Jaarboeke

Kunsopvoeding 302


 
Modulekode JKU 302
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Die module fokus op die ondersoeke na verskeie metodes en tegnieke om kreatiwiteit in die klaskamer te stimuleer, in die Intermediêre Fase, die Senior Fase en die Verdere Onderwys en Opleiding-fase (VOO-fase).
Die primêre fokus van die module is die ontwikkeling van die student se kunsvaardighede, met die oog daarop om die persoonlike visuele woordeskat uit te brei en selfekspressie aan te wakker. Die student moet ’n aanmerklik hoër vlak van begrip en beheersing bereik wat betref die intellektuele, perseptuele, estetiese en tegniese aspekte van kunsopvoeding.  Addisionele ondersteuning word gebied deur teoretiese lesings, praktiese opdragte, demonstrasies en deurlopende assessering.
’n Praktiese portefeulje en visuele dagboek word deur elke student saamgestel, waarin die kunswerke tegniese gehalte moet demonstreer en bewys gelewer moet word dat die student gereed is om die eise van die beroepspraktyk aan te durf. Die portefeulje dien as ’n handleiding vir toekomstige verwysing in die klaskamer





 

Modulekrediete 40.00
Voorvereistes JKU 202
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Geesteswetenskaplike Opvoedkun
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences