Code | Faculty |
---|---|
01130132 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 384 |
Prof LH Human [email protected] | +27 (0)124206039 |
Hierdie voltydse driejaarprogram is gemik op die student wat belangstel in beroepe in die sport- en vryetydsindustrieë. ’n Breë kennisbasis ontwikkel studente se begrip en toepaslike vaardigheidsprofiele om die potensiaal, moontlikhede en impak van modern geglobaliseerde sport en vryetyd krities te ondersoek, te skep, te bevorder, te lei en te bestuur. Studente word begelei tot spesialisering in die areas van sportbestuur, sportsielkunde, sport en vryetyd in die samelewing of sportafrigtingswetenskappe. Spesialisering berei studente voor vir beroepe in die openbare en private sektore in kontekste van kommersiële en professionele sport, sportontwikkeling, gemeenskaps-ontwikkeling deur massadeelname, sportafrigting en die fasilitering van psigososiale welsyn deur middel van sport en rekreasie.
By voltooiing van hierdie spesialiseringsrigting sal die gegradueerde oor fundamentele en funksionele bestuursvaardighede beskik om sport- en rekreasieomgewings en -organisasies te bestuur. Gegradueerdes sal beroepe soos sportbestuurders, rekreasie- en korporatiewewelsynbestuurders, skoolsport-bestuurders, sportbemarkers, sportentrepreneurs in die openbare en private sektore kan beoefen, en na voltooiing van die NGSO en met Bemarkingsbestuur as keusemodule, onderwysers in Besigheidstudies in die sekondêreonderwyssektor word.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September jaarliks
Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
Kandidate wat ? TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het, maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het, sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
Aansoekers met ? TPT van 30, maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie, moet die NBT aflê.
Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
Minimum Vereistes vir 2017 | ||||
Prestasievlak | TPT | |||
Afrikaans of Engels | ||||
NSC/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 30
|
Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ’n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules te neem (sien Akademiese geletterdheid).
’n Student mag, in oorleg met die programbestuur, BEM en SOC vervang met ’n erkende skoolvak vanuit die onderstaande lys.
Die volgende skoolgerigte keusemodules is vir die program beskikbaar:
Afrikaans:
AFR 110,114,120 [12 elk] 214,210,220 [20 elk] 311,321 [30 elk] AFR 358 [15]
Afrikatale:
Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal:
AFT 121, NDE 110 [12 elk] AFT 220, NDE 210 [20 elk] AFT 320, NDE 310 [30 elk]
Sepedi vir beginners:
SEP 110, 120 [12 elk] 210, 220 [20 elk] AFT 320, SEP 310 [30 elk]
Vir sprekers van Sepedi as huistaal of eerste of tweede addisionele taal:
AFT 121, SEP 111 [12 elk] AFT 220, SEP 211 [20 elk] AFT 320, SEP 310 [30 elk]
IsiZulu vir beginners:
ZUL 110, ZUL 120 [12 elk] ZUL 210, ZUL 220 [20 elk] AFT 320, ZUL 310 [30 elk]
Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal:
AFT 121, ZUL 111 [12 elk] AFT 220, ZUL 211 [20 elk] AFT 320, ZUL 310 [30 elk]
Engels:
ENG 110,120 [12 elk] 210,220 [20 elk] 310,311,320,322 [30 elk]
Historiese en Erfenisstudies:
GES 110,120 [12 elk], 210,220 [20 elk] 310,320 [30 elk]
Moderne Europese Tale:
DTS 104 [24] 113,123 [12 elk] 211,221 [20 elk] 361,362,363,364 [15 elk]
FRN 104 [24] 113,123 [12 elk] 211,221 [20 elk] 361,362,363,364 [15 elk]
Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe:
Geografie, Geoinformatika en Meteorologie: ENV 101,301, GGY 156,166,252,266,356,361,366, GIS 221 WKD 164.
Wiskunde: WTW 114, 126, 128, 211, 218, 220, 221, 310, 381, 383, 389
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe:
Ekonomie: EKN 110, 120, 214, 224, 234, 244, 310, 314, 320, 325
Let wel: Raadpleeg die jaarboeke van die onderskeie fakulteite waar hierdie dissiplines aangebied word vir die kredietwaardes, aanbiedingsmodi en moontlike voorvereistes.
