Jaarboeke

Basiese anatomie 151


 
Modulekode BGN 151
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud *Geslote – vereis departementele keuring Die module lei die student in t.o.v. anatomiese begrippe soos o.a. liggaamsvlakke, liggaamstreke, asse van beweging, basiese anatomiese terminologieë, ens. Ontwikkelings-anatomie, osteologie, artrologie, skeletspierstelsel, senuwee-innervasie, basiese anatomie van die brein, asook anatomie van die kardio-respiratoriese stelsel word behandel. ‘n Groot deel van die module word gewy aan bewegingsanatomie en die toepassing daarvan.
Modulekrediete 6.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 3 lesings per week, 1 praktiese sessies per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Sport- en Vryetydstudies
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences