Code | Faculty |
---|---|
01240483 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Prof CW Broodryk [email protected] | +27 (0)124202556 |
Die aanbieding van modules is afhanklik van beskikbare fondse, toepaslike/beskikbare personeel en indien studentegetalle dit regverdig.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Hierdie module konsolideer en brei uit op teoretiese en metodologiese optrede-paradigmas waarmee op voorgraadse vlak kennis gemaak is, ten einde die student in staat te stel om navorsingsvoorlegging te ontwikkel. Aan die hand van voortgesette proses van dialoog met die fasiliteerder doen die student navorsing en skryf oorspronklike, omvattende navorsingsverslag wat voldoen aan die vereistes vir gepubliseerde artikel.Module-inhoud:
Hierdie vierledige module het betrekking op die konstruksie van visuele narratief. Outobiografiese skryfkuns: Hierdie deel van die module ontwikkel kreatiewe skryfvaardighede deur die verkenning en weergee van persoonlike narratiewe. Die student ondersoek ook die beginsels van literêre teorie. Verhoogtekste: In hierdie deel maak die student kennis met beginsels van struktuur, verhaling, intrige, dialoog en karakterontwikkeling. Die student raak vertroud met die formaat en konvensies van die verhoogdrama, asook die taal van drama en optrede. Die student sal minstens een teks vir die verhoog skryf. Skryf vir televisie: Studente raak vertroud met die driebedryf-struktuur, storie, narratief, inhoud, intrige en genre (soos sepies en situasie-komedie). Van studente word verwag om voorbeeld te skryf van draaiboek vir reeds bestaande televisieprogram ("show script"), asook oorspronklike televisieteks. Skryf vir film: Die module stel die student bekend aan die taal en teorie van film. Studente sal na films kyk, draaiboeke lees en hulle eie kort filmteks skryf. Die module sluit ook die formaliteite in van die draaiboek, soos teksformaat en aanbieding ("pitching").Module-inhoud:
Hierdie module ondersoek die teoretiese en praktiese komponente van verskillende benaderings tot optrede in geselekteerde teater- en mediakontekste. Die module ondersoek gehoor/akteurverhoudings met die doel om aanvaarde modelle te bevraagteken, ten einde innoverende maniere te bevorder waarop optredes gekonseptualiseer en aangebied kan word.Module-inhoud:
Hierdie module kontekstualiseer en ondersoek die rol van die regisseur in kontemporêre teater. Hierdie ondersoek sluit kritiese ontleding in van die bydrae van geselekteerde regisseurs tot teater en bied geleentheid vir studente om hul eie teoretiese en praktiese benadering tot regie te ontwikkel.Module-inhoud:
Hierdie module ontwikkel strategieë om drama en teater te gebruik as medium vir intervensie binne opvoedkundige en gemeenskapskontekste. Die aanwending van drama om inligting oor te dra, as middel om verandering te bewerkstellig, vir bewusmaking en vir sosiale bemagtiging word ondersoek. Bestaande pedagogiese en metodologiese benaderings word ondersoek en innoverende benaderings tot intervensie-optredes word aangemoedig.Module-inhoud:
In hierdie module word geselekteerde pedagogiese benaderinge ondersoek wat verband hou met bewegingsopleiding en choreografie. Studente teoretiseer maniere waarop bewegingsoptredes gekonstrueer, gelees en aangebied kan word, ten einde hulle werk te kontekstualiseer binne bestaande paradigmas en om diskoers rondom hulle eie kreatiewe werk te bevorder.Module-inhoud:
Hierdie module verken uitvoerende kunstebestuur binne plaaslike kontekste, ontwikkel strategieë om optredes te definieer, te posisioneer en te prys, om bemarkingstrategieë te formuleer en om benaderings tot die ontwerp en bestuur van mark-effektiewe organisasies te bied. Die module sluit ook professionele en ontwikkelingsbenaderings tot bemarking en bestuur in.Module-inhoud:
Nuwe en digitale media ondersoek digitale filmskepping, rekenaarmedia en die internet in verhouding tot optrede en kultuur. Klem word geplaas op digitale filmproduksie en redigering, met sekondêre fokus op verspreiding en vertoning.Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App