Nota:
a. Van die student sal verwag word om ’n geakkrediteerde Vlak 0/1 Afrigtingsertifikaat – teen sy eie koste – in een sportsoort van sy eie keuse as deel van die graadvereistes in YCS 120 te verwerf. ’n Sportafrigtingsertifikaat kan verwerf word by enige erkende Nasionale Sportfederasie (NSF) in Suid-Afrika. Praktiese demonstrasie en toepassing van sportafrigtingsvaardighede kan op of van die kampus af uitgevoer word.
b. Van die student sal ook verwag word om ’n Gemeenskapsrekreasieleiersertifikaat – teen eie koste – as deel van die vereistes van YSL 110 te verwerf. Die department sal reëlings in hierdie verband tref.
Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Geesteswetenskappe inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat as risikogevalle geïdenti¬fiseer is, is verplig om ten minste twaalf krediete te verwerf in die akademiese- geletterdheidsmodules VAG 110 of ALL 110 en VAG 125 of ALL 125.
Alle studente in die Fakulteit Geesteswetenskappe wat nie as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om ten minste 12 krediete in ’n taalmodule te verwerf:
Department of English
ENG 110 Introduction to literature in English (I)
ENG 120 Introduction to literature in English (II)
ENG 118 English for specific purposes
Departement Afrikaans
AFR 110 Afrikaanse taalkunde en letterkunde
AFR 120 Afrikaanse taalkunde en letterkunde
AFR 114 Afrikaans vir sprekers van ander tale (I)
Departement Afrikatale
NDE 1101 Inleiding tot isiNdebele-grammatika: Capita selecta
*Studente wat isiNdebele in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
ZUL 110 IsiZulu vir beginners
ZUL 111 Inleiding tot isiZulu-grammatika – Capita selecta
*Studente wat isiZulu in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
SEP 110 Sepedi vir beginners
SEP 111 Inleiding tot Sepedi-grammatika – Capita selecta
*Studente wat Sepedi in die tweede semester wil neem, registreer ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta)
STW 110 Setswana vir beginners
STW 111 Inleiding tot Setswana-grammatika – Capita selecta
*Studente wat Setswana in die tweede semester wil neem, moet ook vir AFT 121 (Afrikatale-letterkunde: Capita selecta) registreer.
Departement Moderne Europese Tale
DTS 104 Duits vir beginners
DTS 113 Duits: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Duits
FRN 104 Frans vir beginners
FRN 113 Frans: Kultureel-professioneel (1) *Voorvereiste: Graad 12 Frans
SPN 101 Spaans vir beginners
SPN 102 Spaans vir beginners
PTG 101 Portugees vir beginners
Departement Antieke Tale en Kulture
HEB 110 Hebreeus
LAT 110 Latyn
GRK 110 Grieks
Minimum krediete: 138
Module-inhoud:
Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
This module equips students to understand and use a range of discipline-specific terminology; apply the strategies of critical and comprehensive reading to their own academic literacy; apply the conventions of academic writing to their own writing, using the process approach, to produce intelligible academic texts and use the correct referencing technique as required by the faculty.
Module-inhoud:
This module intends to equip students to cope more confidently and competently with the reading and understanding of a variety of texts, to apply these skills in a variety of contexts and to follow the conventions of academic writing.
Module-inhoud:
Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.Module-inhoud:
Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.Module-inhoud:
Hierdie module bou voort op die fundamentele beginsels van sportafrigting. Fokus word geplaas op die praktiese vergestalting van die prosesse en tegnieke van leer en onderrig in 'n sportparadigma. Metodologiese tegnieke soos geïmplementeer deur die sportafrigter in die onderrig en leer van sportvaardighede word geïdentifiseer en bespreek. Die oorkoepelende fokus is op die integrasie van onderrig en leer in die praktiese uitvoering van sportvaardighede. In hierdie module kry die student geleentheid om 'n Vlak 0/1 Sportafrigting-sertifikaat in 'n sportsoort van eie keuse te verwerf.
