Jaarboeke

Metodiek van Musiekopvoeding 330


 
Modulekode JMM 330
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud Hierdie module is gebaseer op kennis en vaardighede verwerf in JMO 220. Die musiekkennis en vaardighede in JMO 220 en JMO 309 word progressief in die Metodiek modules (JMM 330 en JMM 451) toegepas. ‘n Deeglike oorsig van die leerinhoud met spesifieke fokus op praktiese toepassing soos voorgeskyf deur die Nasionale Kurrikulumverklaringsdokumente is ingesluit. Die bereiking van die voorgeskrewe uitkomste word beklemtoon. Die modules sluit kennis, vaardighede, waardes en gesindheid in wat in die praktyk toegepas word en om die inherente musikaliteit van leerders te ontwikkel en te verryk. Musiekopvoeding is gebaseer op klank en aktiewe betrokkenheid by musiek; derhalwe fokus hierdie module op die metodologie van uitvoerings-gebaseerde aktiwiteite. Die metodologie van musiekopvoeding en koorleiding word geïntegreer.
Modulekrediete 6.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Akademiese organisasie Geesteswetenskaplike Opvoedkun
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences