Code | Faculty |
---|---|
10131081 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 636 |
Prof FM Mulaudzi [email protected] | +27 (0)123541908 |
Die graad Baccalaureus in Verpleegkunde (Onderrig en Administrasie) [BCur (I et A)] bied aan professionele verpleegkundiges, geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV), die geleentheid om na-basiese, professionele kwalifikasies in enige van die ondergenoemde spesialiserings-rigtings (hoofspesialiteit) te verwerf:
Suksesvolle voltooiing van die hele graadprogram sal aan gegradueerdes ook die geleentheid bied om hul studies, binne hul gekose spesialiserings-gebied, op nagraadse vlak voort te sit, indien daar voldoende aansoeke is.
Kandidate wat aan die betrokke toelatingsvereistes voldoen, moet ’n geskikte leergang binne die gekose spesialiseringsgebied, in oorleg met die departementshoof saamstel. Sodanige saamgestelde leergang moet in oorleg met die departementshoof op ’n jaarlikse basis hersien word.
Let wel: Raadpleeg ook die Algemene Regulasies.
Addisionele toelatingsvereistes vir Kliniese Verpleegkunde
Minstens 360 krediete word vereis, onderhewig aan:
Studente sal vrygestel word van voorgeskrewe modules op grond van ooreenstemmende modules in die voorafgaande sewe (7) jaar geslaag.
Akademiese uitsluiting van verdere studie
- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.
Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.
Sekere hospitale en gesondheidsorgfasiliteite is goedgekeur vir die doel van praktiese en kliniese opleiding. Daar sal van studente verwag word om hul praktiese werk en/of kliniese opleiding aan hierdie fasiliteite te voltooi.
Die graad word met lof aan studente toegeken wat ’n gemiddelde van minstens 75% in die vereiste 300-vlak modules behaal het.
Fakulteitsertifikate
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Gesondheidsorgomgewing: struktuur, dinamiek en impak op die kliniese standaarde van die verpleegpraktyk. Nasionale bevolkings- en gesondheidsprofiele. Epidemiologiese uitgangspunte oor gesondheid. Die gesondheidsorgomgewing en die dinamiek van gesondheidsorgdienste. Faktore wat kontemporêre gesondheidsdienslewering beïnvloed. Beleid en die lewering van gesondheidsorg in Suid-Afrika. Geselekteerde gesondheidsorgpraktykmodelle (insluitend die eienskappe van die verpleegpraktyk). Die basiese beginsels en metodologie van verpleegnavorsing. Toepassing van navorsing op die verpleegpraktyk. Leierskapsbeginsels in die verpleegpraktyk. Leierskapstyle en -vaardighede. Leidinggewing in die verplegingseenheid. Beginsels van menslikehulpbronbestuur en -ontwikkeling. Die beginsels van volwasse-onderrig en leer in die kliniese praktyk. Die volwasse leerder en evaluering.Module-inhoud:
Kommunikasie- en bestuursbeginsels vir die verpleegpraktyk. Selfhandhawing en interpersoonlike kommunikasie, spanbou en die bestuur van kulturele diversiteit en verandering. Geskrewe kommunikasie. Bestuur van konflik, krisis-tussentrede en streshantering. Fasilitering van gesondheids-, welsyns- en gemeenskapsontwikkeling. Basiese eerstevlakbestuursbeginsels in die verpleegpraktyk. Kwaliteitsversekering en standaarde vir die verpleegpraktyk. Beginsels van finansiële beplanning en bestuur. Privaatverpleegpraktyk. Eties-wetlike raamwerk vir die verpleegpraktyk. Professionele pligte en verantwoordelikhede van geregistreerde verpleegkundiges en vroedvroue/vroedmeesters. Ontwikkeling van die verpleegprofessie, die etos en fundamentele standpunte van verpleging. Beginsels van professionele praktyk. Praktykbestuur, statutêre beheer en professionele selfregulering. Menseregte, die regte van pasiënte en internasionale perspektiewe op pasiëntsorg. Etiek, etiese dilemmas en etiese besluitneming in die verpleegpraktyk.Module-inhoud:
*Slegs bywoningsmodule Verpleegonderwys praktiese werk. Verpligte praktiese werk, insluitend die voorbereiding en aanbieding van minstens tien (10) lesings en vyf (5) kliniese onderwyssessies.Module-inhoud:
Leidinggewing op eerstevlakbestuur. Personeelvoorsiening en -benutting. Leierskap. Beheer op eerstevlakbestuur, inspeksies en toesighouding. Pasiëntklassifikasie en rekordhouding.Module-inhoud:
*Slegs bywoningsmodule Verplegingsbestuur prakties. Verpligte praktiese werk, insluitend: begroting, statistieke, nie-verpleegkundige take, posbeskrywings, memoranda en verslagskrywing. Instrument vir die evaluering van werkverrigting.Module-inhoud:
Leerstrategieë en onderwysmedia Ontwikkeling van onderwysstrategieë en ontwerp van oudiovisuele hulpmiddels en evalueringsmiddele. Teorie van didaktiek. Kognitiewe en intellektuele funksionering van volwassenes. Onderwysverhoudinge.Module-inhoud:
Kurrikulum- en programontwikkeling. Toepassing van die beginsels van kurrikulumbou. Kurrikuleringsbestuur, asook programbestuur en bestuur van verplegingskole. Studentebegeleiding. Leerprobleme en remediëringspraktyke. Studente-ondersteuningstelsels. Leerteorieë.Module-inhoud:
Sisteembenadering, teorieë en beleid: toepassing in verplegingsbestuur. Etiese kode en die generiese administratiewe proses. Beplanning en organisering op eerstevlakbestuur. Gesondheidsorgfasiliteite, finansiële beplanning en tydbenutting. Probleemoplossing, verandering en organisering.Module-inhoud:
Algemene kliniese verpleegpraktykstelsels. Noodhulp, KPR en primêre noodsorg. Hemodinamiese monitering, die evaluering van oksigenasiestatus, suurbasisewewig en elektrolietbalans. Beginsels van meganiese ventilering. Basiese interpretasievaardighede vir radiografiese beelding. Elektrokardiografie: basiese beginsels en toepassing. (Vorige kodes: VPT 100, VGK 101. )Module-inhoud:
*Slegs bywoningsmodule Gemeenskapsverpleegkunde prakties. Verpligte praktiese werk, insluitend moeder- en kindergesondheid, skoolgesondheid, beroepsgesondheid en -veiligheid, geriatriese sorg, die voorkoming en beheer van oordraagbare siektes, rehabilitasiedienste en gemeenskapshulpbronne, omgewingsveiligheid, fisieke en verpleegassessering van pasiënte, diagnose, sorg en gesondheidsvoorligting. Gesinstudie en gemeenskapsprofiel.Module-inhoud:
Individuele, gesins- en gemeenskapsorg binne die konteks van gemeenskaps-verpleegkunde. Omvattende benadering tot die versorging van babas, kinders, vroue, mans en diegene in unieke omgewings of omstandighede (bv. bejaardes, haweloses, gemarginaliseerde gemeenskappe, noodsituasies en voortplantingsgesondheid). Algemene gemeenskapsgesondheidsprobleme. Oordraagbare siektes en immunisasie, MIV/Vigs. Chroniese fisieke en geestesgesondheidsprobleme. Sosiale patologie in die gemeenskap.Module-inhoud:
Kliniese beredenering in die verpleegpraktyk. Kliniese oordeel en kliniese besluitneming. Kontekstuele en taakeienskappe van kliniese besluitneming. Strategieë om kliniese beredenering te verbeter. Kliniese beredenering in die beraming van siekteprosesse en in die evaluering van behandelingsmodaliteite vir siekteprosesse in die verpleegpraktyk. Reflektiewe kliniese verpleegpraktyk. Reflektiewe verpleegpraktyk: beginsels en toepassing. Lewering van probleemgedrewe, probleemgebaseerde en holistiese verpleegsorg in akute sorgomgewings.Module-inhoud:
Fasilitering van leer. Bepaling van vordering en evaluering. Verpleegproses as modaliteit in verplegingsonderwys. Toewysing van leerders in die kliniese praktyk en die fasilitering van kliniese leer. Verpleegteorieë en hul toepassing.Module-inhoud:
Die konteks van gemeenskapsverpleegkunde. Gemeenskapsgesondheid, gemeenskapsgebaseerde verpleegsorg en primêre gesondheidsorg (PGS). Prosesse in gemeenskapsverpleegkunde. Beraming, diagnose, tussentrede en evaluering. Gesondheidsonderrig en tuisgesondheidsorgverpleging.Module-inhoud:
Statutêre raamwerk en wetenskaplike basis vir kliniese verpleegkunde. Kliniese verpleegpraktyk: wetlike aspekte, statutêre en professionele beheer. Homeostase, basiese wetenskappe en kritiese denkoefeninge in kliniese verpleging. Probleemgedrewe kliniese verpleegpraktyk. Probleemoplossing: eienskappe, voordele en die probleemoplossingsproses. Probleemoplossing en die verpleegproses. Aspekte van stelselgeoriënteerde verpleegsorg: beraming, diagnose, beplanning, implementering en evaluering.Module-inhoud:
Ontwikkeling van verplegingsonderwys. Historiese ontwikkeling van verplegingsonderwys. Filosofiese aspekte en die funksionering van verpleegskole. Onlangse verwikkelinge in die verplegingsonderwys. Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO). Kurrikulumontwikkeling. Kurrikulumbou. Korrelasie tussen teorie en praktyk. Die leerproses en die aktiewe betrokkenheid van die leerder.Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Die verplegingsbestuurder se verantwoordelikhede ten opsigte van die behoud van verpleegpersoneel en die lewering van kwaliteit verpleegdienste.Module-inhoud:
Gespesialiseerde kliniese verpleegpraktykstelsels. Verpleegpraktykstelsels in een van die volgende kliniese verpleegkunde spesialiseringsareas: kritiekesorg, noodverpleegkunde, gevorderde verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, teaterverpleegkunde of kinderverpleegkunde. Kontemporêre vraagstukke en tendense.Module-inhoud:
Praktika volgens die spesialiseringsrigting.Module-inhoud:
Gemeenskapsbetrokkenheid. Gemeenskapsbemagtiging, -ontwikkeling en -deelname. Gehalteversekering en verandering in die gemeenskapskonteks.Module-inhoud:
Leerplanne is op aanvraag by die departementshoof beskikbaar.Module-inhoud:
Die gemeenskapsverplegingsproses. Assessering, beplanning, implementering en evaluaring binne die gemeenskaps-gesondheidsverplegingkonteks. Epidemiologie en demografie in gemeenskaps-gesondheidsverpleging.Module-inhoud:
Teorie van gespesialiseerde verpleegpraktyk. In een van die volgende kliniese vepleegkunde spesialiseringsareas; kritiekesorg, noodverpleegkunde, gevorderde verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, kinderverpleegkunde of operasiesaalverpleegkunde. Kontemporêre probleme en praktykaangeleenthede.Module-inhoud:
Die verplegingsbestuurder se verantwoordelikhede ten opsigte van die voorsiening en aanwending van verpleegpersoneel.Module-inhoud:
Teorie van gespesialiseerde verpleegpraktyk. In een van die volgende kliniese vepleegkunde spesialiseringsareas; kritiekesorg, noodverpleegkunde, gevorderde verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, kinderverpleegkunde of operasiesaalverpleegkunde. Kontemporêre probleme en praktykaangeleenthede.Module-inhoud:
Leerplanne is op aanvraag by die departementshoof beskikbaar.Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Basiese onderrig in die verplegingsnavorsingsproses.Module-inhoud:
Motivering en prestasiebestuur Die afdeling spreek die hoofkenmerke van ‘n prestasiebestuurstelsel aan en fokus op die strategiese en motiveringswaarde van die proses. Prestasiebestuur word onder die volgende hoofde behandel: kriteria-ontwikkeling; prestasiebeplanning; data-insameling; waarneming en dokumentering; prestasiebeoordeling; beoordelingsinstrumente; prestasieterugvoering om motivering te bevorder. Menslikehulpbron- en loopbaanontwikkeling Die afdeling spreek die hedendaagse metodes aan wat benut kan word om mensekrag- en loopbaanontwikkelingsprogramme te ontwikkel en aan te bied om prestasie op sowel die individuele as organisatoriese vlak te bevorder. Die klem val op behoefte-ontleding, kurrikulumontwerp, leerdoelwitstelling, programontwikkeling, voorbereiding van materiaal, opleidingsingrepe, aanbiedings- en fasiliteringsvaardighede, asook kursusevaluering. Die integrasie van individuele loopbaanverwagtinge met organisasievereistes en -strategie word aan die hand van loopbaanontwikkeling toegelig.Module-inhoud:
Toepassing van toepaslike verpleegteorieë. Gehalteversekering. Verpleegsorgbeplanning en toepaslike tussentredes in individuele, groeps-, gesins- en gemeenskapsverband. Gesinsorg.Module-inhoud:
Rol en funksies van die kliniese verpleegspesialis in sy/haar spesialiseringsrigting. Kontemporêre tendense, vraagstukke en dilemmas in die kliniese verpleegpraktyk.Module-inhoud:
Leerplanne is op aanvraag by die departementshoof beskikbaar.Module-inhoud:
Gespesialiseerde kliniese verpleegstelsels. Die meer gevorderde verpleegpraktykstelsels in een van die volgende kliniese verpleegspesialiseringsrigtings: kritiekesorg, noodverpleegkunde, verloskundige verpleegkunde, neonatale verpleegkunde, teaterverpleegkunde of kinderverpleegkunde. Kontemporêre vraagstukke en tendense.Module-inhoud:
Menslikehulpbronbestuurstelsels Die afdeling verskaf ‘n inleiding tot menslikehulpbronbestuurstelsels en spreek ook hedendaagse ontwikkelinge en vraagstukke op die gebied aan. Die volgende temas word omvattend bespreek: posontleding, posbeskrywing en posspesifikasie; posontwerp; vergoedingsteorie en -stelsels; posevaluering en -gradering; voordele- en byvoordele-stelsels. Vergoedingstelsels as motivering vir werknemers word ook behandel. Menslikehulpbronvoorsiening Menslikehulpbronvoorsiening word, vanuit ‘n bedryfsielkundige perspektief, aangebied onder die volgende hoofde: mensehulpbronbeplanning; makro- en mikroveranderlikes wat ‘n invloed het op personeelvooruitskatting en -voorsiening; menslikehulpbron-inligtingstelsels; die ouditering van vaardighede; asook tegnieke soos werwing, keuring, plasing en induksie.Module-inhoud:
Die verplegingsbestuurder op middelvlakbestuur as beplanner, organiseerder, leier en kontroleerder.Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App