Module-inhoud:
In hierdie module word die basiese beginsels van die sielkunde van sport, oefening en prestasie bekendgestel as platform vir opeenvolgiende modules. Die fundamentele beginsels van motivering, aktivering, aandag, persoonlikheid en aggressie en die rol daarvan in sport, oefening en prestasie word geïdentifiseer, omskryf en bespreek in diverse sportkontekste.
Module-inhoud:
Hierdie module is 'n inleiding en bekendstelling van die basiese beginsels, dinamika en vaardighede in die sielkunde van sportafrigting. Die module identifiseer en verduidelik die verskillende rolle van die afrigter as leier, motiveerder, fasiliteerder en kommunikeerder vanuit 'n psigologiese perspektief. Hierdie module herken en verduidelik die sielkundige beginsels wat die ontwikkeling van kinders deur deelname aan sport en afrigting eksploreer en onderlê. Die groeibeginsels sal met die verskillende lewensfases geïntegreer word.
Module-inhoud:
Hierdie module verskaf die onderbou tot die teoretiese konsepte van vryetyd en rekreasie in samelewings. Grondslae van vryetye en rekreasie, multidimensionele voorsieningsisteme en diverse areas van rekreasie word geïdentifiseer, gekarakteriseer en bespreek in 'n moderne konteks. Die invloed, potensiaal en moontlikhede van rekreasiedienslewering in die samelewing word geïdentifiseer en prakties geïllustreer. In hierdie module verwerf studente 'n geakkrediteerde rekreasieleier-sertifikaat as basis vir opvolgende gemeenskapsbetrokkenheid en akademiese diensleer.
Module-inhoud:
In hierdie module word die rol en funksie van sport as sosiale fenomeen bespreek. Kontemporêre kwessies en polemiek in sport in die samelewing word geïdentifiseer en bespreek om die student in staat te stel om diskoerse in die geglobaliseerde wêreld van sport te herken en bydraes te lewer.
Module-inhoud:
In hierdie module word die onderliggende teoretiese dimensies en praktiese beginsels van wetenskaplike sportafrigting geïdentifiseer, gedefinieer en bespreek. Hierdie kennis vorm die basis vir opeenvolgende kennis, vaardigheid en toepassing in sportafrigtingskontekste.
Module-inhoud:
Hierdie module verskaf 'n breë inleiding tot sport en rekreasie as produkte in die mark. Die aard van en verskille tussen sport en rekreasie, beleid, planne strategieë en strukture in Suid-Afrika en Sone VI in Afrika word geïdentifiseer en bespreek. Die rol, betekenis en dinamiese aard van rekreasie- en sportbestuur word bekendgestel en bespreek. Klem word geplaas op die basiese bestuurstake en -funksies van beplanning, organisasie, leiding en kontrole in sport- en rekreasiekontekste. Hierdie module voorsien 'n basis van bestuurkennis en -vaardighede waarop opeenvolgende modules en interdissiplinêre kennis in sport- en rekreasiebestuur berus.
Module-inhoud:
In hierdie module ondersoek die student die verskil tussen sport- en rekreasiebestuur en leierskap en die toepassing in rekreasie en sport. Geselekteerde klassieke en moderne bestuurs- en leierskapteorieë word geïdentifiseer, beskryf en vergelyk in sport- en rekreasiekonteks. Studente word begelei om gepaste leierskapstyle en vaardighede te selekteer en toe te pas in die multikulturele sport- en rekreasiewerklikheid van Suid-Afrika. Fokus word geplaas op die ontwikkeling van leierskapsvaardighede deur sport en rekreasie. Hierdie module vestig leierskapsvaardighede en -selfvertroue vir praktiese gemeenskapsbetrokkenheid in latere modules.
Module-inhoud:
Voortsetting van volledige oorsig van Franse grammatika: verdere ontwikkeling van lees-, skryf-, spraak- en begrip-vermoëns; analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Die ontstaan van die Moderne Wêreld: ’n oorsig ’n Keuse van temas oor Asië, Afrika, die Amerika’s en Europa en hulle bydrae tot die ontstaan van die Moderne Wêreld.Module-inhoud:
Setswana - kommunikasie en grammatika
Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.
Module-inhoud:
’n Inleiding tot die klimaat en algemene seisoenale sirkulasiepatrone van Suider-Afrika. Basiese weertipes en weerprosesse binne die konteks van Suider-Afrika. Interpretasie van sinoptiese kaarte en sinoptiesestasieverslae. Impak van klimaatsverandering en klimaatsuiterstes op die samelewing.
*BSc (Geografie)-studente en BSc (Omgewingswetenskappe)-studente mag registreer vir WKD 155. Studente word nie toegelaat om krediete te verdien vir WKD 155 en WKD 164 nie.
Module-inhoud:
Inleiding tot die basiese konsepte en verwantskappe wat nodig is vir insig in die kompleksiteit van natuurlike omgewingsprobleme, fisiese en menslike omgewings, mensgeïnduseerde omgewingsprobleme, die wyses waarop die natuurlike omgewing menslike gemeenskappe en biodiversiteit beïnvloed, oorsig van belangrike omgewingsvraagstukke in Suidelike Afrika en volhoubare ontwikkeling binne hierdie konteks.Module-inhoud:
* Vir sprekers van isiZulu as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiZulu soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.Module-inhoud:
Afrikaans vir sprekers van ander tale (1) *No mother tongue speakers of Afrikaans will be allowed to take this module. A subject for advanced learners of Afrikaans. A basic knowledge of Afrikaans grammar and listening, reading, writing and speaking skills are required.Module-inhoud:
Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse sintaksis, fonetiek en taalgeskiedenis. Letterkundekomponent:Inleiding tot die Romankuns Inleiding tot die Drama
Module-inhoud:
Die studie van Suider-Afrikaanse landskappe en die plasing daarvan in ‘n teoretiese en globale konteks. Die geomorfologiese evolusie van suider-Afrika. Inleiding tot konsepte in Geomorfologie en die verwantskappe met ander fisiese wetenskappe (bv. meteorologie, klimatologie, geologie, hidrologie en biologie). Die prosesse en kontroles betrokke in landvorme en landvorm-evolusie. Praktiese oefeninge dek die basiese tegnieke in Geomorfologiese analise en aktuele kwessies in Geomorfologie.
Module-inhoud:
Aspekte van die letterkunde van isiNdebele/isiZulu/Sepedi/Setswana soos ‘n inleiding tot literêre begrippe soos literêre teks(te), onderwerp, karakters, gebeure, tyd en plek; die analise van geselekteerde kortverhale.
Module-inhoud:
*Vir sprekers van Sepedi as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van Sepedi soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.Module-inhoud:
Afrika en Suid-Afrika: ‘n oorsig 'n Oorsig met die fokus op die vorming van Afrika- en Suid-Afrikaanse samelewings van die vroegste tye tot die hede, met die klem op die mees betekenisvolle kragte, faktore en gebeure.Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasiesModule-inhoud:
Taalkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde met klem op lees-en skryfvaardigheid. Letterkundekomponent: Inleiding tot die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die hand van kortverhale en gedigte.
Module-inhoud:
*Geen vorige kennis of ondervinding van Duits word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Duits geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Duitse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Duitssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
*Vir sprekers van Setswana as huistaal of eerste of tweede addisionele taal.
Aspekte van die grammatika van Setswana soos ’n inleiding tot die woordkategorieë; ’n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.
Module-inhoud:
*Geen vorige kennis of ondervinding van Frans word vereis vir toelating nie. Studente wat graad 12-Frans geslaag het, word nie toegelaat tot hierdie module nie. ’n Intensiewe inleidende studie van die Franse taal wat fokus op die aanleer van basiese kommunikasievaardighede naamlik luister, lees, praat en skryf. Dit bied ook ’n kort inleiding tot die kultuur van Franssprekende lande. Hierdie module voldoen aan die vereistes vir vlak A2 van die “Common European Framework of Reference for Languages”.Module-inhoud:
Volledige oorsig van Franse grammatika; ontwikkeling van lees-, skryf-, spraak- en begrips-vermoëns; .analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Deel 1: Die sosiologie van instellings
Die sosiale dinamiek van samelewingsinstellings soos die gesin, die staat, die ekonomie, godsdiens, onderwys, en burgerlike samelewing met ’n spesifieke fokus op die Suider-Afrikaanse problematiek word in hierdie afdeling behandel.
Deel 2: Sosiale stratifisering: Ras, klas en gender
Die aard en dinamiek van sosiale stratifisering en ongelykheid sal ondersoek word. Ras, gender en klas is die fokuspunte van die afdeling. Die Suid-Afrikaanse ervaring word beklemtoon.
Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.Module-inhoud:
Die module bied ‘n oorsig van die beginsels van bemarking deur die uitruilproses, kliëntewaarde, bemarkingsnavorsing en die ontwikkeling van ‘n bemarkingsplan aan te spreek. Dit spreek ook die elemente van die bemarkingsmengsel aan met spesifieke fokus op die sewe diensbemarkingselemente naamlik die diensproduk, fisiese bewyse, mense, prosesse, distribusie, prysstrategie en geïntegreede bemarkingskommunikasie.
Module-inhoud:
Grondige hersiening van Duitse grammatika: ontwikkeling van lees-, skryf-, praat- en begripsvaardighede. Analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
Voortsetting van grondige hersiening van Duitse grammatika: verdere ontwikkeling van lees-, skryf-, praat- en begripsvaardighede. Analise en interpretasie van tekste.Module-inhoud:
*Vir sprekers van isiNdebele as huistaal of eerste of tweede addisionele taal. Aspekte van die grammatika van isiNdebele soos ‘n inleiding tot die woordkategorieë; ‘n inleiding tot die struktuur, betekenis en gebruik van die naamwoord; die adjektief; die relatief; die possessief; die werkwoord; skryf- en spelreëls; woordeboeke en woordeboekgebruik; grammatiese ontledings.Module-inhoud:
Sepedi - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.Module-inhoud:
Deel 1: Die individu en die samelewing
'n Inleiding tot sosiologie en die klassike sosiologiese paradigma en die beginsels van die sosiologiese navorsingsmetodes.
Deel 2: Die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse orde
Hierdie afdeling ondersoek sleutelfaktore wat tot die totstandkoming en vorming van die kontemporêre Suid-Afrikaanse sosiale orde aanleiding gegee het en skenk oorweging aan die sosiologiese implikasies hiervan. Studente word bekendgestel aan die politieke ekonomie van Suid-Afrika, met klem op die aard van die Suid-Afrikaanse industrialiseringsproses, proletariaatvorming, en die instelling van die trekarbeidstelsel. Hierbenewens word die rassestaat, die fondamente van hierdie staat se sosiale projek, sowel as die ruimtelike vorm van Suid-Afrika se 20ste-eeuse rassemoderniteit onder die loep geneem.
Module-inhoud:
*Hierdie module is slegs vir absolute beginners.
Die verwerwing van basiese kommunikatiewe vaardighede in Setswana waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.
Module-inhoud:
Hierdie module begin met die begryping van menslike geografie. Daarna word volg die politieke verdeling van ruimte: kulturele diversiteit asook etniese geografie globaal en plaaslik; bevolkingsgeografie van die wêreld en Suid-Afrika; en vier ekonomiese vlakke en ontwikkeling. Die doel is om Suid-Afrika in die wêreld te plaas en die toekoms te verstaan.Module-inhoud:
*Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
*Alternative evening classes: 2 discussion classes per week
Introduction to Literature in English (2)
This module introduces the study of post-nineteenth century literature by examining a number of texts representing different genres (poetry, drama, prose). Texts will be from both Africa and other parts of the world. By the end of this module students should have the background and analytical skills to perceptively read modern and contemporary poetry, novels and plays.
Module-inhoud:
isiZulu - kommunikasie en grammatika Die verwerwing van meer gevorderde kommunikasievaardighede binne verdere sosiale situasies. Meer uitgebreide woordeskat en meer gevorderde taalstrukture word aangeleer en gebruik. Die bewustheid van die aard en funksie van taalstrukture word verder verhoog. Skryf- en spelreëls. Woordeboeke en woordeboekgebruik. Lees en begrip van basiese tekste.Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Sportbesigheidsmodelle word in hierdie module ondersoek en geïntegreer met die beginsels van regeerkunde, vereistes van relevante wetgewing en besigheidstrukture en toegepas in diverse sport- en rekreasiekontekste. Sportagentskappe, sportfasiliteite as inkomstegenereerders en die impak van vroue in sportbesigheid word gedebatteer. Die verband tussen finansiële besluitneming en sportbesigheidseffektiwiteit word ondersoek.
Module-inhoud:
Hierdie module bou voort op YCS 210 en identifiseer, verduidelik en implementeer die beginsels, waarde en rol van motoriese beheer, motoriese ontwikkeling en motoriese leer in effektiewe sportafrigting.
Module-inhoud:
Interne en eksterne beïnvloedingsfaktore van verbruikersgedrag, die verbruiker se besluitnemingsproses en toepassingsvelde van verbruikersgedrag, verbruikerswese en sosiale verantwoordelikheid, aankoopsgedrag van verbruikers in produk- en diensteverwante bedrywe, verbruikersielkunde en die invloed daarvan op aankoopsgedrag, sielkunde van beprysing, beïnvloedende faktore in verbruikers-gedrag, die impak van verskeie bemarkingskommunikasievorme op aankoopsgedrag.
Module-inhoud:
Geïntegreerde handelsnaam kommunikasiebenadering, bemarkingskommunikasiebeplanning, doelwitte en begroting van geïntegreerde bemarkingskommunikasiebestuur, beginsels en strategieformulering van bemarkingskommunikasie-elemente, nuwe media, die handelsnaamkommunikasieproses, meting en evaluering van bemarkingskommunikasie-effektiwiteit.
Module-inhoud:
In hierdie module word die omvang en aard van sport- en rekrasiefasiliteite en -geleenthede ondersoek. Basiese bestuurskennis en -vaardighede wat in voorafgaande modules verkry is, word toegepas om sport- en rekreasiegeleenthede te bestuur. Die Wet op Veiligheid by Sport- en Rekreasiegeleenthede word ontleed en toegepas in sport- en rekreasiekontekste. Spesiale fokus word geplaas op die sinergie tussen fasilteit en geleentheid, veiligheids- en risikobestuur van sportfasiliteite en -geleenthede.
Module-inhoud:
STK 113 en 123 tel op sigself nie as krediet vir graaddoeleindes nie, maar verleen vrystelling van STK 110. Databewerkings en transformasies: Inleidende begrippe: die rol van statistiek, verskillende tipes data en die getallestelsel. Begrippe onderliggend aan lineêre, kwadratiese, eksponensiële, hiperboliese en logaritmiese transformasies van kwantitatiewe data, grafiese voorstellings, oplossing van vergelykings en interpretasie. Bepaling van lineêre vergelykings in praktiese situasies. Eienskappe van logaritmiese funksies. Die verwantskap tussen die eksponensiële en logaritmiese funksies in ekonomiese en verwante probleme. Stelsels van vergelyking in ewewig. Addisionele begrippe van belang by dataverwerking, funksies en inverse funksies, sigma-notasie, faktoriaalnotasie, rye en reekse, ongelykhede (streng, swak, absoluut, voorwaardelik en dubbele) en absolute waardes. Beskrywende statistiek – Eenvariant: Steekproefneming en die insameling van data, frekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding. Inleidende waarskynlikheidsleer. Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke. Die weeklikse een uur prakties word gedurende die laaste sewe weke van die semester aangebied.Module-inhoud:
Beskrywende statistiek:
Steekproefneming en die insameling van datafrekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding. Waarskynlikheidsleer en inferensie:
Inleidende waarskynlikheidsleer en teoretiese verdelings. Steekproefverdelings. Beramingsteorie en hipotesetoetsing van steekproefgemiddeldes en steekproef-verhoudings (een- en tweesteekproefgevalle). Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.
Module-inhoud:
Hierdie module is 'n inleiding tot sporttoerisme vanuit 'n toerismebestemmingsperspektief. Konsepte in sporttoerisme word geïdentifiseer en bespreek. 'n Tydlyn van die ontwikkeling van sporttoerisme, verskillende sporttoerismemodelle, motivering vir betrokkenheid in sporttoerisme en vorme van sporttoerisme word geanaliseer. Die waarde en impak van sporttoerisme in die samelewing word vanuit 'n bestemmingstoerismeperspektief ondersoek. Die rol en invloed van die regering in sporttoerisme word geanaliseer en geëvalueer. Die impak van sporttoerisme op gemeenskapsontwikkeling word deur middel van gevallestudies ontleed.
Module-inhoud:
Deel 1: Die sosiologie van werk: globalisasie
Die huidige proses van globalisering op ’n wêreldwye skaal het ’n impak op prosesse wat met verandering en ekonomiese ontwikkeling verband hou Hierdie module bespreek prosesse en debatte oor ekonomiese globalisaring en die globale dominansie van finansiële kapitaal in die laat 20ste en vroeë 21ste eeu. Studente kry die geleentheid om kontemporêre debatte wat met hierdie aangeleenthede verband hou te hersien.
Deel 2: Gender, die gesin en huishoudings
Hierdie afdeling fokus op kwessies en teorieë wat betrekking het op ons begrip van huishoudings, gesinne en gender. Dit spreek aangeleenthde soos die dinamiek van gesinstrukture, armoede, die oorlewingstrategieë van arm huishoudings, gendergebaseerde geweld en die maniere waarop die voorafgaande die gesinslewe en -vorme, sowel as kinders en jeugdiges in die besonder, beïnvloed. Klem word daarop geplaas om hierdie kwessies binne ’n Suider-Afrikaanse konteks te ondersoek.
Module-inhoud:
*STK 113 en 123 tel op sigself nie as krediet vir graaddoeleindes nie, maar verleen vrystelling van STK 110.
Optimeringstegnieke met ekonomiese toepassings:
Datatransformasies en verwantskappe met ekonomiese toepassings: bewerkings en reëls, lineêre, kwadratiese, eksponensiële, hiperboliese en logaritmiese funksies, stelsels van vergelykings in ewewig, stelsels van lineêre ongelykhede, oplossing van lineêre programmeringsprobleme met behulp van die grafiese en hoekpuntmetodes. Toepassings van differensiasie en integrasie in statisties- en ekonomiesverwante probleme: die limiet van ‘n funksie, kontinuïteit, veranderingstempo, die afgeleide van ‘n funksie, differensiasiereëls, hoërorde- afgeleides, optimeringstegnieke, die oppervlakte onder ‘n kromme en toepassings van bepaalde integrale.
Waarskynlikheidsleer en inferensie:
Inleidende waarskynlikheidsleer en teoretiese verdelings. Steekproefverdelings. Beramingsteorie en hipotesetoetsing van steekproefgemiddeldes en steekproefverhoudings (een- en twee-steekproefgevalle). Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke.
Die weeklikse een uur prakties word gedurende die laaste sewe weke van die semester aangebied.
Module-inhoud:
In hierdie module word basiese anatomie-, fisiologie- en kinesiologiekennis en -beginsels verwant aan sportafrigtingkontekste, geïdentifiseer, bespreek en toegepas.
Module-inhoud:
Hierdie module oriënteer studente ten opsigte van kennis en vaardighede vir die ontwikkeling van strategieë vir 'n aktiewe en wennasie ten einde die algemene welsyn en gesondheid van die Suid-Afrikaanse bevolking deur middel van massadeelname aan rekreasie en sport te bevorder. Kennis en vaardighede vir die identifisering, ontwikkeling en behoud van talentvolle sportpersone deur sportontwikkelingstrukture en -sisteme word bespreek. Die Sportakademiestelsel in Suid-Afrika en Sone VI in Afrika word ontleed en toepaslike diensleweringstrategieë en -strukture word beplan en ontwerp. Die student doen akademiese diensleer deur gemeenskapsbetrokkenheid in diverse gemeenskappe.
Module-inhoud:
Deel 1: Demografie, gesondheid en die samelewing
Hierdie afdeling ondersoek die dinamiese interaksie tussen demografie en gesondheid aan die hand van Suid-Afrikaanse en internasionale gevallestudies. Die betekenisvolle toename in die wêreldbevolking gedurende die vorige eeu vermeervoudig die sleuteluitdagings wat kontemporêre samelewings in die gesig staar. Die wisselwerking tussen demografiese prosesse, soos morbiditeit, mortaliteit, fertiliteit en mobiliteit, het ’n impak op die grootte van ’n bevolking. Net so word hierdie faktore weer tot ’n redelike mate deur die struktuur sowel as die kulturele konteks van ’n samelewing gevorm. Sentraal tot hierdie proses is besorgdhede oor gesondheid en siekte.
