Code | Faculty |
---|---|
12242019 | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 131 |
Dr M Burger [email protected] | +27 (0)124203111 |
Dit word aanbeveel dat ’n student bo en behalwe bevredigende bywoning van lesings, vir ten minste 480 uur deeltyds werksaam sal wees by ’n geskikte werkgewer in die eiendomsbedryf. Daar sal van die student verwag word om ‘n diensrooster by te hou op die voorgeskrewe templaat.
Verwys na G Regulasies G.16 tot G.29 en G.54.
Die toelatingsvooreistes moet saam met die voorwaardes soos uiteengesit in die Algemene Regulasies, gelees word.
’n Persoon sal nie toegelaat word as kandidaat vir die graad nie tensy hy of sy:
(a) ’n BSc Eiendomswese gegradueerde van hierdie Universiteit is nie; of
(b) in besit is van enige drie-jarige baccalaureusgraad van hierdie of enige ander universiteit wat erken word deur die departementshoof vir die doeleindes as gelykstaande aan die BSc graad in Eiendomswese van hierdie Universiteit; of
(c) op enige ander wyse ‘n vlak van bekwaamheid bereik het wat in die opinie van die departementshoof genoegsaam is vir toelating.
Keuring is gebaseer op die aansoeker se akademiese rekord en ondervinding. Van aansoekers kan verwag word om vir ‘n onderhoud te kom en/of ‘n toelatingseksamen af te lê.
Ten einde tot die eksamen in 'n betrokke module toegelaat te word, word 'n semester-/jaarpunt van minstens 40% vereis. Verder moet aan alle ander eksamentoelatingvereistes voldoen word, soos van toepassing op 'n betrokke module.
Hereksamens
Geen hereksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.
Spesiale eksamens
Geen spesiale eksamens sal op nagraadse vlak toegestaan word nie.
Die graad word toegeken indien alle voorgeskrewe modules geslaag is.
Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat vir die eerste maal vir de graad geregistreer het, en die graad voltooi het binne die minimum voorgeskrewe tydperk en in al die modules geslaag het met ? geweegde gemiddelde van minstens 75% (uitgesluit POU 700).
Minimum krediete: 131
Module-inhoud:
Waardasie van inkomstelewerende eiendomme, kommersiële eiendomme, huurkontrakte, grond met ontwikkelingspotensiaal vir dorpstigting, massawaardasietegnieke en regspraak met betrekking tot eiendomswaardering.Module-inhoud:
Mark- en liggingstudies vir winkelsentrums, die invloed van ligging op die bemarkbaarheid en koste van eienaarskap van kleinhandeleiendomme, verskillende liggingsmodelle vir kleinhandeleiendom.
Module-inhoud:
Gedetailleerde finansiële lewensvatbaarheidstudies van verskillende tipes eiendomsontwikkelings; waardebestuur en lewenssikluskoste.
Module-inhoud:
'n Studie van effektiewe besigheidsbestuur met verwysing na verskeie organitoriese funksies. Aandag word gegee aan die bou-omgewing praktisyns binne die konteks.
Module-inhoud:
Operasionele bestuurstegnieke, produktiwiteit, werkstudie en die invloed op prysvasstelling. Konstruksieprogrammeringstegnieke.
Module-inhoud:
Beginsels van kontraktuele verhouding tussen huurder en verhuurder vir verskillende tipes geboue, algemene klousules wat ingesluit behoort te wees in huurkontrakte en die regsaanspreeklikheid daarvan op partye betrokke.Module-inhoud:
Bestuur van verskillende tipes fasiliteite en bateportefeuljes. Beginsel van uitkontraktering en die uitkontrakteringsbesluit. Kontraktuele verhoudings in fasiliteite- en batebestuur.Module-inhoud:
Gedetailleerde uitvoerbaarheidstudies vir winkelsentrumontwikkelings, waardebestuur en lewensikluskostes.
Module-inhoud:
Beraming van boukoste – beginsels en proses; elemente van ‘n prys; rowwe hoeveelhede en inbegrepe hoeveelhede (elementele- en bouershoeveelhede) vir beramingsdoeleindes; beramingsmetodes; prysbereking van verskillende ambagte en voorbereidsels; ontleding van boukoste; boukoste-eskalasie; ontwerpkostebestuur.Module-inhoud:
'n Navorsingsverslag waarvan die onderwerp deur die departementshoof goedgekeur is, moet gedurende die finale studiejaar ingedien word.
Module-inhoud:
Bemarking van professionele dienste in die eiendomsbedryf. Bemarking van grootskaalse eiendomsontwikkelings. Bemarking van gespesialiseerde eiendomsdienste, bv. winkelsentrumaktiwiteite, hotelle en ontspanningseiendomme, ens. Bemarking van ekwiteitskapitale strukture.Module-inhoud:
Die aard en omvang van eiendomsbelegging, doelwitte van eiendomsbeleggers, deelnemers aan die eiendomsbeleggingsproses, die beleggingsbesluitnemingsproses, beleggingskriteria, beleggingstyd-horisonne, besluitnemings-benaderings.
Module-inhoud:
Beginsels van verskillende tipes residensiële, kommersiële en industriële eiendomsontwikkelling.Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App