Jaarboeke

Program: BA Verlengde program

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130014 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 368

Programinligting

Die program is gerig op ’n algemeen vormende opleiding in die geesteswetenskappe. Dit bied aan die student ’n breë akademiese basis met die oog op nagraadse studie en berei die student voor vir aktiewe betrokkenheid in ’n wye verskeidenheid beroepsvelde.

Addisionele vereistes

Voornemende studente kan nie vir hierdie studieprogram aansoek doen nie. Die Fakulteit se Toelatingskomitee sal bepaal watter studente in hierdie studieprogram geplaas word. ’n Beperkte aantal plekke is beskikbaar. Graad 12-aansoekers wat ’n TPT van 26-29 in Graad 11 behaal het, sal op grond van die uitslag van die NBT vir die BA (Verlengde program) oorweeg word.

Ander programspesifieke inligting

Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ’n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules te neem (sien Akademiese geletterdheid).

Bykomend tot die voorgeskewe fundamentele modules, moet die leergang as volg saamgestel word:
Kern-/Keusemodules
:
Eerste studiejaar
Kies enige 2 dissiplines (vakke) op jaarvlak 1 en doen 2 semestermodules uit elk van dié dissiplines plus 1 ander module.

Tweede studiejaar
Kies een van die dissiplines (vakke) wat in die eerste jaar geneem is en doen albei semesters op jaarvlak 2.
Kies enige 2 addisionele dissiplines op jaarvlak 1 en doen albei semesters.

Derde studiejaar
Kies enige een van die vorige dissiplines wat u op jaarvlak 1 geneem het en doen dit op jaarvlak 2.
Kies een van die dissiplines wat u op jaarvlak 2 geneem het en doen dit op jaarvlak 3.

Vierde studiejaar
Kies die ander dissipline wat u op jaarvlak 2 geneem het en doen dit op jaarvlak 3.
Kies enige van die oorblywende modules wat u op jaarvlak 1 geneem het, en doen dit op jaarvlak 2.

Die volgende algemene beginsels geld vir die kombinering van dissiplines vir hierdie program:

  • Indien ’n dissipline (vak) nie twee semestermodules per jaarvlak aanbied nie, moet studente die departementshoof van die betrokke dissipline raad-pleeg oor moontlike aanvulling met ander tersaaklike modules.
  • Indien enige taaldissipline (taalvak) gekies word, moet die voorgeskrewe module­keuses wat in die taalgroepe en in die alfabetiese lys van modules aangedui word, in aanmerking geneem word.
  • Enkele dissiplines (vakke) uit ander fakulteite mag by die program ingesluit word maar die volgende beperking is van toepassing: slegs twee van die vier eerstejaars-vakke, een van die drie tweedejaarsvakke en een van die twee derdejaarsvakke mag uit ’n ander fakulteit gekies word. Die tersaaklike dissiplines uit ander fakulteite wat by die program ingesluit mag word, is die volgende:
    • Bybel- en Godsdienskunde (REL)
    • Geografie (GGY)
    • Inligtingkunde (INL)
    • Opvoedkunde (OPV)
    • Raadpleeg die jaarboeke van die onderskeie fakulteite waar hierdie dissiplines aangebied word vir die kredietwaardes, aanbiedingsmodi en moontlike voor­waardes.
  • Ten einde met nagraadse studie in ’n bepaalde dissipline te kan voortgaan, moet ’n student ses semestermodules oor die drie jaarvlakke in die betrokke dissipline voltooi het.

TAALGROEPE VIR KEUSES IN PROGRAMME

Let wel: U moet asb die alfabetiese modulelys raadpleeg vir volledige inligting rakende alle taalmodules soos hieronder gelys, aangesien sommige van hierdie modules spesifieke vereistes/voorvereistes het.

Modulegroep 1 – Afrikaans
Jaarvlak 1

• As moedertaal: AFR 110,120
• Vir sprekers van ander tale (ook vir sprekers van ander tale wat vir kwalifi­kasies in die regte en opvoedkunde ingeskryf is) AFR 114
• Vir studente in die regte (eerste taal): AFR 110 Nota: AFR 120 kan bykomend geneem word.
• Vir opvoedkundestudente: AFR 110,120 (moedertaal); AFR 114 (sprekers van ander tale)

Jaarvlak 2
• As eerste taal: AFR 214, AFR 210,220
• Vir opvoedkundestudente: AFR 214, AFR 220
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 210,220

Jaarvlak 3
• As eerste taal: AFR 311,321
• Vir opvoedkundestudente: Vrye keuse uit die modules met alfa­kodes AFR en LCC wat op jaarvlak 3 aangebied word.
• Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 312,320,322

Modulegroep 2 – Engels
Jaarvlak 1

• Vir spesiale doeleindes: ENG 118
• Vir akademiese doeleindes: ENG 110,120

Jaarvlak 2
ENG 210,220

Jaarvlak 3
• ENG 310,320
• ENG 311,322

Modulegroep 3 – Frans
Jaarvlak 1

• Vir beginners: FRN 104,181 (LLM studente)
• Kultureel-professioneel (vir student wat Frans in Graad 12 geslaag het): FRN 113,123

Jaarvlak 2
FRN 211,221

Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: FRN 361,362,363,364

Modulegroep 4 – Duits
Jaarvlak 1

• For beginners: DTS 104
• Kultureel-professioneel (vir studente wat Duits in Graad 12 geslaag het): DTS 113,123

Jaarvlak 2
DTS 211,221

Jaarvlak 3
Kultureel-professioneel: DTS 361,362,363,364

Modulegroep 5 – Grieks
Jaarvlak 1

GRK 110,120

Jaarvlak 2
GRK 210,220

Modulegroep 6 – Hebreeus
Jaarvlak 1

HEB 110,120

Jaarvlak 2
HEB 210,220

Modulegroep 7 – Latyn
Jaarvlak 1

LAT 110,120 (studente wat Latyn in Graad 12 geslaag het, kan direk met Latyn op jaarvlak 2 voortgaan.)

Jaarvlak 2
LAT 210,220

Jaarvlak 3
LAT 310,320

Modulegroep 8 – IsiNdebele
Jaarvlak 1

Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: NDE 110, AFT 121

Jaarvlak 2
NDE 210, AFT 220

Jaarvlak 3
NDE 310, AFT 320

Modulegroep 9 – IsiZulu
Jaarvlak 1

• Vir beginners: ZUL 110,120
• Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal: ZUL 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat ZUL 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: ZUL 210,220
• Vir studente wat AFT 121, ZUL 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, ZUL 211

Jaarvlak 3
ZUL 310, AFT 320

Modulegroep 10 – Sepedi
Jaarvlak 1

• For beginners: SEP 110,120
• For speakers of Sepedi as home language or first or second additional language: SEP 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat SEP 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: SEP 210,220
• Vir studente wat AFT 121, SEP 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, SEP 211

Jaarvlak 3
SEP 310, AFT 320

Modulegroep 11 – Setswana
Jaarvlak 1

• Vir beginners: STW 110,120
• Vir sprekers van Setswana as huistaal of eerste of tweede addisionele  taal: STW 111, AFT 121

Jaarvlak 2
• Vir studente wat STW 110,120 op jaarvlak 1 gedoen het: STW 210,220
• Vir studente wat AFT 121, STW 111 op jaarvlak 1 gedoen het: AFT 220, STW 211

Jaarvlak 3
STW 310, AFT 320

Modulegroep 12 – Spaans
Jaarvlak 1
Vir beginners: SPN 101,102

Jaarvlak 2
SPN 211,221

Jaarvlak 3
SPN 311,321

Modulegroep 13 – Portugees
Jaarvlak 1
• Vir beginners: PTG 101
• Portugese taal en kultuur (vir studente wat Portugees in Gr 12 geslaag het): PTG 113,123

Jaarvlak 2
PTG 211,221

Jaarvlak 3
PTG 311,321

Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Geesteswetenskappe inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.

  1. Studente wat ’n graadprogram in Engels volg: Die NSC Graad 12-Engelspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe vir die akademiese-geletterdheidsmodules (ALL 110 en ALL 125 in Engels) moet registreer.
  • Huistaal: Studente wat 'n 4 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 125.
  • Eerste Addisionele Taal: Studente wat ’n 5 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 125.
  1. Studente wat ’n graadprogram in Afrikaans volg: Die NSC Graad 12-Afrikaanspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe vir die akademiese-geletterdheidsmodules (VAG 110 en VAG 125 in Afrikaans) moet registreer.
  • Huistaal: Studente wat ’n 4 of laer behaal het, registreer vir VAG 110 en VAG 125.

Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat as risikogevalle geïdenti¬fiseer is, is verplig om ten minste twaalf krediete te verwerf in die akademiese- geletterdheidsmodules VAG 110 of ALL 110 en VAG 125 of ALL 125.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat nie as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ten minste 12 krediete in ’n taalmodule te verwerf:

Department of English
ENG 110 Introduction to literature in English (I) 
ENG 120 Introduction to literature in English (II) 
ENG 118 English for specific purposes 

Departement Afrikaans
AFR 110 Afrikaanse taalkunde en letterkunde 
AFR 120 Afrikaanse taalkunde en letterkunde 
AFR 114 Afrikaans vir sprekers van ander tale (I) 

Departement Afrikatale
NDE 1101 Inleiding tot isiNdebele-grammatika: Capita selecta 
*Studente wat isiNdebele in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
ZUL 110 IsiZulu vir beginners
ZUL 111 Inleiding tot isiZulu-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat isiZulu in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
SEP 110 Sepedi vir beginners 
SEP 111 Inleiding tot Sepedi-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat Sepedi in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
STW 110 Setswana vir beginners 
STW 111 Inleiding tot Setswana-grammatika – Capita selecta 
*Studente wat Setswana in die tweede semester wil neem, moet ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta) registreer.