Deel 2: Kultuursosiologie
Hierdie afdeling ondersoek temas in kultuursosiologie met ’n fokus op die wyses waarop individue sowel as kollektiewe groeperinge in die alledaagse lewe betekenis konstrueer. Die wisselwerking tussen kultuur en institusionele vorme sowel as sosiale strukture kom ook onder die loep. Studente sal aan die werk van sleuteldenkers in die veld bekendgestel word en kry die geleentheid om ’n onafhanklike essay oor ’n tema in kultuursosiologie te skryf.
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
In hierdie module word die teorie en realiteit van kruiskulturele en waardegebaseerde besluitneming in sport en rekreasie ondersoek. Verhoudings tussen diverse waardeparadigmas en potensiële konflik in besluitneming word gedebatteer in die kontekste van megasport- en rekreasiegeleenthede.
Module-inhoud:
Hierdie module bou op fundamentele verworwe kennis en vaardighede in vryetyd en rekreasie. Aandag word gegee aan die verband tussen sosiale en kulturele kapitaal en sport en rekreasie, die bepaling van rekreasiebehoeftes van gemeenskappe asook die ontwikkeling en transformasie van gemeenskappe deur sport en rekreasie. Die impak en bydrae van sport en rekreasie tot vrede, opvoeding, gesondheid en voorkoming van riskante jeuggedrag word bepsreek. Klem word gelê op die rol van sportvrywilligers in die ontwikkeling van sosiale kapitaal deur burgerskap-waardes en lewensvaardighede. Die kriteria en beginsels van die Handves vir Transformasie van Suid-Afrikaanse Sport word ontleed en geïntegreer in gemeenskapsrekreasieprogramme. Die student sal akademiese diensleer verrig deur middel van gemeenskapsbetrokkenheid in diverse gemeenskappe.
Module-inhoud:
Die rol van bemarkingsnavorsing, die proses van bemarkingsnavorsing, vertolking van sekondêre data, kwalitatiewe navorsing, opnamenavorsing, waarneming, meting- en houdingskale, vraelysontwerp, steekproefontwerp en steekproefprosedures, basiese dataontleding, beskrywende statistiese ontleding, vertolking en verslagdoening van bevindinge en skryf van verslae.
Module-inhoud:
Hierdie module bou voort op die besigheids- en regeerkundebeginsels soos toegepas in die sport- en vryetydsindustrieë en ondersoek die essensie van ekonomiese analise en -besluitneming. Die ekonomiese model van vraag en aanbod onderliggend aan individuele en korporatiewe sport- en vryetydsgedrag word verklaar en toegepas. Die elemente en berekening van BBSP asook die ekonomiese impak van sport- en rekreasiegeleenthede, -fasiliteite, professionele sportspanne en sportkonsessies word ondersoek en geëvalueer.
Module-inhoud:
Strategiese vraagstukke in bemarking, strategiese bemarking, strategiese ontleding, (markontleding, klantontleding, mededingersontleding en interne ontleding), markstrategieë (mededingingstrategieë, strategieë in die produklewensiklus, en verhoudingsbestuurstrategieë) asook strategie-implementering en beheer.Module-inhoud:
Hierdie module bou op die rol van sport en rekreasie in die samelewing. Beginsels en teorieë van sosiale verandering asook modelle van sosiale verandering word geanaliseer en toegepas in sport- en rekreasiekontekste. Inhoude van relevante nasionale en internasionale doelstellings, beleide, verklarings, handveste en strukture word ontleed, geëvalueer om die bydrae van sport en rekreasie tot sosiale verandering te verklaar. Tegnieke en strategieë word ondersoek en toegepas in die ontwerp van sport- en rekreasieprogramme en -veldtogte. Die student word begelei na kritiese refleksie en bestuur van diversiteit in plaaslike en geglobaliseerde sport- en rekreasiekontekste. Die student doen akademiese diensleer deur gemeenskapsbetrokkenheid in diverse gemeenskappe.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App