Code | Faculty |
---|---|
10110019 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Dr F Rossouw [email protected] | +27 (0)124206116 |
Die sertifikaatprogram verskaf ‘n basis vir kennis- en vaardigheidsontwikkeling vir die verbetering van sportprestasie dmv fisieke evaluering, oefening-/ kondisionerings-voorskrifte en navorsing. Die doel is om wêreldklas afrigters te ontwikkel wat suksesvol in ‘n interdissiplinê omgewing kan funksioneer om sodoende atlete en sportspanne se prestasie te verbeter deur die gebruik van die nuutste tegnieke en navorsing. Daar word dus gestreef na internasionaal erkende akademiese uitnemendheid met plaaslike relevansie. Die program sal ‘n ideale leeromgewing skep deur die gebruik van lesings, tutoriale, praktiese sessies en probleemoplossingsgeleenthede. Studente sal hul opleiding van kundiges in die veld van sportwetenskap en afrigting ontvang. Studente sal die geleentheid gebied word om met verskeie sportkodes en sportlui op verskillende vaardigheidsvlakke te werk. Studente wat die program suksesvol voltooi en verder wil studeer, kan aansoek doen vir die BA (Sport en Vryetydstudies) Opsie: Sportafrigtingprogram in die Fakulteit Geesteswetenskappe, of die BEd-graad in die Fakulteit Opvoedkunde, met dien verstande dat 'n student in besit is van 'n NSS en aan die minimum vereistes vir toelating tot 'n baccalaureusgraad voldoen..
Minimum toelatingsvereists vir 2017 | ||||
Prestasievlak | APS | |||
Afrikaans of Engels | ||||
NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
4 | 3 | D | D | 15 |
*Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om taalmodules ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules te neem.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
This module intends to equip students to cope more confidently and competently with the reading and understanding of a variety of texts, to apply these skills in a variety of contexts and to follow the conventions of academic writing.
Module-inhoud:
This module equips students to understand and use a range of discipline-specific terminology; apply the strategies of critical and comprehensive reading to their own academic literacy; apply the conventions of academic writing to their own writing, using the process approach, to produce intelligible academic texts and use the correct referencing technique as required by the faculty.
Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Die module fokus op die aanleer en praktiese toepassing van basiese swemtegnieke asook aspekte van reddingswem. Motoriese vaardighede en spele binne skoolverband geniet ook aandag.
Module-inhoud:
In die module maak die student kennis met die bou en werking van stelsels in die menslike liggaam. Klem word gelê op die skeletstelsel asook die spierstelsel. Studente verwerf ook kennis en vaardigheid in aspekte van bestuur, veral organisasie in sport.
Module-inhoud:
Vaardighede in mini-hokkie en hokkie word aangeleer en ingeoefen. In atletiek word aandag geskenk aan die verwerwing van vaardighede in verskeie baanitems.
Module-inhoud:
*Geslote – vereis departementele keuring
Die sel, bio-energie, spiersametrekking, en respirasie.
Module-inhoud:
Hierdie module verskaf 'n breë inleiding tot sport en rekreasie as produkte in die mark. Die aard van en verskille tussen sport en rekreasie, beleid, planne strategieë en strukture in Suid-Afrika en Sone VI in Afrika word geïdentifiseer en bespreek. Die rol, betekenis en dinamiese aard van rekreasie- en sportbestuur word bekendgestel en bespreek. Klem word geplaas op die basiese bestuurstake en -funksies van beplanning, organisasie, leiding en kontrole in sport- en rekreasiekontekste. Hierdie module voorsien 'n basis van bestuurkennis en -vaardighede waarop opeenvolgende modules en interdissiplinêre kennis in sport- en rekreasiebestuur berus.
Module-inhoud:
*Geslote – vereis departementele keuring
Oriëntasie en terminologie, beenagtige weefsel en skeletale strukture, aksiale skelet, appendikulêre skelet, en kardiorespiratoriese sisteem.
Module-inhoud:
*Geslote – vereis departementele keuring
*Aangebied deur die Departement Mensvoeding vir die Biokinetika, Sport- en Vryetydwetenskap-studente
Voeding en gesondheid, vertering, absorpsie en metabolisme, koolhidrate, vette, proteïene, energiebalans en liggaamsmassabeheer.
Module-inhoud:
*Geslote – vereis departementele keuring
Sportspesifieke vaardighede, spansituasies, reëls en regulasies, skeidsregters, spel-analise, afrigting.
Module-inhoud:
*Geslote – vereis departementele keuring
Die module fokus op die biomeganiese beginsels betrokke by menslike voortbeweging en sportaktiwiteite. Dit behels 'n studie en ontleding van die vorme van menslike beweging, liniêre en hoekkinetika , en vloeistofmeganika.
Module-inhoud:
Die doel van fisieke aktiwiteite asook teorieë en filosofieë van beweging word bestudeer. Daar word ook gefokus op afrigting van die jong atleet en verbandhoudende uitdagings wat aan die onderwyser as afrigter gestel word. Die belangrikheid van beplanning as eerste fase van sportbestuur word beklemtoon.
Module-inhoud:
*Geslote – vereis departementele keuring
Inleiding tot fisieke fiksheid, multidimensionele aard van fisieke fiksheid, sportspesifieke vs gesondheidsverwante fiksheidskomponente, fisiologiese invloed van oefening en toepassing van inoefeningsbeginsels.
Module-inhoud:
*Geslote – departementele keuring vereis
Beoordeling en analisering van menslike motoriese groei en ontwikkeling in gewone bevolkings. Groei, rypheid, fisieke aktiwiteite en prestasie van kinders en adolossente deur die ontwikkelingsfases van geboorte tot jong volwassenes.
Module-inhoud:
*Geslote – vereis departementele keuring
Biomeganiese faktore, oorsake van beserings, sagteweefselbeserings, eerstehulp (RICE), massering, verbinding, en KPR.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App