Jaarboeke

Program: BA Sport- en Vryetydstudies Sportafrigtingswetenskap

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130130 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 386
Contact:
Prof LH Human
[email protected]
+27 (0)124206039

Programinligting

Hierdie voltydse driejaarprogram is gemik op die student wat belangstel in beroepe in die sport- en vryetydsindustrieë. ’n Breë kennisbasis ontwikkel studente se begrip en toepaslike vaardigheidsprofiele om die potensiaal, moontlikhede en impak van modern geglobaliseerde sport en vryetyd krities te ondersoek, te skep, te bevorder, te lei en te bestuur. Studente word begelei tot spesialisering in die areas van sportbestuur, sportsielkunde, sport en vryetyd in die samelewing of sportafrigtingswetenskappe. Spesialisering berei studente voor vir beroepe in die openbare en private sektore in kontekste van kommersiële en professionele sport, sportontwikkeling, gemeenskaps-ontwikkeling deur massadeelname, sportafrigting en die fasilitering van psigososiale welsyn deur middel van sport en rekreasie.

By voltooiing van hierdie spesialisasierigting sal die gegradueerde oor kennis en vaardigheidsprofiele beskik om die aanleer van sporttegnieke in massadeelname sowel as kompetisiesport-kontekste te bevorder. Gegradueerdes sal beroepe soos sportafrigters, bewegingsontwikkelaars en sportontwikkelingsbestuurders in die openbare en private sektore kan beoefen.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September jaarliks.

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.

  • Kandidate wat ? TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.

  • Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om ? TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal.

  • Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het, maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het, sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is.

  • Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.

  • Aansoekers met 'n TPT van 30, maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie, moet die NBT aflê.

  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

 

30

 

 

Ander programspesifieke inligting

’n Student mag, in oorleg met die programbestuurder, SLK met ’n erkende skoolvak vanuit die onderstaande lys vervang.

Die volgende skoolgerigte keusemodules is vir die program beskikbaar:

Afrikaans:

AFR 110,114,120 [12 elk]

 

Afrikatale:

Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal:

AFT 121, NDE 110 [12 elk]

Sepedi vir beginners:

SEP 110, 120 [12 elk]

Vir sprekers van Sepedi as huistaal of eerste of tweede addisionele taal:

AFT 121, SEP 111

IsiZulu vir beginners:

ZUL 110, ZUL 120 [12 elk]

Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal:

AFT 121, ZUL 111 [12 elk]

 

Engels:

ENG 110,120 [12 elk] 210,220 [20 elk] 310,311,320,322 [30 elk]

 

Historiese en Erfenisstudies:

GES 110,120 [12 elk]

 

Moderne Europese Tale:

DTS 104 [24] 113,123 [12 elk]

FRN 104 [24] 113,123 [12 elk]

 

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe:

Geografie, Geoinformatika en Meteorologie: ENV 101, GGY 156,166, WKD 164.

Wiskunde: WTW 114, 126, 128

 

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe:

Ekonomie: EKN 110, 120

Let wel: Raadpleeg die jaarboeke van die onderskeie fakulteite waar hierdie dissiplines aangebied word vir die kredietwaardes, aanbiedingsmodi en moontlike voorvereistes.

Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om 'n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules op te neem (sien Akademiese geletterdheid).

Notas:

  1. Van die student sal verwag word om 'n geakkrediteerde Vlak 0/1 Afrigtingsertifikaat – teen sy eie koste – in een sportsoort van sy eie keuse as deel van die graadvereistes in YCS 120 te verwerf. ’n Sportafrigtingsertifikaat kan verwerf word by enige erkende Nasionale Sportfederasie (NSF) in Suid-Afrika. Praktiese demonstrasie en toepassing van sportafrigtingsvaardighede kan op of van die kampus af uitgevoer word.
  2. Van die student sal ook verwag word om ’n Gemeenskapsrekreasieleiersertifikaat – teen eie koste – as deel van die vereistes van YSL 110 te verwerf. Die department sal reëlings in hierdie verband tref.

Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Geesteswetenskappe inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.

  1. Studente wat ’n graadprogram in Engels volg: Die NSC Graad 12-Engelspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe vir die akademiese-geletterdheidsmodules (ALL 110 en ALL 125 in Engels) moet registreer.
  • Huistaal: Studente wat 'n 4 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 125.
  • Eerste Addisionele Taal: Studente wat ’n 5 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 125.
  1. Studente wat ’n graadprogram in Afrikaans volg: Die NSC Graad 12-Afrikaanspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe vir die akademiese-geletterdheidsmodules (VAG 110 en VAG 125 in Afrikaans) moet registreer.
  • Huistaal: Studente wat ’n 4 of laer behaal het, registreer vir VAG 110 en VAG 125.

Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat as risikogevalle geïdenti¬fiseer is, is verplig om ten minste twaalf krediete te verwerf in die akademiese- geletterdheidsmodules VAG 110 of ALL 110 en VAG 125 of ALL 125.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat nie as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ten minste 12 krediete in ’n taalmodule te verwerf:

Department of English
ENG 110 Introduction to literature in English (I) 
ENG 120 Introduction to literature in English (II) 
ENG 118 English for specific purposes 

Departement Afrikaans
AFR 110 Afrikaanse taalkunde en letterkunde 
AFR 120 Afrikaanse taalkunde en letterkunde 
AFR 114 Afrikaans vir sprekers van ander tale (I) 

Departement Afrikatale
NDE 1101 Inleiding tot isiNdebele-grammatika: Capita selecta 
*Studente wat isiNdebele in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
ZUL 110 IsiZulu vir beginners
ZUL 111 Inleiding tot isiZulu-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat isiZulu in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
SEP 110 Sepedi vir beginners 
SEP 111 Inleiding tot Sepedi-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat Sepedi in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
STW 110 Setswana vir beginners 
STW 111 Inleiding tot Setswana-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat Setswana in die tweede semester wil neem, moet ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta) registreer.

Departement Moderne Europese Tale
DTS 104 Duits vir beginners 
DTS 113 Duits: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Duits
FRN 104 Frans vir beginners 
FRN 113 Frans: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Frans
SPN 101 Spaans vir beginners
SPN 102 Spaans vir beginners 
PTG 101 Portugees vir beginners

Departement Antieke Tale en Kulture
HEB 110 Hebreeus 
LAT 110 Latyn 
GRK 110 Grieks 

Minimum krediete: 138

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bou voort op die fundamentele beginsels van sportafrigting. Fokus word geplaas op die praktiese vergestalting van die prosesse en tegnieke van leer en onderrig in 'n sportparadigma. Metodologiese tegnieke soos geïmplementeer deur die sportafrigter in die onderrig en leer van sportvaardighede word geïdentifiseer en bespreek. Die oorkoepelende fokus is op die integrasie van onderrig en leer in die praktiese uitvoering van sportvaardighede. In hierdie module kry die student geleentheid om 'n Vlak 0/1 Sportafrigting-sertifikaat in 'n sportsoort van eie keuse te verwerf. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module verskaf die onderbou tot die teoretiese konsepte van vryetyd en rekreasie in samelewings. Grondslae van vryetye en rekreasie, multidimensionele voorsieningsisteme en diverse areas van rekreasie word geïdentifiseer, gekarakteriseer en bespreek in 'n moderne konteks. Die invloed, potensiaal en moontlikhede van rekreasiedienslewering in die samelewing word geïdentifiseer en prakties geïllustreer. In hierdie module verwerf studente 'n geakkrediteerde rekreasieleier-sertifikaat as basis vir opvolgende gemeenskapsbetrokkenheid en akademiese diensleer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module ondersoek die student die verskil tussen sport- en rekreasiebestuur en leierskap en die toepassing in rekreasie en sport. Geselekteerde klassieke en moderne bestuurs- en leierskapteorieë word geïdentifiseer, beskryf en vergelyk in sport- en rekreasiekonteks. Studente word begelei om gepaste leierskapstyle en vaardighede te selekteer en toe te pas in die multikulturele sport- en rekreasiewerklikheid van Suid-Afrika. Fokus word geplaas op die ontwikkeling van leierskapsvaardighede deur sport en rekreasie. Hierdie module vestig leierskapsvaardighede en -selfvertroue vir praktiese gemeenskapsbetrokkenheid in latere modules. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word die onderliggende teoretiese dimensies en praktiese beginsels van wetenskaplike sportafrigting geïdentifiseer, gedefinieer en bespreek. Hierdie kennis vorm die basis vir opeenvolgende kennis, vaardigheid en toepassing in sportafrigtingskontekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word die basiese beginsels van die sielkunde van sport, oefening en prestasie bekendgestel as platform vir opeenvolgiende modules. Die fundamentele beginsels van motivering, aktivering, aandag, persoonlikheid en aggressie en die rol daarvan in sport, oefening en prestasie word geïdentifiseer, omskryf en bespreek in diverse sportkontekste. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module verskaf 'n breë inleiding tot sport en rekreasie as produkte in die mark. Die aard van en verskille tussen sport en rekreasie, beleid, planne strategieë en strukture in Suid-Afrika en Sone VI in Afrika word geïdentifiseer en bespreek. Die rol, betekenis en dinamiese aard van rekreasie- en sportbestuur word bekendgestel en bespreek. Klem word geplaas op die basiese bestuurstake en -funksies van beplanning, organisasie, leiding en kontrole in sport- en rekreasiekontekste. Hierdie module voorsien 'n basis van bestuurkennis en -vaardighede waarop opeenvolgende modules en interdissiplinêre kennis in sport- en rekreasiebestuur berus.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module  word die rol en funksie van sport as sosiale fenomeen bespreek. Kontemporêre kwessies en polemiek in sport in die samelewing word geïdentifiseer en bespreek om die student in staat te stel om diskoerse in die geglobaliseerde wêreld van sport te herken en bydraes te lewer. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is 'n inleiding en bekendstelling van die basiese beginsels, dinamika en vaardighede in die sielkunde van sportafrigting. Die module identifiseer en verduidelik die verskillende rolle van die afrigter as leier, motiveerder, fasiliteerder en kommunikeerder vanuit 'n psigologiese perspektief. Hierdie module herken en verduidelik die sielkundige beginsels wat die ontwikkeling van kinders deur deelname aan sport en afrigting eksploreer en onderlê. Die groeibeginsels sal met die verskillende lewensfases geïntegreer word. 

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Afrika en Suid-Afrika: ‘n oorsig 'n Oorsig met die fokus op die vorming van Afrika- en Suid-Afrikaanse samelewings van die vroegste tye tot die hede, met die klem op die mees betekenisvolle kragte, faktore en gebeure.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die basiese konsepte en verwantskappe wat nodig is vir insig in die kompleksiteit van natuurlike omgewingsprobleme, fisiese en menslike omgewings, mensgeïnduseerde omgewingsprobleme, die wyses waarop die natuurlike omgewing menslike gemeenskappe en biodiversiteit beïnvloed, oorsig van belangrike omgewingsvraagstukke in Suidelike Afrika en volhoubare ontwikkeling binne hierdie konteks.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrikaans vir sprekers van ander tale (1) *No mother tongue speakers of Afrikaans will be allowed to take this module. A subject for advanced learners of Afrikaans. A basic knowledge of Afrikaans grammar and listening, reading, writing and speaking skills are required.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Voortsetting van grondige hersiening van Duitse grammatika: verdere ontwikkeling van lees-, skryf-, praat- en begripsvaardighede. Analise en interpretasie van tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Algemene oriëntering tot die sielkunde. Inleiding tot verskillende teoretiese benaderings in en die ontwikkeling van die sielkunde as wetenskap word behandel.  Geselekteerde temas uit die alledaagse lewe word bespreek en met sielkundige beginsels geïntegreer. Hierdie module fokus ook op sentrale persoonlikheidsteorieë. 'n Inleiding tot verskillende paradigmatiese benaderings in die sielkunde word gegee.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
    Introduction to Literature in English (2)
    This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geen vorige kennis of ondervinding van Frans word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Frans geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Franse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Franssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners.

    Die verwerwing van basiese kommunikatiewe vaardighede in Setswana waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van Setswana as huistaal of eerste of tweede addisionele taal.
    Aspekte van die grammatika van Setswana soos ’n inleiding tot die woordkategorieë; ’n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Grondige hersiening van Duitse grammatika: ontwikkeling van lees-, skryf-, praat- en begripsvaardighede. Analise en interpretasie van tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module begin met die begryping van menslike geografie. Daarna word volg die politieke verdeling van ruimte: kulturele diversiteit asook etniese geografie globaal en plaaslik; bevolkingsgeografie van die wêreld en Suid-Afrika; en vier ekonomiese vlakke en ontwikkeling. Die doel is om Suid-Afrika in die wêreld te plaas en die toekoms te verstaan.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Voortsetting van volledige oorsig van Franse grammatika: verdere ontwikkeling van lees-, skryf-, spraak- en begrip-vermoëns; analise en interpretasie van tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n inleiding ten opsigte van ‘n basiese kennis en begrip van die biologiese basis van menslike gedrag. Die module behels die kernkonsepte en terminologie wat met die biologiese subsisteem verband hou, die reëls en beginsels onderliggend aan biologiese sielkunde en die identifisering van verwantskappe tussen verskillende biologiese sisteme en subsisteme. Verskillende kognitiewe prosesse word bestudeer insluitend persepsie, geheue, denke, intelligensie en kreatiwiteit. Verskeie denkprosesse, soos probleemoplossende, krities-analitiese en integrerende denke word geillustreer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van Sepedi as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die ontstaan van die Moderne Wêreld: ’n oorsig ’n Keuse van temas oor Asië, Afrika, die Amerika’s en Europa en hulle bydrae tot die ontstaan van die Moderne Wêreld.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die studie van Suider-Afrikaanse landskappe en die plasing daarvan in ‘n teoretiese en globale konteks. Die geomorfologiese evolusie van suider-Afrika. Inleiding tot konsepte in Geomorfologie en die verwantskappe met ander fisiese wetenskappe (bv. meteorologie, klimatologie, geologie, hidrologie en biologie). Die prosesse en kontroles betrokke in landvorme en landvorm-evolusie. Praktiese oefeninge dek die basiese tegnieke in Geomorfologiese analise en aktuele kwessies in Geomorfologie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos ‘n inleiding tot literêre begrippe soos literêre teks(te), onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die analise van geselekteerde kortverhale.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geen vorige kennis of ondervinding van Duits word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Duits geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Duitse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Duitssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Setswana - kommunikasie en grammatika 
    Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ’n Inleiding tot die klimaat en algemene seisoenale sirkulasiepatrone van Suider-Afrika. Basiese weertipes en weerprosesse binne die konteks van Suider-Afrika. Interpretasie van sinoptiese kaarte en sinoptiesestasieverslae. Impak van klimaatsverandering en klimaatsuiterstes op die samelewing.
    *BSc (Geografie)-studente en BSc (Omgewingswetenskappe)-studente mag registreer vir WKD 155. Studente word nie toegelaat om krediete te verdien vir WKD 155 en WKD 164 nie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Volledige oorsig van Franse grammatika; ontwikkeling van lees-, skryf-, spraak- en begrips-vermoëns; .analise en interpretasie van tekste.

    Sien meer

Minimum krediete: 128

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is 'n  inleiding tot sporttoerisme vanuit 'n toerismebestemmingsperspektief. Konsepte in sporttoerisme word geïdentifiseer en bespreek. 'n Tydlyn van die ontwikkeling van sporttoerisme, verskillende sporttoerismemodelle, motivering vir betrokkenheid in sporttoerisme en vorme van sporttoerisme word geanaliseer. Die waarde en impak van sporttoerisme in die samelewing word vanuit 'n bestemmingstoerismeperspektief ondersoek. Die rol en invloed van die regering in sporttoerisme word geanaliseer en geëvalueer. Die impak van sporttoerisme op gemeenskapsontwikkeling word deur middel van gevallestudies ontleed. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bou voort op YCS 210 en identifiseer, verduidelik en implementeer die beginsels, waarde en rol van motoriese beheer, motoriese ontwikkeling en motoriese leer in effektiewe sportafrigting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module ondersoek teorieë, navorsing en praktiese toepassings van die sielkunde van welsyn en kritiese aspekte soos beserings, uitbranding en dwelmmisbruik in sport. Die erkenning van 'n proaktiewe benadering vir die ontwerp, ontwikkeling en implementering van positiewe sielkundige beginsels om die kapasiteit van welsyn te skep deur die sinvolle deelname aan sport, oefening en vryetydsaktiwiteite. Die interpretasie van verskillende rehabilitasiestrategië, -beginsels en -vaardighede sal volgens die behoefte van die deelnemer aangewend en toegepas word. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word die omvang en aard van sport- en rekrasiefasiliteite en -geleenthede ondersoek. Basiese bestuurskennis en -vaardighede wat in voorafgaande modules verkry is, word toegepas om sport- en rekreasiegeleenthede te bestuur. Die Wet op Veiligheid by Sport- en Rekreasiegeleenthede word ontleed en toegepas in sport- en rekreasiekontekste. Spesiale fokus word geplaas op die sinergie tussen fasilteit en geleentheid, veiligheids- en risikobestuur van sportfasiliteite en -geleenthede. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word basiese anatomie-, fisiologie- en kinesiologiekennis en -beginsels verwant aan sportafrigtingkontekste, geïdentifiseer, bespreek en toegepas. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module oriënteer studente ten opsigte van kennis en vaardighede vir die ontwikkeling van strategieë vir 'n aktiewe en wennasie ten einde die algemene welsyn en gesondheid van die Suid-Afrikaanse bevolking deur middel van massadeelname aan rekreasie en sport te bevorder. Kennis en vaardighede vir die identifisering, ontwikkeling en behoud van talentvolle sportpersone deur sportontwikkelingstrukture en -sisteme word bespreek. Die Sportakademiestelsel in Suid-Afrika en Sone VI in Afrika word ontleed en toepaslike diensleweringstrategieë en -strukture word beplan en ontwerp. Die student doen akademiese diensleer deur gemeenskapsbetrokkenheid in diverse gemeenskappe. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module identifiseer, verduidelik en pas die basiese sielkundige effektiwiteitsbeginsels en vaardighede van hoëprestasiesport in diverse prestasiesportkontekste toe. Die rol en waarde van sielkundige vaardigheidsopleiding, toepaslike kognitiewe benaderings, teoretiese raamwerke en verskillende intervensiestrategieë word ondersoek, geïntegreer en toegepas om sielkundige taaiheid te ontwikkel met die doel om prestasie in sport te optimaliseer. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sportbesigheidsmodelle word in hierdie module ondersoek en geïntegreer met die beginsels van regeerkunde, vereistes van relevante wetgewing en besigheidstrukture en toegepas in diverse sport- en rekreasiekontekste. Sportagentskappe, sportfasiliteite as inkomstegenereerders en die impak van vroue in sportbesigheid word gedebatteer. Die verband tussen finansiële besluitneming en sportbesigheidseffektiwiteit word ondersoek. 

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bou voort op die besigheids- en regeerkundebeginsels soos toegepas in die sport- en vryetydsindustrieë en ondersoek die essensie van ekonomiese analise en -besluitneming. Die ekonomiese model van vraag en aanbod onderliggend aan individuele en korporatiewe sport- en vryetydsgedrag word verklaar en toegepas. Die elemente en berekening van BBSP asook die ekonomiese impak van sport- en rekreasiegeleenthede, -fasiliteite, professionele sportspanne en sportkonsessies word ondersoek en geëvalueer. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word voortgebou op die kennis wat in YCS 210 en YCS 220 verwerf is en biomeganiese beginsels in sportafrigting word ondersoek en geëvalueer. Vorme van beweging, observasietegnieke, liniêre en hoekkinematika, en kinetika asook vloeistofdinamika soos van toepassing op sport, word geanaliseer en geëvalueer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module analiseer en kombineer die beginsels van krag en kondisionering in die ontwerp van gediversifiseerde krag- en kondisioneringsprogramme vir verskillende sportsoort. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word hoër-orde denkvaardighede ontwikkel as vereiste vir die kritiese evaluering van verskeie sosiale kwessies en kontekste in sport. Sosiale dinamika, teorieë en navorsing in sport, oefening en prestasiekontekste word in diverse sportkontekste geïnterpreteer en geïmplementeer. Kontemporêre psigososiale aspekte van spankohesie, die rol van toeskouers, aggressie en vandalisme word bespreek en geëvalueer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word die teorie en realiteit van kruiskulturele en waardegebaseerde besluitneming in sport en rekreasie ondersoek. Verhoudings tussen diverse waardeparadigmas en potensiële konflik in besluitneming word gedebatteer in die kontekste van megasport- en rekreasiegeleenthede. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op teoretiese raamwerke, paradigmas en navorsingmetodologieë in die konteks van sport- en oefensielkunde. Verskillende navorsingmetodologieë en sportsielkundepraktyke word met die mees prominente teoretiese raamwerke en paradigmas in die veld van sport- en oefensielkunde in ooreenstemming gebring en word dan geëksploreer, geanaliseer en vergelyk. Die navorsingsproses vanaf die skep van 'n navorsingsvraag en ontwikkeling van 'n navoringsvoorstel in die veld van sport- en oefensielkunde word dieper ondersoek en beoordeel. Die kritiese analise van bestaande navorsing en praktiese gevallestudies in die veld van sport- en oefensielkunde word ontwikkel en beredeneer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bou op die rol van sport en rekreasie in die samelewing. Beginsels en teorieë van sosiale verandering asook modelle van sosiale verandering word geanaliseer en toegepas in sport- en rekreasiekontekste. Inhoude van relevante nasionale en internasionale doelstellings, beleide, verklarings, handveste en strukture word ontleed, geëvalueer om die bydrae van sport en rekreasie tot sosiale verandering te verklaar.  Tegnieke en strategieë word ondersoek en toegepas in die ontwerp van sport- en rekreasieprogramme en -veldtogte. Die student word begelei na kritiese refleksie en bestuur van diversiteit in plaaslike en geglobaliseerde sport- en rekreasiekontekste. Die student doen akademiese diensleer deur gemeenskapsbetrokkenheid in diverse gemeenskappe. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bou op fundamentele verworwe kennis en vaardighede in vryetyd en rekreasie. Aandag word gegee aan die verband tussen sosiale en kulturele kapitaal en sport en rekreasie, die bepaling van rekreasiebehoeftes van gemeenskappe asook die ontwikkeling en transformasie van gemeenskappe deur sport en rekreasie. Die impak en bydrae van sport en rekreasie tot vrede, opvoeding, gesondheid en voorkoming van riskante jeuggedrag word bepsreek. Klem word gelê op die rol van sportvrywilligers in die ontwikkeling van sosiale kapitaal deur burgerskap-waardes en lewensvaardighede. Die kriteria en beginsels van die Handves vir Transformasie van Suid-Afrikaanse Sport word ontleed en geïntegreer in gemeenskapsrekreasieprogramme. Die student sal akademiese diensleer verrig deur middel van gemeenskapsbetrokkenheid in diverse gemeenskappe. 

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences