Code | Faculty |
---|---|
10255002 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 480 |
Kandidate moet vir minstens twee jaar in besit wees van die MBChB-graad.
Sien ook Algemene Regulasies. Die eerste twee jaar behels deeltydse studie en die finale jaar 'n voltydse aanstelling as ’n kliniese assistent in die betrokke hoofdissipline.
Sien ook Algemene Regulasies. Die eerste twee jaar behels deeltydse studie en die finale jaar 'n voltydse aanstelling as ’n kliniese assistent in die betrokke hoofdissipline.
(i) Die eksamens in die voorvereiste vakke word afgeneem in die volgorde soos bepaal deur die departementshoof binne wie se departement die hoofvak ressorteer.
(ii) Die aard, duur en tyd van die eksamens word in medewerking met die hoofde van die departemente waaronder die voorvereiste vakke ressorteer, bepaal: Met dien verstande dat, behalwe in gevalle waar anders aangedui, die eksamens in die voorvereiste vakke enige tyd voor of gelyktydig met die hoofvak afgelê kan word.
(iii) Minstens 50% as finale punt word vereis om in ’n vak te slaag.
(iv) ’n Student mag hom of haar nie meer as twee keer vir die eksamen in ’n voorvereiste vak (tweede eksamens uitgesluit) en ook nie meer as twee keer vir die eksamen in die hoofvak aanmeld nie.
Tweede eksamens
Tweede eksamens kan eers minstens ses maande na afloop van die eksamen waarin die student gedruip het, afgelê word.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat ’n finale punt van minstens 75% in die hoofvak behaal het.
Minimum krediete: 180
Minimum krediete: 180
Minimum krediete: 300
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App