuur, kenmerke en vorme wat georganiseerde misdaadaktiwiteite kan aanneem, sal onder die loep geneem word. Hierbenewens sal enkele ekonomiese misdade wat ook vir ekonomiese gewin gepleeg word, bestudeer word.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences