Code | Faculty |
---|---|
12250254 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 180 |
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, Reg. G.1.3 en G.54, word ?n BIngHons-graad, of ?n gelykwaardige kwalifikasie vereis vir toelating tot die MIng-programme.
Die bepalings van toepaslike Fakulteitsregulasie geld.
Die Dekaan kan, op aanbeveling van die departementshoof, besluit om ’n student vry te stel van die eksamen oor die miniverhandeling.
Riglyne oor die voorbereiding en eksaminering van miniverhandelings is by alle departemente beskikbaar. Die gemiddelde punt van al die eksaminatore is die finale punt, met ’n slaagsyfer van minstens 50%.
Die student moet deur middel van ’n miniverhandeling bewys lewer dat hy of sy in staat is om ’n wetenskaplike ondersoek te beplan, in te stel en uit te voer. As deel van die eksamen moet 'n student 'n artikel indien en 'n aanbieding doen by die finalejaarsimposium. Die artikel moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die miniverhandeling gedoen het en moet deur die studieleier goedgekeur wees. Die toekenning van die graad is onderworpe aan nakoming van die voorwaardes van hierdie regulasie.
'n Student wat die magistergraad voltooi op grond van kursuswerk en ’n miniverhandeling, slaag met lof indien ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal word in die eerste 180 krediete wat vir die graad voltooi is, met dien verstande dat die miniverhandeling 60 van die genoemde krediete tel. Die graad word egter nie met lof toegeken indien die student enige van die modules wat deel vorm van bogenoemde krediete gedruip het nie (modules wat betyds gestaak is, uitgesluit) en ook nie indien die student minder as 70% vir die miniverhandeling behaal het nie.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App