Departement Moderne Europese Tale
DTS 104 Duits vir beginners 
DTS 113 Duits: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Duits
FRN 104 Frans vir beginners 
FRN 113 Frans: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Frans
SPN 101 Spaans vir beginners
SPN 102 Spaans vir beginners 
PTG 101 Portugees vir beginners

Departement Antieke Tale en Kulture
HEB 110 Hebreeus 
LAT 110 Latyn 
GRK 110 Grieks 

Bevordering tot volgende studiejaar

  1. ’n Student wat toegelaat is vir die BA (Verlengde program), moet aan die einde van die eerste studiejaar die volgende modules van ten minste 50 krediete geslaag het: fundamentele modules ter waarde van ten minste 26 krediete asook een vak op jaarvlak 1 (alle opeenvolgende modules van dieselfde dissipline – 24 krediete).

Studente wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, se studies word beëindig en geen hertoelating sal oorweeg word nie.

  1. Studente wat tot die BA (Verlengde program) toegelaat is en alle modules van die eerste studiejaar slaag (80 krediete) mag aansoek doen om vanaf die tweede studiejaar vir die BA-graadprogram te registreer. So ’n aansoek moet van die nodige motivering vergesel wees en kan deur die Toelatingskomitee op grond van akademiese prestasie goedgekeur word.

Minimum krediete: 80

Fundamentele modules

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Drama- en filmgenres

    Hierdie module bied ?n inleiding tot die idee van genre as deel van ?n breër konsep van skepping van ?n narratief/storielyn en storievertelling in beide drama en film. Verskeie genres van drama en film word bekendgestel en bespreek en in verband gebring met die idee van ontluikende identiteite in kontemporêre oordra van stories. Voorgenoemde aspekte word konseptueel bekendgestel en verskaf ?n inleiding tot die lees, interpretasie en betekenisgewing aan verskeie drama- en filmdiskoerse.

     
    A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hebreeuse grammatika (3) Gevorderde studie van die werkwoordsisteem: die onreëlmatige en swak werkwoorde. Passasies uit die Ou Testament vorm die basis van studente se praktiese akademiese geletterdheidsoefeninge. Hebreeuse tekste: Lees en verstaan Lees geselekteerde tekste uit die OT met klem op woordontledings, basiese vertaling, gebruik van basiese hulpmiddels (woordeboek, vertalings). Evaluering sluit onvoorbereide leesstukke in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Die individu en die samelewing
    'n Inleiding tot sosiologie en die klassike sosiologiese paradigma en die beginsels van die sosiologiese navorsingsmetodes.

    Deel 2: Die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse orde

    Hierdie afdeling ondersoek sleutelfaktore wat tot die totstandkoming en vorming van die kontemporêre Suid-Afrikaanse sosiale orde aanleiding gegee het en skenk oorweging aan die sosiologiese implikasies hiervan. Studente word bekendgestel aan die politieke ekonomie van Suid-Afrika, met klem op die aard van die Suid-Afrikaanse industrialiseringsproses, proletariaatvorming, en die instelling van die trekarbeidstelsel. Hierbenewens word die rassestaat, die fondamente van hierdie staat se sosiale projek, sowel as die ruimtelike vorm van Suid-Afrika se 20ste-eeuse rassemoderniteit onder die loep geneem. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die basiese konsepte en verwantskappe wat nodig is vir insig in die kompleksiteit van natuurlike omgewingsprobleme, fisiese en menslike omgewings, mensgeïnduseerde omgewingsprobleme, die wyses waarop die natuurlike omgewing menslike gemeenskappe en biodiversiteit beïnvloed, oorsig van belangrike omgewingsvraagstukke in Suidelike Afrika en volhoubare ontwikkeling binne hierdie konteks.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    The world of religion
    What is religion? The functions of religion. Studying religion. Perspectives on religion. Common concepts and key terms in various religions will be dealt with - also generic dimensions and aspects.  The interdependence of religion, culture and society.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module ondersoek die student die verskil tussen sport- en rekreasiebestuur en leierskap en die toepassing in rekreasie en sport. Geselekteerde klassieke en moderne bestuurs- en leierskapteorieë word geïdentifiseer, beskryf en vergelyk in sport- en rekreasiekonteks. Studente word begelei om gepaste leierskapstyle en vaardighede te selekteer en toe te pas in die multikulturele sport- en rekreasiewerklikheid van Suid-Afrika. Fokus word geplaas op die ontwikkeling van leierskapsvaardighede deur sport en rekreasie. Hierdie module vestig leierskapsvaardighede en -selfvertroue vir praktiese gemeenskapsbetrokkenheid in latere modules. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Griekse grammatika (3) Verdere studie van die werkwoord- en naamwoordsisteme van Hellenistiese Grieks: medium- en passiefvorme, die derde verbuiging, en analise van saamgestelde sinne. Passasies uit die Nuwe Testament vorm steeds die basis van die student se praktiese akademiese geletterdheidsoefeninge. Griekse tekste: Lees en verstaan Lees geselekteerde tekste uit die NT en/of Apostoliese Vaders, met klem op woordontledings, basiese vertaling, gebruik van basiese hulpmiddels (woordeboek, vertalings). Evaluering sluit ook vertaling van onvoorbereide leesstukke uit die betrokke korpusse in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hebreeuse grammatika (1) Basiese grammatikale beginsels van klassieke Hebreeus: die skryftekens en uitspraak, Hebreeuse oordsoorte, die naamwoord- en werkwoordsisteem, basiese sinsbou en woordeskat. Oefening geskied aan die hand van geselekteerde passasies uit die Hebreeuse Ou Testament. Hebreeuse grammatika (2) Meer gevorderde grammatikale beginsels van klassieke Hebreeus: gebruike van naamwoorde, werkwoorde en partikels; die afgeleide stamformasies van die werkwoord. Passasies uit die Hebreeuse Ou Testament vorm die basis van die praktiese inoefening en akademiese geletterdheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    This module is intended to equip students with a thorough knowledge of English grammar and is particularly useful for those interested in a career in teaching, editing, document design or other forms of language practice.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module verskaf die onderbou tot die teoretiese konsepte van vryetyd en rekreasie in samelewings. Grondslae van vryetye en rekreasie, multidimensionele voorsieningsisteme en diverse areas van rekreasie word geïdentifiseer, gekarakteriseer en bespreek in 'n moderne konteks. Die invloed, potensiaal en moontlikhede van rekreasiedienslewering in die samelewing word geïdentifiseer en prakties geïllustreer. In hierdie module verwerf studente 'n geakkrediteerde rekreasieleier-sertifikaat as basis vir opvolgende gemeenskapsbetrokkenheid en akademiese diensleer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ’n Inleiding tot die bestudering van die georganiseerde politieke samelewing op nasionale en internasionale vlak, met spesifieke verwysing na politieke konsepte, benaderings en metodes. Die klem val op die staat en regeerkunde as ontledingsraamwerke inaggenome die belangrikste veranderinge wat deur globalisering veroorsaak word op nasionale en internasionale vlak. Aandag word geskenk aan die verwante dinamika van regime-ontwikkeling, prestasie en verandering op nasionale en internasionale vlak in die lig van toenemende uitdagings aan nasionale soewereiniteit van binne en buite die staat in ’n konteks van ’n groeiende globale agenda wat transnasionale aspekte hanteer soos die omgewing, menseregte, ontwikkeling en humanitêre intervensie.

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    An introduction to the ancient world I: the ancient Near East
    Various facets of the ancient Mesopotamian, Syria-Palestinian and Egyptian cultures are dealt with in broad outline. Examples that are dealt with can include the following, namely geography, worldviews, history, literature, daily life, customs, values, religion and mythology. Examples of ancient cultures whose characteristics can be investigated range from the Sumerians, the Assyrians, the Babylonians, the Persians, the Canaanites, the Israelites and the Egyptians from their origin Before the Common Era to the beginning of the Common Era.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Voortsetting van volledige oorsig van Franse grammatika: verdere ontwikkeling van lees-, skryf-, spraak- en begrip-vermoëns; analise en interpretasie van tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Afrika en Suid-Afrika: ‘n oorsig 'n Oorsig met die fokus op die vorming van Afrika- en Suid-Afrikaanse samelewings van die vroegste tye tot die hede, met die klem op die mees betekenisvolle kragte, faktore en gebeure.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Fundamentele kriminologie
    Inleiding tot die kriminologie, omskrywing van misdaad, misdaadtendense, klassieke en positivistiese verklarings van misdaad.
    Deel 2: Geweldsmisdaad
    ‘n Kort analise van oorsake, gevolge en meganismes ter voorkoming en vermindering van geweldsmisdaad in ‘n Suid-Afrikaanse konteks. Omskrywing van geweldsmisdaad in terme van interpersoonlike geweld, moord, geweldsmisdaad binne die kriminele regsplegingstelsel en eiendomsverwante geweldsmisdaad.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Nie vir studente wat Latyn in Gr 12 geslaag het nie Latynse taalkunde en leeswerk (3) en (4) Voortsetting van vormleer en sintaksis. Uitbreiding van die basiese woordeskat. Aangepaste Latynse leesstukke dien steeds as praktiese toepassing van die verworwe grammatikale kennis ten einde die student se akademiese geletterdheid en leesvermoë te bevorder. Verdere uitbreiding van die student se kennis van die Latynse vormleer, sintaksis en woordeskat. Die klem val al hoe sterker op die lees van passasies, ontleding en verklaring van grammatikale vorme.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk Die oorsprong en aard van maatskaplike welsyn en maatskaplike werk vanuit ‘n nasionale en internasionale perspektief. Sosio-ekonomiese probleme, teikengroepe, spesialiteitsterreine, intervensievlakke (individuele, gesins-, groep- en gemeenskapsvlak), diensverskaffers en rolspelers in die Suid-Afrikaanse konteks. Ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn; die beginsels, waardes, doel en funksies van maatskaplike werk in ’n ontwikkelingsgerigte perspektief. Kultureel-sensitiewe maatskaplikewerkpraktyk. Deel 2: Maatskaplikewerkintervensie: Gemeenskap Aard en kenmerke van maatskaplikewerkintervensie met gemeenskappe; verkenning van die komponente van gemeenskappe en gemeenskapswerk; die waarde van die ekosistemiese teorie in gemeenskapswerk; samestelling van ’n gemeenskapsprofiel en die beginsels van maatskaplikewerkdienste aan gemeenskappe om gemeenskapsdeelname te bevorder. Deel 2: Maatskaplikewerkintervensie: Gemeenskap Aard en kenmerke van maatskaplikewerkintervensie met gemeenskappe; verkenning van die komponente van gemeenskappe en gemeenskapswerk; die waarde van die ekosistemiese en sterkteperspektief teorie in gemeenskaps¬werk; samestelling van ’n gemeenskapsprofiel en die beginsels van maatskaplikewerkdienste aan gemeenskappe om gemeenskapsmobilisering en -deelname te bevorder.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ’n Inleiding tot die klimaat en algemene seisoenale sirkulasiepatrone van Suider-Afrika. Basiese weertipes en weerprosesse binne die konteks van Suider-Afrika. Interpretasie van sinoptiese kaarte en sinoptiesestasieverslae. Impak van klimaatsverandering en klimaatsuiterstes op die samelewing.
    *BSc (Geografie)-studente en BSc (Omgewingswetenskappe)-studente mag registreer vir WKD 155. Studente word nie toegelaat om krediete te verdien vir WKD 155 en WKD 164 nie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module fokus op kinder-ontwikkeling en leer. Benewens die onderliggende beginsels van ontwikkeling-sielkunde en ontwikkelingsteorieë, word kinderontwikkeling bespreek in terme van fisieke groei en motoriese ontwikkeling; perseptuele, kognitiewe en taalontwikkeling; emosionele ontwikkeling; sosiale ontwikkeling en morele ontwikkeling. ‘n Inleiding tot patologie in ontwikkeling word ook verskaf. Wat leer betref, fokus die module op die beginsels van leer, leerteorieë en hindernisse tot leer. Hierbenewens word skoolleer bespreek in terme van leer, lees en studievaardighede.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beelde oor media heen: kontemporêre idees
    Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondesoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos ‘n inleiding tot literêre begrippe soos literêre teks(te), onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die analise van geselekteerde kortverhale.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van Setswana as huistaal of eerste of tweede addisionele taal.
    Aspekte van die grammatika van Setswana soos ’n inleiding tot die woordkategorieë; ’n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot Antropologie Hierdie inleiding tot antrop0ologie stel die basiese begrippe van die dissipline, soos rituele, religieê, huweliksluiting en seks, bekend. Dit kombineer klassieke en resente studies, en vra 'groot vrae' oor die menlike samelewing en kulture wat uitdagende perspektiewe bied op die wêreld waarin ons leef.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Plaaslike kontekste, globale kwessies Hierdie module bou voort op die inleidende etnografiese en teoretiese temas bevat in APL 110 terwyl spesifieke vrae gevra word oor hoe ons die verhouding tussen die plaaslike en globale, die inheemse en universele, die publieke en private, en die werklike en moontlike kan konseptualiseer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Argeotoerisme Ontleding van toeriste- en ander besoeke aan argeologiese terreine. Onderwerpe sluit in internasionale en plaaslike wetgewing, etiek en bestepraktykdebatte oor wie die verlede interpreteer, wie dit ’besit’ en wie ’n profyt daaruit maak. Sluit ook terreinbestuursplanne in, kondisievasstellings en die inagneming van politiese en etiese vereistes aangaande ‘erfenis’. Gevallestudies sluit UNESCO Wêreld Erfenisterreine in asook klein amper vergete ‘plekke uit die verlede’ wat dwarsoor die wêreld voorkom.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
    Introduction to Literature in English (2)
    This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners.

    Die verwerwing van basiese kommunikatiewe vaardighede in Setswana waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Setswana - kommunikasie en grammatika 
    Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Grondbeginsels van visuele kultuur Hierdie module dien as ‘n inleiding tot kuns en visuelekultuurteorie deur na ‘n verskeidenheid tekste en idees te verwys. Die module bied aan studente ‘n wye blootstelling aan visuele diskoerse en sluit ‘n verskeidenheid visuele voorbeelde in bv kunswerke en advertensies. Die diskoerse waarna verwys word mag die volgende insluit: die ondersoek na wat visuele kultuur is; modusse van analise; inleiding tot terme soos ideologie en mite; die kontekstuele bekendstelling van geselekteerde periodes in die geskiedenis; die inleiding tot kulturele ikone en temas vanuit populêre visuele kultuur.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module involves a comprehensive review of Portuguese grammar, the development of reading, writing, speaking and understanding skills and the analysis and interpretation of texts.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module verskaf 'n breë inleiding tot sport en rekreasie as produkte in die mark. Die aard van en verskille tussen sport en rekreasie, beleid, planne strategieë en strukture in Suid-Afrika en Sone VI in Afrika word geïdentifiseer en bespreek. Die rol, betekenis en dinamiese aard van rekreasie- en sportbestuur word bekendgestel en bespreek. Klem word geplaas op die basiese bestuurstake en -funksies van beplanning, organisasie, leiding en kontrole in sport- en rekreasiekontekste. Hierdie module voorsien 'n basis van bestuurkennis en -vaardighede waarop opeenvolgende modules en interdissiplinêre kennis in sport- en rekreasiebestuur berus.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is 'n inleiding en bekendstelling van die basiese beginsels, dinamika en vaardighede in die sielkunde van sportafrigting. Die module identifiseer en verduidelik die verskillende rolle van die afrigter as leier, motiveerder, fasiliteerder en kommunikeerder vanuit 'n psigologiese perspektief. Hierdie module herken en verduidelik die sielkundige beginsels wat die ontwikkeling van kinders deur deelname aan sport en afrigting eksploreer en onderlê. Die groeibeginsels sal met die verskillende lewensfases geïntegreer word. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    An introduction to the ancient world II: the Greek and Roman worlds
    Various facets of the ancient Greek and Roman cultures are dealt with in broad outline. Examples that are dealt with can include the following, namely geography, worldview, history, literature, daily life, customs, values, religion and mythology. These classical societies are investigated from their origin Before the Common Era into the Common Era.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot studie van die vakgebied Erfenis- en Kultuurtoerisme; oorsig van Suid-Afrikaanse oorde en natuurreservate as ‘n toeristeaantreklikheid binne die breër konteks van erfenis- en kultuurtoerisme. 'n Inleiding tot basiese navorsingsvaardighede in die EFK-domein.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Volledige oorsig van Franse grammatika; ontwikkeling van lees-, skryf-, spraak- en begrips-vermoëns; .analise en interpretasie van tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Penologie In die Penologie word aandag aan die strafregsplegingstelsel as sisteem gegee ten einde die belangrikheid van ’n geïntegreerde benadering tot oortrederhantering te benadruk. Die impak van oorbevolking in gevangenisse word krities in oënskou geneem. Verder word aandag aan die probleme rakende verhoorafwagtende oortreders asook die belang van gemeenskapsgebaseerde vonnisse en die herintegrasie van oortreders in die gemeenskap gegee. Deel 2: Misdaadvoorkoming en -beheer Verantwoordelikhede van die polisie en gemeenskap by misdaadvoorkoming en -beheer. Primêre, sekondêre en tersiêre misdaadvoorkoming, misdaadvoorkoming en -vermindering in Suid-Afrika.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geen vorige kennis van Spaans word vereis nie. Let Wel: Studente met ’n gevorderde kennis van Spaans (bv vlak B1, B2 of hoër) word nie toegelaat om vir hierdie module te registreer nie.
    ’n Inleidende studie van die Spaanse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Spaanssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beelde oor media heen: historiese perspektiewe

    Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondersoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur. 

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module bou voort op die fundamentele beginsels van sportafrigting. Fokus word geplaas op die praktiese vergestalting van die prosesse en tegnieke van leer en onderrig in 'n sportparadigma. Metodologiese tegnieke soos geïmplementeer deur die sportafrigter in die onderrig en leer van sportvaardighede word geïdentifiseer en bespreek. Die oorkoepelende fokus is op die integrasie van onderrig en leer in die praktiese uitvoering van sportvaardighede. In hierdie module kry die student geleentheid om 'n Vlak 0/1 Sportafrigting-sertifikaat in 'n sportsoort van eie keuse te verwerf. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module  word die rol en funksie van sport as sosiale fenomeen bespreek. Kontemporêre kwessies en polemiek in sport in die samelewing word geïdentifiseer en bespreek om die student in staat te stel om diskoerse in die geglobaliseerde wêreld van sport te herken en bydraes te lewer. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    *Optional Field school usually in April
    Introduction to Archaeology
    An introduction as to how archaeologists study the past via the artefacts left behind by our ancestors. Basic introduction to archaeological theory and how it has contributed to interpretation of the past is discussed. Topics range from the origins of the human family in Africa over three million years ago to the study of more recent times.  

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    African and world archaeology
    Africa is the home of humanity in both a biological and cultural sense and we have the artefacts and sites to prove it. Topics range from the famous 3 million year-old Australopithecine ‘Lucy’ ancestor found in Ethiopia to the ‘Out of Africa’ dispersal of modern humans, and the emergence of human symbolism, rock art and the emergence of complex societies at society at Lake Chad (Daima) and southern Africa (Mapungubwe and Great Zimbabwe). The main aim is to situate events in Africa in global perspective. 

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die tale van drama en film
    Hierdie module bied ?n inleiding tot die tale van drama en film, sowel as verskeie benaderings tot drama- en filmanalise. Verder word historiese en kontemporêre drama- en filmteorieë gebruik om verskeie drama- en filmtekste te lees.

    A & B: Vir studente wat voor 2014 vir die Drama-program ingeskryf het, asook vir studente wat in 2016 vir die eerste keer vir die program registreer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geen vorige kennis of ondervinding van Duits word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Duits geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Duitse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Duitssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Grondige hersiening van Duitse grammatika: ontwikkeling van lees-, skryf-, praat- en begripsvaardighede. Analise en interpretasie van tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied‚ ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geen vorige kennis of ondervinding van Frans word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Frans geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Franse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Franssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module begin met die begryping van menslike geografie. Daarna word volg die politieke verdeling van ruimte: kulturele diversiteit asook etniese geografie globaal en plaaslik; bevolkingsgeografie van die wêreld en Suid-Afrika; en vier ekonomiese vlakke en ontwikkeling. Die doel is om Suid-Afrika in die wêreld te plaas en die toekoms te verstaan.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die studie van Suider-Afrikaanse landskappe en die plasing daarvan in ‘n teoretiese en globale konteks. Die geomorfologiese evolusie van suider-Afrika. Inleiding tot konsepte in Geomorfologie en die verwantskappe met ander fisiese wetenskappe (bv. meteorologie, klimatologie, geologie, hidrologie en biologie). Die prosesse en kontroles betrokke in landvorme en landvorm-evolusie. Praktiese oefeninge dek die basiese tegnieke in Geomorfologiese analise en aktuele kwessies in Geomorfologie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Algemene oriëntering tot die sielkunde. Inleiding tot verskillende teoretiese benaderings in en die ontwikkeling van die sielkunde as wetenskap word behandel.  Geselekteerde temas uit die alledaagse lewe word bespreek en met sielkundige beginsels geïntegreer. Hierdie module fokus ook op sentrale persoonlikheidsteorieë. 'n Inleiding tot verskillende paradigmatiese benaderings in die sielkunde word gegee.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n inleiding ten opsigte van ‘n basiese kennis en begrip van die biologiese basis van menslike gedrag. Die module behels die kernkonsepte en terminologie wat met die biologiese subsisteem verband hou, die reëls en beginsels onderliggend aan biologiese sielkunde en die identifisering van verwantskappe tussen verskillende biologiese sisteme en subsisteme. Verskillende kognitiewe prosesse word bestudeer insluitend persepsie, geheue, denke, intelligensie en kreatiwiteit. Verskeie denkprosesse, soos probleemoplossende, krities-analitiese en integrerende denke word geillustreer.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word studente gelei om kennis, vaardighede en gesindhede te ontwikkel aangaande die komplekse politieke, professionele, historiese en kulturele aspekte van onderwys. Geselekteerde temas rakende die Suid-Afrikaanse onderwys word bestudeer sodat studente krities kan besin oor hulle rol as betrokke, professionele opvoeders in die hedendaagse onderwys.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word die onderliggende teoretiese dimensies en praktiese beginsels van wetenskaplike sportafrigting geïdentifiseer, gedefinieer en bespreek. Hierdie kennis vorm die basis vir opeenvolgende kennis, vaardigheid en toepassing in sportafrigtingskontekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word die basiese beginsels van die sielkunde van sport, oefening en prestasie bekendgestel as platform vir opeenvolgiende modules. Die fundamentele beginsels van motivering, aktivering, aandag, persoonlikheid en aggressie en die rol daarvan in sport, oefening en prestasie word geïdentifiseer, omskryf en bespreek in diverse sportkontekste. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Voortsetting van grondige hersiening van Duitse grammatika: verdere ontwikkeling van lees-, skryf-, praat- en begripsvaardighede. Analise en interpretasie van tekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die ontstaan van die Moderne Wêreld: ’n oorsig ’n Keuse van temas oor Asië, Afrika, die Amerika’s en Europa en hulle bydrae tot die ontstaan van die Moderne Wêreld.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Vir sprekers van Sepedi as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module involves the continuation of the comprehensive review of Portuguese grammar begun in PTG 113 and further development of reading, writing, speaking and understanding skills as well as the analysis and interpretation of texts. This module offers an introduction to Portuguese literature from Portugal, Africa and Latin America.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    LW: Studente met 'n gevordered kennis van Spaans (bv vlak B1, B2 of hoër) word nie toegelaat om vir hierdie module te registreer nie.

    'n Intensiewe inleidende studie van die Spaanse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook 'n kort inleiding tot die kultuur van Spaansprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A vand die "Common European Framework of Reference for Languages".

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Griekse grammatika (1) Basiese kenmerke van Hellenistiese Grieks: die skryftekens en uitspraak, die Griekse werkwoord- en naamwoordsisteme, vervoeging en verbuiging, basiese sinsbou en woordeskat. Oefening geskied aan die hand van aangepaste passasies uit die Griekse Nuwe Testament. Deurlopende evaluering sluit klastoetse en tuiswerk-opdragte in. Griekse grammatika (2) Verdere studie van die werkwoord- en naamwoordsisteme van Hellenistiese Grieks, uitbreiding van die basiese woordeskat, asook analise van saamgestelde sinne. Aangepaste passasies uit die Nuwe Testament vorm die basis van die praktiese oefening in akademiese geletterdheid.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Nie vir studente wat Latyn in Gr 12 geslaag het nie Latynse taalkunde en leeswerk (1) en (2) Basiese kenmerke en gebruik van Klassieke Latyn: die Latynse werkwoord en naamwoord (vervoeging en verbuiging respektiewelik), basiese sintaksis, asook woordeskat. Die toepassing van verworwe kennis geskied aan die hand van oefeninge en die lees van aangepaste Latynse leesstukke met die nodige sosiale, politieke en historiese agtergrond. Voortsetting van vormleer en sintaksis. Uitbreiding van die basiese woordeskat. Aangepaste Latynse leesstukke vorm steeds die basis van die verwerwing van akademiese geletterdheid en leesvermoë.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Maatskaplikewerkintervensie: Individu en groep Kenmerkende eienskappe van die helpende verhouding; die kommunikasieproses; basiese interpersoonlike vaardighede en eksploreringsvaardighede in maatskaplikewerkintervensie met individue. Verskillende tipes groepe; groepsdinamika; leierskap en basiese vaardighede vir groepleiers in maatskaplikewerkintervensie met groepe. Deel 2: Gesinsontwikkeling en -begeleiding Gesinne: Die lewensiklus van die gesin, take en gedrag van die lede van die gesin. Die fokus is op die sosiale, ekonomiese, godsdienstige en kulturele diversiteit van gesinne en oorsake vir gesinsontwrigting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Deel 1: Die sosiologie van instellings
    Die sosiale dinamiek van samelewingsinstellings soos die gesin, die staat, die ekonomie, godsdiens, onderwys, en burgerlike samelewing met ’n spesifieke fokus op die Suider-Afrikaanse problematiek word in hierdie afdeling behandel.

    Deel 2: Sosiale stratifisering: Ras, klas en gender
    Die aard en dinamiek van sosiale stratifisering en ongelykheid sal ondersoek word. Ras, gender en klas is die fokuspunte van die afdeling. Die Suid-Afrikaanse ervaring word beklemtoon.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Kaleidoscope of religions
    The occurrence of religion in societies. Types of religion. Primal religions. Christianity, Judaism, Islam.  A variety of religions will be addressed: capita selecta will be made from Christianity; Hinduism; Buddhism; New Religions; New Age; main developments in the world and South Africa.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module offers an intensive study of the Portuguese language focusing on the acquisition of basic communication skills: listening. reading, speaking and writing. It also offers a brief introduction to Lusophone culture. This module complies with the requirements for level A set by the "Common European Framework of Reference for Languages".

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences