Jaarboeke

Program: BEdHons Rekenaargeïntegreerde Onderwys

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
09240051 Fakulteit Opvoedkunde
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 128
Contact:
Prof T Vandeyar
[email protected]
+27 (0)124202372

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies kan 'n kandidaat toegelaat word indien hy/sy in besit is van een van die volgende kwalifikasies:
  •  'n Baccalaureusgraad en ? onderwysdiploma/Nagraadse Sertifikaat in Onderwys (bv. BA + HOD); of
  •  'n Vierjarige onderwysgerigte graad (bv. BAEd); of
  •  'n M+4 onderwysdiploma; of
  •  'n M+3 onderwysdiploma en ? Verdere Diploma in Onderwys (VDO) of Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (GSO); of
  • 'n Ander toepaslike akademiese kwalifikasie wat volgens die oordeel van die Dekaan toelating tot ? bepaalde pakket regverdig. In hierdie geval sal die kwalifikasie nie vir onderwysdoeleindes erken word nie.

 

Addisionele vereistes

Die keuring is gebaseer op:

  • voldoening aan die minimum toelatingsvereistes;
  • vorige akademiese prestasies;
  • toepaslike akademiese en/of onderwyservaring;
  • beskikbaarheid van leiding vir die voorgeskrewe navorsingsprojek;
  • bewese akademiese potensiaal, wat akademiese kommunikasie en rekenaarvaardighede insluit;
  • 'n onderhoud kan ook addisioneel vereis word;
  • die registrasie by professionele rade;
  • finale diskresie lê by die departementshoof.

Eksamens en slaagvereistes

Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie.

'n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en 'n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir die graad kan voldoen.

Navorsing

'n Navorsingsprojek is verpligtend en moet volgens die voorskrifte van die betrokke departement voorberei en ingedien word vir eksaminering.

Slaag met lof

Die graad word met lof verwerf indien die student 'n algehele gemiddelde van 75% behaal het, met 'n minimum van 70% in elke module.

Minimum krediete: 128

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Grondslae, beginsels en etiek van assesseringspraktyke. Internasionale tendense in assesseringspraktyke. Kwantitatiewe en kwalitatiewe assesseringsmodes  en  toepaslike assesserings-instrumente. Bewys-generering vir assessering. Assessering en kwaliteitsversekering. Tegnieke vir rekenaargebaseerde assessering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beginsels en benaderings van kurrikulum-/programontwerp en -ontwikkeling. Internasionale en nasionale modelle en ontwikkelinge op hierdie terrein. Beginsels van uitkomsgebaseerde programontwerp binne die SAQA-konteks. Kurrikulumontwikkelingsmodelle en instrumente in aksie. Situasie-taakanalise en behoeftebepaling. Ontwikkeling. Disseminasie. Implementering as veranderingsproses. Assessering en evaluering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard van onderwyskundige navorsing: navorsingskonteks, wetenskap, navorsings-etiek, waarheid, rasionaliteit, subjektiwiteit en objektiwiteit. Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings, navorsingsontwerpe en data-insamelingstegnieke. Verskeidenheid benaderings in kwalitatiewe navorsing, insluitend: gevallestudies, historiese navorsing, etnografiese en aksienavorsing. Basiese konsepte en beginsels van kwantitatiewe navorsing. Statistiese tegnieke in die onderwysnavorsingsproses. Opnamemetodologie en vraelysontwerp. Klassifikasie en grafiese voorstelling van data. Beskrywende metings. Statistiese inferensie. Dataverwerkingsprosedures. Parametriese versus nieparametriese toetse. Enkele toetsstatistiek (bv. F-toetse, en T–toetse).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Metateorieë in die opvoedkunde. Empirisme. Rasionele empirisme, kritiese rasionalisme, kritiese teorie. Fenomenologie. Hermeneutika. Sisteemteorie. Filosofieë in opvoedkunde. Tradisionele filosofieë, inheemse (Afrika) filosofieë. Die invloed van modernisme en postmodernisme op die onderwys. Sosiologiese imperatiewe vir opvoeding. Teorieë van gemeenskapsverandering en rolle en waardes van opvoeding. Vergelykende perspektiewe op leerteorieë en die betekenis daarvan vir opvoeding.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel met hierdie module is om die kandidaat in staat te stel om verskeie rekenaargeïntegreerde tegnieke met betrekking tot instruksionele hulpmiddels en multimedia in onderwys en opleiding te bemeester.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel met hierdie module is om die kandidaat in staat te stel om verskeie rekenaargeïntegreerde tegnieke met betrekking tot kognitiewe hulpmiddels te bemeester.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences