Jaarboeke

Program: BIS Hons Inligtingkunde

Code Faculty
12240003 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 160
Contact:
Prof I Fourie
[email protected]
+27 (0)124205216

Toelatingsvereistes

Iemand wat vir die eerste keer by die Universiteit registreer, of na onderbreking van studie weer wil registreer, moet aansoek om toelating doen. Aansoeke om toelating tot alle programme sluit op 30 September.

- BIS in Inligtingkunde, Inligting- en Kennisbestuur, Biblioteekkunde of ’n ekwivalente graad.

- ‘n Minimum gemiddelde van 60% in die voorgraadse studie.


 

 

Addisionele vereistes

Verwys na G Regulasies G.16 tot G.29.

Ander programspesifieke inligting

Behoudens die bepalings van G Regulasie G.18.3, moet 'n voltydse kandidaat vir 'n baccalaureus honoresgraad sy of haar studies binne twee akademiese jare (vier semesters), en 'n na-uurse kandidaat binne drie jaar (ses semesters) na eerste registrasie vir die graad voltooi. Die Dekaan kan egter, op aanbeveling van die Departementshoof, in beide gevalle die studietydperk met hoogstens twee semesters verleng.

 

Die semester waarin die module aangebied word, mag van jaar tot jaar verskil. Sien asseblief die departementele webwerf.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2021. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences