Modulekode | SOC 812 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Hierdie module het ten doel om die reikwydte van die navorsingsgmetodes en -strategieë waarmee studente vertroud is te verbreed en om hul bestaande begrip van metodes en benaderings tot sosiale navorsing te verdiep. Sleutelkomponente van die module sluit in ’n bekendstelling aan die universiteit se prosesse om toestemming te verkry om navorsing te doen, die komponente van ’n goeie navorsingsvoorstel, en strategieë vir die identifisering van ’n navorsingsvraag. Hierbenewens word die vraag oor waarom ons sosiale navorsing doen en die verskillende wyses waarop navorsing ’n sosiale bydrae lewer op ’n kritiese wyse bespreek. Ten slotte word daar oorweging geskenk aan hoe om ’n navorsingsstudie binne ’n navorsingstradisie te plaas en wel op ’n manier wat ‘navorsing’ en ‘teorie’ aaneenskakel. Daar word van studente verwag om ’n volledige navorsingsvoorstel te skryf. |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 1 lesing per week, 1 seminaar per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Akademiese organisasie | Sosiologie |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App