Code | Faculty |
---|---|
09227021 | Fakulteit Opvoedkunde |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Dr S Coetzee [email protected] | +27 (0)124205555 |
Neem asseblief kennis: Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) het 'n beleid in plek gestel om 'n stel minimum vereistes vir Onderwysersopleiding Kwalifikasies (MRTEQ) (Staatskoerant no 38487, 19 Februarie 2015) te spesifiseer. Die vereistes vir toelating tot die NGSO (Grondslag Fase- en Intermediêre Fase-Onderwys) het so streng geword dat studentegetalle gedaal het tot die mate dat hierdie spesialiserings nie tans aangebied kan word nie en sal dus nie beskikbaar wees in 2017 tot verdere kennisgewing nie.
Die NGSO bestaan uit 'n universiteitsgebaseerde leerkomponent (UBL) en 'n skoolgebaseerde leerkomponent (SBL). Die UBL-komponent word in die vorm van leerwinkels aangebied waartydens die studente ’n praktykteorie van en vir onderwys konstrueer. Vir die doel van die SBL-komponent word studente in twee vennootskapskole met verskillende samestellings vir 8 weke elk (16 weke in totaal) geplaas, waartydens hulle in die onderwyspraktyk betrokke raak terwyl hulle deur gekwalifiseerde mentoronderwysers en universiteitsdosente ondersteun en geassesseer word.
Vakkeuses moet voor registrasie tydens ’n oriënteringsessie met die pakket-koördineerder uitgeklaar word.
Intermediêre Fase Onderrig en Leer:
Toepaslike graadmodules op 100-vlak geslaag wat verband hou met een of meer relevante vakke op skoolvlak (kyk programmodules). Engels geslaag op eerstejaarsvlak. Enige EEN offisiële taal geslaag op eerstejaarsvlak anders as Engels. Enige Wiskunde, Toegepaste wiskunde, Statistiek of Toegepaste Statistiek, Rekeningkunde (of toepaslike module wat Fundamentele Wiskunde ondervang) op eerstejaarsvlak tot 6 krediete mimimum.
Keusemodules
Kies twee van die volgende agt leerareas in ooreenstemming met die toelatingsvereistes (relevante akademiese modules word tussen hakies aangedui):
Klasbywoning
Die onderwysersopleidingsprogramme van die Fakulteit Opvoedkunde is deur die Departement van Onderwys goedgekeur en geakkrediteer. Omdat die Fakulteit 'n hoë premie op die ontwikkeling van vaardighede en bekwaamhede plaas, is klasbywoning verpligtend vir onderwysstudente vir die volle duur van die opleidingsperiode soos deur SAQA (Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid) gespesifiseer.
Programaanbieding
Die NGSO bestaan uit 'n universiteitsgebaseerde leerkomponent (UBL) en 'n skoolgebaseerde leerkomponent (SBL). Die UBL-komponent word in die vorm van leerwinkels aangebied waartydens die studente 'n praktykteorie van en vir onderwys konstrueer. Vir die doel van die SBL-komponent word studente in twee vennootskapskole met verskillende samestellings vir 6 weke elk (12 weke in totaal) geplaas, waartydens hulle in die onderwyspraktyk betrokke raak terwyl hulle deur gekwalifiseerde mentoronderwysers en universiteitsmentordosente ondersteun en geassesseer word.
PPF 400 en PRO 410 en 420 word deurlopend en geintegreerd geassesseer aan die hand van bekwaamheidsgebaseerde kriteria. Assessering en terugvoering word deurlopend gedoen, sowel as aan die einde van die eerste semester. Aan die einde van die jaar word van die studente verwag om hul professionele groei deur middel van ‘n portfolio te demonstreer.
Spesiale eksamens in die Fakulteit Opvoedkunde
’n Finalejaarstudent wat ’n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en ’n finale punt van minstens 40% daarin behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar ’n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student hierdeur aan alle vereistes vir die sertifikaat kan voldoen.
Die NGSO word met lof uitgereik aan die student wat 75% in elk van die Professionele ontwikkeling (PPF 400), Leerfasilitering (FCL 400) en die spesialiseringsmodule(s) behaal het, sowel as ’n gemiddelde van 75% in die ander modules.
Rekenaargeletterdheid
Die rekenaargeletterdheid van alle studente sal deur middel van ’n vaardigheids-toets bepaal word. Studente word aan die hand van hul prestasie in die rekenaargeletterdheidstoets in 'n bepaalde rekenaargeletterdheidsmodulegeplaas.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App