Jaarboeke

Program: BThHons Teologiese Studies

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
06246072 Fakulteit Teologie en Religie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120

Programinligting

Hierdie program wil aan die student wat daarvoor kwalifiseer die moontlikheid bied om in ’n spesifieke veld (of velde) van die Teologie en op ’n eerste nagraadse vlak gespesialiseerde kennis, vaardigheid en toegepaste kundigheid te verwerf.

Die BThHons word aan ’n student toegeken indien aan die volgende minimum studietydperk voldoen is: Een akademiese jaar nadat die kwalifikasie verwerf is op grond waarvan toelating tot die studie verkry is.

Sien ook Algemene Regulasie G.22.

Toelatingsvereistes

(i) Die vak wat gekies word (behalwe in die geval van Teologiese Studies), sluit aan by ’n hoofvak in die voorafgaande graad, indien die leergangstruktuur vir hoofvakke voorsiening maak. Indien dit vanweë die eerste graad se struktuur nie moontlik is nie, moet die programbestuurder die vakkeuse goedkeur.

(ii) Hebreeus op 100-vlak, indien Ou-Testamentiese Wetenskap 731 gekies word.

(iii) Grieks op 100-vlak, indien Nuwe-Testamentiese Wetenskap 731 gekies word.

(iv) Kandidate wat die Diploma in Teologie sowel as die geakkrediteerde drie-jarige diplomas in Teologie (aangebied deur erkende privaat teologiese inrigtings), met ’n gemiddelde punt van ten minste 60% afgehandel het, mag aansoek doen. Toelating sal geskied op grond van assessering deur die departementshoof en op aanbeveling van die Dekaan met die goedkeuring van die Senaat.

(v) In buitengewone gevalle kan die Dekaan toegespitste fundamentele elemente goedkeur wat suksesvol afgehandel moet word alvorens toelating oorweeg sal word.

Addisionele vereistes

  1. Die vak wat gekies word (behalwe in die geval van Teologiese Studies), sluit aan by ’n hoofvak in die voorafgaande graad, indien die leergangstruktuur vir hoofvakke voorsiening maak. Indien dit vanweë die eerste graad se struktuur nie moontlik is nie, moet die programbestuurder die vakkeuse goedkeur.
  2. Hebreeus op 100-vlak, indien Ou-Testamentiese Wetenskap 731 gekies word.
  3. Grieks op 100-vlak, indien Nuwe-Testamentiese Wetenskap 731 gekies word.
  4. Kandidate wat die Diploma in Teologie sowel as die geakkrediteerde drie-jarige diplomas in Teologie (aangebied deur erkende privaat teologiese inrigtings), met ’n gemiddelde punt van ten minste 60% afgehandel het, mag aansoek doen. Toelating sal geskied op grond van assessering deur die departementshoof en op aanbeveling van die Dekaan met die goedkeuring van die Senaat.
  5. In buitengewone gevalle kan die Dekaan toegespitste fundamentele elemente goedkeur wat suksesvol afgehandel moet word alvorens toelating oorweeg sal word.

Ander programspesifieke inligting

Let wel: Die bywonings- en selfstudiekomponent word in oorleg met die Departementshoof bepaal.

Eksamens en slaagvereistes

Eksamenregulasies van toepassing op honneursgrade in die fakulteit
Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie. 'n Persentasiepunt word toegeken met dien verstande dat minstens 50% as slaagpunt beskou word en minstens 75% as slaag met lof.

Navorsing

Artikel vir publikasie
Tensy die Senaat op aanbeveling van die studieleier/promotor anders besluit, moet 'n student voor of gelyktydig met die indiening van die verhandeling ten minste een konsepartikel vir publikasie in 'n erkende akademiese joernaal, en, in die geval van 'n proefskrif, 'n bewys uitgereik deur 'n geakkrediteerde joernaal dat 'n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien.
Die konsepartikel of die artikel wat ingedien is, na gelang van die geval, moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die verhandeling/proefskrif gedoen het en moet deur die studieleier/promotor goedgekeur wees, indien die studieleier/promotor nie 'n medeskrywer is nie.

Die studieleier/promotor sal verantwoordelik wees daarvoor om toe te sien dat die artikel deur die prosesse van hersiening en hervoorlegging gaan, soos nodig mag wees. Die toekenning van die graad kan onderhewig gestel word aan die nakoming van die voorskrifte van hierdie regulasie.

Slaag met lof

Die graad word met lof aan 'n student toegeken wat ten minste 'n geweegde gemiddelde van 75% (GPA) in al die voorgeskrewe modules behaal het, op voorwaarde dat nie een van die modules voorheen gedruip is nie en dat die  program binne die voorgeskrewe minimum tydperk voltooi is.

Algemene inligting

Registrasie vir nagraadse programme

1. Gelyktydige registrasie vir 'n tweede nagraadse program
Geen student word toegelaat om vir meer as een nagraadse program gelyktydig in te skryf nie, behalwe waar 'n student se bewese prestasieprofiel dit regverdig en dan ook met goedkeuring van die Dekaan. Die voortsetting van studie in die tweede nagraadse program is onderhewig aan gunstige vorderingsverslae deur die hoofde van departemente in die Fakulteit Teologie. Geen student word toegelaat om tydens die eksamen in die Fakulteit Teologie, ook eksamen vir die tweede nagraadse program in 'n ander fakulteit af te lê nie.

2. Hernuwing van registrasie
Studente van die Universiteit word geregistreer vir een studiejaar. Na die verstryking van die akademiese jaar, moet die student, indien hy of sy 'n student van die Universiteit wil bly, sy of haar registrasie hernu en ten opsigte van so ’n hernuwing die gelde betaal wat voorgeskryf word.
'n Student wat vir 'n nagraadse studieprogram registreer moet ononderbroke geregistreer wees. Indien 'n nagraadse student sy/haar studie onderbreek, is die student by hernuwing van registrasie aanspreeklik vir die volle onderriggelde van toepassing op die graadprogram.
Indien 'n student ’n nagraadse program onderbreek, en dit word nie binne vier jaar na oorspronklike registrasie hervat nie, behou die student nie krediete verwerf nie. Die student moet die geslaagde modules herhaal.

'n Student vir ’n honneursgraad moet sy of haar studie binne twee jaar voltooi, met dien verstande dat die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, in buitengewone omstandighede 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk kan goedkeur.
Die magistergraad word slegs aan 'n student toegeken indien minstens een jaar verloop het nadat die kwalifikasies op grond waarvan toelating tot magisterstudie verkry is, verwerf is.
Die doktorsgraad word slegs aan 'n student toegeken indien minstens 12 maande verstryk het sedert registrasie vir die doktorsgraad aan die Universiteit, tensy 'n korter tydperk deur die dekaan goedgekeur word.

Behoudens ander fakulteitsregulasies moet 'n doktorale student sy of haar studies binne drie jaar na eerste registrasie vir die graad voltooi. In buitengewone omstandighede kan die dekaan op aanbeveling van die departementshoof, 'n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk goedkeur.

Minimum krediete: 120

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences