Modulekode | BPE 211 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | In die eerste kwartaal van hierdie module word studente toegerus met begrip van die morele kwessies wat menslike agentskap in ekonomiese en politieke kontekste beïnvloed. Filosofie rus die student toe met analitiese redeneringsvaardighede wat nodig is om komplekse morele probleme wat verband hou met ekonomiese en politieke besluitneming te verstaan en op te los. Ons toon aan hoe die grootste vrae aangaande sosiaal-ekonomiese aspekte van ons lewens ontleed kan word en verhelder kan word deur beredeneerde debat. Voorbeelde van temas wat gedek kan word in die module sluit in geregtigheid en die gemeenskaplike belang van die samelewing, morele nadenke oor die aard en rol van ekonomiese markte in die samelewing, kwessies wat betrekking het op geregtigheid en gelykheid, en dilemmas oor lojaliteit. Die filosowe wie se werk gedek word, kan byvoorbeeld insluit Aristoteles, Locke, Bentham, Mill, Kant, Rawls, Friedman, Nozick, Bernstein, Dworkin, Sandel, Walzer, en MacIntyre. In die tweede kwartaal is die fokus op professionalisme, loopbane en etiek. Etiese kodes in besighede en professies, professionele kodes. en etiese kwessies in die rekenmeestersprofessie word aangespreek. |
Modulekrediete | 6.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Filosofie |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App